Page 1 of 1
Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 1:41 am
by Nico Harris
Voorstel dat alle items wat jy op pay it forward verniet weg gee ook verniet gepos word. Hkm as jy vir iemand n " item" van in meeste kere meer as R100 is gee, hom wil R50 of R60 wil laat betaal vir pos?
Groete
Nico
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 2:01 am
by DawieKotze
edit
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 6:36 pm
by Flip Nel
Dit kan werk, stem
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 6:41 pm
by Chevvy SS
Hoe kan 'n mens iets verniet kry en dan moet die gewer nog betaal ook daarvoor?
Ek boer en gee elke aand 5l melk vir jou op die dorp, maar ek moet dit vir jou bring ook? Aikôna.
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 6:47 pm
by Christo
Chevvy SS wrote:Hoe kan 'n mens iets verniet kry en dan moet die gewer nog betaal ook daarvoor?
Ek boer en gee elke aand 5l melk vir jou op die dorp, maar ek moet dit vir jou bring ook? Aikôna.
Ek stem. Die gewer kan/moet dit dalk net altyd spesifiseer.
Onder die "Pay Forward" beteken in elk geval nie dat dit veniet is nie, jy moet weer iewers in die pad af iemand anders help.
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 8:18 pm
by Arnold
Ek stem ook nie saam met die voorstel nie. As jy iets kry is die minste wat jy kan doen die posgeld betaal.
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 8:51 pm
by Monrique (SJ)
Arnold wrote:As jy iets kry is die minste wat jy kan doen die posgeld betaal.
Ek wou vanoggend hierdie presiese woorde van jou tik Arnold, maar toe eerder gedink om dit te los. Nouja en hier is dit elkgeval nou uit. Of die ander ding is om dan as jy nie wil nie, tenminste bleddie dankie te se daarvoor.
Groetnis
Monrique
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 8:55 pm
by Arnold
Ek wou ook iets dadelik na Nico se post skryf maar hou my toe eers in.
As jy nie die posgeld kan bekostig nie kan jy nie bekostig om te skiet nie so spaar jou geld en koop 'n brood om te eet.
Dit mag lelik klink, maar dit is hoe ek oor die saak voel.
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 9:15 pm
by win270
Met alle respek, die voorstel klink soos wanneer iemand 'n brood vra en die gewer moet dit ook nog kou namens die ontvanger. As posgeld net uitdruklik deur die adverteerder gespesifiseer word, klink dit vir my in orde.
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 9:28 pm
by Chevvy SS
Hoe verniet moet 'n geskenk dan wees?
Re: Voorstel.
Posted: Sat Feb 08, 2014 9:46 pm
by Arnold
Nee black-sam, as dit nie gespesifiseer is dat jy moet posgeld betaal nie dan bied jy aan om dit te betaal. Hoe moet die pakkie by jou kom as jy hom nie kom haal nie?
Ek neem altyd aan posgeld is uitgesluit behalwe as die verkoper/donateur spesifiek sê posgeld is ingesluit.
n Mens sê ook altyd dankie!
Re: Voorstel.
Posted: Sun Feb 09, 2014 12:10 am
by Nico Harris
Manne dankie vir julle bydra. Ek verstaan wat julle se en dis hoekom dit net n voorstel is. My gevoel was soos volg- as ek wat ookal dit is vir iemand gee gee ek regtig nie om om die R30 of R50 se pos vir die ou te betaal nie. Solank hy dit wardeur en dankie se. Goeie maniere kos niemamd niks. Ek sal redelik suur wees as ek iets vir iemand gee en hulle se nie eers dankie nie. Ek gee regtig nie om om die posgeld te betaal as wat ek vir die ou gegee het elkgeval seker 5x soveel werd is nie. Maar soos met meste goed in die lewe stem almal nie saam nie en dit is normaal en gesond.
Ek se weer dankie vir julle insette.
Groete en lekker naweek.
Nico