Page 1 of 1
Handelaar terugvoer
Posted: Sat Feb 08, 2014 4:50 pm
by JohanvB
Dink julle dis onredelik dat nadat mens aanlyn aankope gedoen het by 'n verskaffer, en jy bewys van betaling gestuur het, dat die handelaar darem ook net per epos kan laat weet dat bewys van betaling ontvang is en dat die goedere gestuur via kourier met die "tracking" nr...
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Sat Feb 08, 2014 8:40 pm
by mariusr
Nee ek dink jy is heel reg!
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Sat Feb 08, 2014 8:45 pm
by tripodmvr
In alle billikheid behoort jy tydsverlope te noem. Jy kan onredelik wees in jou verwagtinge rondom hoe lank dit die onderneming vat om die bestelling op te maak en jou in kennis te stel.
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Sun Feb 09, 2014 7:33 am
by JohanvB
tripodmvr wrote:In alle billikheid behoort jy tydsverlope te noem. Jy kan onredelik wees in jou verwagtinge rondom hoe lank dit die onderneming vat om die bestelling op te maak en jou in kennis te stel.
Wanneer betaling gemaak word aan 'n handelaar, AAN LYN, kry hulle onmidellik kennisgewing van betaling, hetsy deur epos of sms...
Dus kan die handelaar darem net daarop reageer en "betaling ontvang" erken...en geen rede hoekom versending ook genoem kan word nie..
Geen onredelikheid omtrent dit nie...
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Mon Feb 10, 2014 9:30 am
by Celesti@NiteCoreSA
Hi Johan
Ons probeer gewoonlik so vinning moontlik vir kliente hulle tracking nommer stuur al het ons nog nie betaling ontvang nie. Dit gebeur partykeer dat die verskaffer dalk 'n email of internet probleem kan he (het al met ons gebeur) het vir die klient sy tracking nommer gestuur en die klient niks ontvang het nie. Wat is die tydverloop?
Groete
Celesti
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Mon Feb 10, 2014 5:07 pm
by JohanvB
Hallo Celesti...dankie julle is een van die verskaffers wat onmidellik reageer..tydsverloop...ek raak kriewelrig na 48 uur...wil darem net iets hoor...
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Mon Feb 10, 2014 5:10 pm
by Piet Pille
Soms wag hulle eers dat die geld fisies in hulle bankrek wys voor hulle aangaan met versending. Met EFT is dit gewoonlik binne 24 uur, selfs hier van Nam af as ek iets in RSA betaal.
Ek reken ook dus dat 48 die limiet behoort te wees.
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Tue Feb 11, 2014 9:29 am
by Celesti@NiteCoreSA
Ek stem saam as ek 'n bewys van betaling kry, reageer ons onmiddelik sodat die klient gerus gestel is, want soveel verskaffers lewer net absoluut patetiese diens en ek dink almal verwag maar net en is gewoond aan swak diens... net my opinie
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Tue Feb 11, 2014 9:40 am
by Eugene
Celesti@NiteCoreSA wrote:Ek stem saam as ek 'n bewys van betaling kry, reageer ons onmiddelik sodat die klient gerus gestel is, want soveel verskaffers lewer net absoluut patetiese diens en ek dink almal verwag maar net en is gewoond aan swak diens... net my opinie
Dis verseker so, maar mens moet ook realisties wees. My kantore kry gemiddeld 100 elektroniese betalings per dag, waarvan minder as 50% 'n behoorlike verwysing op het. Dis maklik om te reageer op die 50% wat die regte verwysing het en 'n bewys van betaling aanstuur, maar dit vat soms 'n paar dae om te "raai" wie se betaling is wie s'n....
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Tue Feb 11, 2014 10:16 am
by Celesti@NiteCoreSA
Eugene wrote:Celesti@NiteCoreSA wrote:Ek stem saam as ek 'n bewys van betaling kry, reageer ons onmiddelik sodat die klient gerus gestel is, want soveel verskaffers lewer net absoluut patetiese diens en ek dink almal verwag maar net en is gewoond aan swak diens... net my opinie
Dis verseker so, maar mens moet ook realisties wees. My kantore kry gemiddeld 100 elektroniese betalings per dag, waarvan minder as 50% 'n behoorlike verwysing op het. Dis maklik om te reageer op die 50% wat die regte verwysing het en 'n bewys van betaling aanstuur, maar dit vat soms 'n paar dae om te "raai" wie se betaling is wie s'n....
Dis baie waar kliente maak dit ook maar vir die verskaffers moeilik as hulle nie die betaling doen en die regte verwysing gebruik nie, so verseker het dit 'n impak op die verskaffer se reaksie tyd

Re: Handelaar terugvoer
Posted: Fri Feb 14, 2014 10:57 pm
by Johan Reyneke
Johan Reyneke wrote:Ek moet Optics International 'n pluimpie gee vir hulle diens
Doen navraag so 19:00 oor beskikbaarheid, en wie gebruik hulle vir aflewering.
30 Minute later kry ek email terug met al die antwoorde, gelukkig gebruik hulle nie SAPO nie maar koeriers.
20:00 is my bestelling geplaas en doen die betaling
20:30 email aflewering sal Dinsdag of Woensdag wees.
'n uur en 30 minute van eerste navraag tot antwoord dat bestelling amper op pad is. DIT IS DIENS
Dis is die eerste keer dat ek sulke diens met aanlyn aankope gehad het.
Optics International (Jan Nolte) jy mag maar
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Fri Feb 14, 2014 11:03 pm
by JohanvB
Dis mos hoe dit hoort!!
Johan Reyneke wrote:Johan Reyneke wrote:Ek moet Optics International 'n pluimpie gee vir hulle diens
Doen navraag so 19:00 oor beskikbaarheid, en wie gebruik hulle vir aflewering.
30 Minute later kry ek email terug met al die antwoorde, gelukkig gebruik hulle nie SAPO nie maar koeriers.
20:00 is my bestelling geplaas en doen die betaling
20:30 email aflewering sal Dinsdag of Woensdag wees.
'n uur en 30 minute van eerste navraag tot antwoord dat bestelling amper op pad is. DIT IS DIENS
Dis is die eerste keer dat ek sulke diens met aanlyn aankope gehad het.
Optics International (Jan Nolte) jy mag maar
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Sat Feb 15, 2014 9:25 am
by vriell

Stem 100% saam.Klientediens is eerste by Jan dan die res.Het hom al ontmoet en eerste indrukke is blywende indrukke..eerlik opreg en betroubaar..
Ek wil ook darem hier byvoeg RUDOLPH scopes is ook uitstekend tot dusver gewees vir my....Doen so voort manne !!!
Re: Handelaar terugvoer
Posted: Sat Feb 15, 2014 7:14 pm
by Celesti@NiteCoreSA
Goeie werk ouens