Page 1 of 1

Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 12:47 pm
by Cobus(Cobb)
Manne, langstorie, hartseer einde....bakkie gly, geweer val uit stoel uit, modder paadjies, stroompies water....lightforce se drade ruk uit, modder watertjies in die lens/cone.
Geweer is reeds skoon en geolie...scope is skoon, aksie skoon,,,loop skoon ens ens...
Ek wil nou daai LF skoonmaak met GEEN skaded aan die refleksie lens nie...hoe gaan ek te werk?? my LF boks + papiere/manuals is lankal weg....help asb.

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 12:58 pm
by tripodmvr
Lyk my jy en Dewie het wilde tyd deurgemaak gisteraand. Kan jy die lens uitkry? Ek sou sê was met baie water en seep en maak droog met toiletpapier wat nie strepe gaan los nie. Los lamp uitmekaar om oor lang tydperk droog te word.

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 1:11 pm
by Cobus(Cobb)
was nat pret ja.....gelukkig geen skade nie....kd vol modder maar maak aanhouded skoon..

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 1:54 pm
by NicoSmit
Ek weet hoe voel dit as die geweer van die bakkie af val .Amper soos dood in die familie .Gelukkig het myne by die skietbaan afgeval en ses skote later toe skiet hy weer presies daar waar hy geskiet het voor die val .As ek kon sou ek my self 'n snot stollende kopklap gegee het.

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 5:16 pm
by Beretta
Cobb
Bel vir Lynx optics hulle sal jou raad en advies oor dit kan gee. Het gewone kar polish as gevat om my lens cover mee skoon te maak
Beretta

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 7:10 pm
by Francois Marais
Cobus

Kan jou amper garantie dat jy maar n nuwe reflekter gaan aanskaf, myne het ek net probeer skoon vee met toiletpapier, en selfs dit het krappe gelos, Beretta het dalk n blink plan, kontak die manne en laat weet ons wat hulle aanbeveel......

Mooi loop
Francois

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 8:03 pm
by Cobus(Cobb)
Ja Francois, nes jy daar sê...ek het hom baie versigtig gedoen, maar die krappies wys..hy werk nog olraait, maar nou MOET ek maar die 240 koop.
Ek dink as jy die lens cover voor kon loskry, en die reflektor met sagte, nat spons kon was en dan in son laat droog word, sou dit die beste resultate lewer....

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 10:19 pm
by johans
n nuwe 170 reflecter kos 1200

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 10:45 pm
by Cobus(Cobb)
johans wrote:n nuwe 170 reflecter kos 1200

bly maar 'n duur "val in die modder" storie...
Wat kos 240 reflektor??

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Sun Feb 09, 2014 10:56 pm
by NicoSmit
Wat kos 'n nuwe lig?

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Mon Feb 10, 2014 6:20 am
by johans
Eks nie seker wat kos n 240 reflecter nie,n nuwe handheld 170 is r1750.die rifle mount is r2200

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Mon Feb 10, 2014 6:24 am
by Beretta
Net so n vinnige tip toilet papier krap n baie blink oppervlak. Gebruik n micro fiber lap wat baie skoon is hy behoort nie te krap nie.
Beretta

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Fri Feb 28, 2014 9:14 pm
by mariojacobs1
Sit hom in die skottelgoed wasser
Dit is nou hier waar jou vrou jou mag aanvat
net die lens niks anders nie

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Fri Feb 28, 2014 9:46 pm
by johans
Beretta wrote:Net so n vinnige tip toilet papier krap n baie blink oppervlak. Gebruik n micro fiber lap wat baie skoon is hy behoort nie te krap nie.
Beretta
Ja maar die lap kom nie aan die binnekant oral by nie

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Thu Mar 13, 2014 5:40 pm
by theedge
Francois Marais wrote:Cobus

Kan jou amper garantie dat jy maar n nuwe reflekter gaan aanskaf, myne het ek net probeer skoon vee met toiletpapier, en selfs dit het krappe gelos, Beretta het dalk n blink plan, kontak die manne en laat weet ons wat hulle aanbeveel......

Mooi loop
Francois
Dan nadat jy hom liggies uitgevee het so paar keer se gebruik verdwyn die blink silver en word so ligte grys, het ook daai een al betaal.

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Thu Mar 13, 2014 6:52 pm
by Cobus(Cobb)
Maar 'n nuwe 240 loop koop..

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Thu Mar 13, 2014 7:21 pm
by theedge
Cobus(Cobb) wrote:Maar 'n nuwe 240 loop koop..
Moes die selfde pad loop maat

Re: Lightforce skoonmaak.

Posted: Fri Mar 14, 2014 12:38 pm
by johans
ekt vir al my lf ligte n sagte materiaal sak laat maak,as ek die lig klaar gebruik het sit ek hom dadelik in die sak