Page 1 of 1
Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 2:08 pm
by sandbequipment
Ek wil graag verneem hoeveel van julle graag sy eie vleis verwerk en waarom?Ek weet baie mense hou daarvan om self hulle vleis te bewerk met hulle eie resepte wat van toentertyd af oorgedra word of is ek verkeerd?Is daar baie van julle wat verkies om dit te laat verwerk en is julle altyd tevrede en waar laat julle dit doen?Ek hou self baie daarvan om dit self te verwerk en doen graag eksperimente met verskeie speserye wat ek sal meng.Deel asb julle menings.

Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 2:12 pm
by Stefan764
Wildshoekie Vleismark
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 2:15 pm
by FCLoretz
Welkom hier by ons.
Gaan stel jouself asb voor by die nuwe lede afdeling, as jy reeds so gedoen het vra ek omverskoning.
Ek hou daarvan om my eie vleis te werk, maar daar is dinge wat ek nog nie lekker regkry nie (wors en droewors) en neem dit na my slagter om dit te doen.
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 2:16 pm
by BRNO (Pierre)
Dagse Sandbequipment
Ons tradisie hier by Jaracal is om op die vorblad by nuwe aansluitings te gaan dagse, vinnig hand te skud, en dan begin die kuier. Gaan vertel so vinnig ietse van jouself, en voor jy sien kuier ons om n brandewyntjie.
Ek woon en leef in Pta, het my eie konstruksie bedryf, dus is dit vir my feitlik onmoontlik om nog teyd af te vat en my eie vleis ook nog te werk. Die slagter wat my vleis werk ken ek nou al jare, en saam skaaf ons maar so aan die produkte en uitkomste van die wild wat geskiet word. Een ding is darrem lekker dat ek weet my vleis, wors, patties, ham, salamis ens. gaan lekker wees wanneer ek dit terug kry, en hoef ek nie te stress of die vleis vir die honde gaan of nie.
Hoe doen jy dit?
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 2:25 pm
by Hein22
Ek doen beide en hang maar af hoe ek voel die jaar. Laat maak ook altyd my wors en droewors by slagter en doen self die biltong - hoofsaaklik omdat ek nie ordentlikke mincer het nie. Ek koop sommer Crown National of Freddie H spices vir die biltong.
As jy baie bokke huis toe bring spaar jy baie geld as jy dit self doen. Ek gaan hierdie jaar 'n eland of twee skiet vir tafel vleis en gaan moontlik laat iemand dit vir my sny en netjies verpak.
Robbie, wat vra jy per kg om die vleis te verwerk?
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 2:34 pm
by sako 30-06
Hein22 wrote:Ek doen beide en hang maar af hoe ek voel die jaar. Laat maak ook altyd my wors en droewors by slagter en doen self die biltong - hoofsaaklik omdat ek nie ordentlikke mincer het nie. Ek koop sommer Crown National of Freddie H spices vir die biltong.
As jy baie bokke huis toe bring spaar jy baie geld as jy dit self doen. Ek gaan hierdie jaar 'n eland of twee skiet vir tafel vleis en gaan moontlik laat iemand dit vir my sny en netjies verpak.
Robbie, wat vra jy per kg om die vleis te verwerk?
http://www.wildshoekievleismark.co.za/i ... sbewerking
Hein gaan kyk hier,ek doen gewonnlik my eie wors en droewors maar Robbie het my so lus met sy Eland scnitsels ens dat ek die jaar my eerste Eland by hom gaan laat verwerk.
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 3:19 pm
by grumpy
Ek het n vleissaag gekoop Desember. Wil my eie vleis verwerk. Ook as iemand naby my is kan ons plan maak om saam mekaar se vleis te help verwerk. So sal ek ook leer.
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 3:30 pm
by Hein22
sako 30-06 wrote:Hein22 wrote:Ek doen beide en hang maar af hoe ek voel die jaar. Laat maak ook altyd my wors en droewors by slagter en doen self die biltong - hoofsaaklik omdat ek nie ordentlikke mincer het nie. Ek koop sommer Crown National of Freddie H spices vir die biltong.
As jy baie bokke huis toe bring spaar jy baie geld as jy dit self doen. Ek gaan hierdie jaar 'n eland of twee skiet vir tafel vleis en gaan moontlik laat iemand dit vir my sny en netjies verpak.
Robbie, wat vra jy per kg om die vleis te verwerk?
http://www.wildshoekievleismark.co.za/i ... sbewerking
hein gaan kyk hier,ek doen gewonnlik my eie wors en droewors maar Robbie het my so lus met sy Eland scnitsels ens dat ek die jaar as ek my eerste Eland geskiet het die jaar gaan my vleis na hom toe.
Thanks vir die link. Ek ek gaan hierdie jaar beslis vir Robbie bietjie meer werk gee...
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 3:33 pm
by NEGE3
Robbie het al vir my 'n paar bokke gewerk en ek en die familie is baie gelukkig. Die prys en kwaliteit was uitstekend.
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 3:37 pm
by Spanner
Ek werk self alles, en ek maak steaks, braaiwors, droëwors, biltong, patties, sosaties ens. Ek het ‘n Springbok vleissaag so paar jare terug gekoop, en het elke jaar iets bygekoop om dit net makliker te maak. Laas jaar het ek ‘n koelkamer in my garage ingesit sodat al die werkery nie op een naweek hoef plaas te vind nie. Nou hang ek die vleis so paar dae eers om effens ryp te word.
Dis maar net die derms en bees-brisketvet wat my eie wors so bietjie duur maak want die derms is d0nners duur en die brisketvet is maar skaars hier by my, as jy dit wel kan kry hoes jy maklik R40/kg daarvoor. Ek gebruik slegs die dun 22mm dermpie, en jy gaan deur ‘n hele paar bondeltjies as jy 180km se wors stop.
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 4:36 pm
by Landy
Ek doen ook alles self is maar net lief vir vleis werk
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 4:40 pm
by 375fanatic
Spanner wrote:Ek werk self alles, en ek maak steaks, braaiwors, droëwors, biltong, patties, sosaties ens. Ek het ‘n Springbok vleissaag so paar jare terug gekoop, en het elke jaar iets bygekoop om dit net makliker te maak. Laas jaar het ek ‘n koelkamer in my garage ingesit sodat al die werkery nie op een naweek hoef plaas te vind nie. Nou hang ek die vleis so paar dae eers om effens ryp te word.
Dis maar net die derms en bees-brisketvet wat my eie wors so bietjie duur maak want die derms is d0nners duur en die brisketvet is maar skaars hier by my, as jy dit wel kan kry hoes jy maklik R40/kg daarvoor. Ek gebruik slegs die dun 22mm dermpie, en jy gaan deur ‘n hele paar bondeltjies as jy 180km se wors stop.
Eish jy is gelukkig om R40 vir brisket vet te betaal die ouens vra gewoonlik dieselfde as brisket of hulle gee vir jou ander vet
Ek koop deesdae 80/20 trimmings wat ek saam met my worsvleis sit
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 4:42 pm
by FCLoretz
Dit is die voordeel van 'n slagter vriend he. Kry baie vet teen goei prys en soms verniet ook...
Maar ek kan brisket vet kry teen so R8/kg
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 4:47 pm
by 375fanatic
FC kan ek maar by jou n bestellingtjie insit
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 4:47 pm
by FCLoretz
375fanatic wrote:FC kan ek maar by jou n bestellingtjie insit
PM my dan gesels ons. Ek het gelukkig 'n diep freeze waar ek redelik kan koop en bymekaar maak.
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 5:57 pm
by vriell
Landy wrote:Ek doen ook alles self is maar net lief vir vleis werk
Maak ook so ! Kan nogal partykeer 'n rugbreker wees as die geriewe waar mens werk nie lekker gemaklik is nie.
Re: Wild verwerking
Posted: Mon Feb 17, 2014 6:04 pm
by Landy
Ja vriell die toerusting moet reg wees
Re: Wild verwerking
Posted: Tue Feb 18, 2014 9:32 am
by Fano
Ek werk ook al my vleis self. My Ma kom van 'n Karoo plaas of en as kind het ons elke jaar bees/vark geslag sommer met 'n paar skape by en gewoonlik springbok jag vir die mans. Die vleis is dan verdeel onder die verskillende families. Hier kon ek eerstehande ondervinding opdoen van slag, karkasse uitmekaarmaak, biltong sny, wors maak ens.
Ek het oor die jare vir my die nodige toerusting gekoop en doen nou alles self. Ek is lief vir kook en probeer ook elke jaar iets nuuts - dit hou die lewe interessant! Ons het intussen heelwat kortpaaie uitgewerk wat dinge makliker maak.
Alle skenkels word opgesaag vir potjie of sop. Alle rugbiltongs (sirloins) en fillets word uitgehou vir braai (steaks & sosaties). Boude word biltong gesny soveel nodig, as daar 'n springbok tussen is word een heel gehou vir oond en een ontbeen vir braai. Alle oorskiet van boude en res wat maklik afgesny kan word (nek & blaaie) word wors en maalvleis. Ons sukkel nie meer om klein bietjie seningrige vleis van die geraamtes af te sny nie. Als wat oor is word in die drukkokers gesit en afgekook van die bene vir fynvleis, net so of vir pasteie. Op die end is dit net 'n hoop kaal bene wat die kombuis verlaat.
Om die karkas op te sny, steaks te sny en biltong te maak is nie groot werk nie. Die ding wat tyd vat is wors stop en om die fyn vleis af te kook. Ons maak droe wors, boerewors, kaaswors en ek wil die jaar sosatiewors en salami ook doen.
Re: Wild verwerking
Posted: Wed Feb 19, 2014 1:57 pm
by ROBBIE1
Fc as daai verskaffer nog het sal ek ook vat, dis verniet!
Jys seker dis brisket? Ek koop grootmaat en betaal R25/kg, maar dis 100% suiwer brisket vet.
Re: Wild verwerking
Posted: Sun Feb 23, 2014 8:41 am
by evdberg
Dagse
Ek het laas jaar, na die jag seisoen, gaan bele in n springbok saag en meule asook n wors stopper. Het n bloutjie geloop met 3 van my produkte wat ek gaan ingee het, so ek sal nou al die werk self doen.
Het my eie resepte, wat ons al oor die jare gebruik. Die ander reed is ek hou nie van heel kolader nie, ek gebruik die poeier koljander.
Die internet help dat n man amper alles self kan doen, maar ek moet bieg, dit is harde werk. Jy spaar ook n paar rand as jy dit self doen.
Groete
Re: Wild verwerking
Posted: Sun Feb 23, 2014 12:40 pm
by Stefan764
Landy wrote:Ek doen ook alles self is maar net lief vir vleis werk
Landy
Gaan maak n draai daar by CEV Motors. My grrot maat, James van der Linde, sal jou daar help om n regte bakkie aan te skaf.
Cruiser Groete
Stefan
Re: Wild verwerking
Posted: Sun Feb 23, 2014 1:35 pm
by alecjohnson
Ek doen allis self, Die rede: As ek K-aanjaag dan kan ek net vir myself kwaad wees en vir niemand anders nie, vir daardie selfde rege gooi ek self diesel in my bakkie sodat ek nie kwaad word vir die arme joggie omdat hy mors nie. Ek het maar 'n kort humeur vir sulke goed so ek probeer dir vermy.
Re: Wild verwerking
Posted: Sun Feb 23, 2014 2:59 pm
by Blackie Swart
Ek verwerk ook maar my vleis self met my eie resepte. As daar dan vout is moet ek my maar net myself skuld gee.Lekker om jou eie eindproduk te eet.
Groete
Blackie