Haaie in Oranje.
Posted: Tue Jan 25, 2011 9:55 am
Hierdie artikel in vandag se Republikein gekry.
Blok.
Water bring glo haaie na Oranje
'n Skets van 'n bulhaai. TWEE haaie is di? week sowat 300 km stroomop in die Oranjerivier teenoor die plaas Haakiesdoorn opgemerk. Hoewel die plaasbestuurder, mnr. Riaan Fokkens, en sy werkers taamlik seker is dat dit wel haaie was, klink dit so ongelooflik dat hulle self nie meer te seker daaroor is nie.
Haakiedoorn (plaas nr. 197) is op die noordgrens van die Oranjerivier regoor Goodhouse in Suid-Afrika en is soos die kraai vlieg sowat 180 km van Alexanderbaai af. Rivierlangs is dit maklik 300 km van die see af. Mnr. Fokkens kon die visse nie beslis as haaie identifiseer nie en sy fotonemery was ook nie goed genoeg om sy ervaring te bewys nie.
Die werkers saam met hom op ?n motorboot is egter daar om sy storie te staaf. Hy het gister van sy ongelooflike ervaring vertel en ges? die twee visse was te vinnig om behoorlik in die lens te kry en dat hy seker is dit was nie net oorgroot babers nie.
Hulle is vinnig soos blits en duik onder die water in as hy naby hulle kom. Uit Swakopmund is die moontlikheid deur dr. Hannes Holtzhausen, senior navorser by die Seevisserye Instituut, as ?onmoontlik? afgemaak. Hy wou egter die fotobewyse bestudeer om die vae moontlikhede te kan ondersoek.
Die Oranjerivier is die afgelope dae na ongehoorde vlakke opgestoot en op die plaas Haakiesdoorn, waar die Fokkense die teuels vashou, het paaie onbegaanbaar geword en moet selfs van die motorboot gebruik gemaak word om plekke te bereik.
Woensdag, tydens so ?n inspeksie, is op die twee ?haaie? afgekom. Naleeswerk het getoon dat bulhaaie waarskynlik van die enigste haaisoorte is wat so diep binnelands sal gaan wei. Hulle kom egter in warmer seetoestande voor en is al in riviere by Angola aan die westekant van Afrika opgemerk of mag in die warmer water van Noord-Natal aan die Suid-Afrikaanse kus by riviermonde inswem. Hulle word as aggressief beskou en is al sover as 3 000 kilometer stroomop in riviere opgemerk.
Selfs tydens die huidige oorstromings in Australi? is bulhaaie na bewering in die oorstroomde strate van Brisbane gesien. Die haaispesies aan die Namibiese kus is onwaarskynlike besoekers, s? dr. Holzhausen, wat glo die verskynsel was nie wat mnr. Fokkens berig het nie. Die kanse is eerder dat hy iets anders gesien het.
Dit kan amper ook nie oorvrete babers van stroomop wees nie, want enigiets wat oor die Augrabies watervalle kom, behoort redelikerwys vrek te wees, meen hy. Haakiesdoorn is die standplaas van waar Namibi? ?n w?reldbestemming vir filmmakers moet word soos voorgestel deur die bemarkers van die Desert Starontwikkeling.
Die eerste bemarkingsgeleentheid van Desert Star South is laat verlede jaar in Windhoek gehou, toe geld vir die Oewena Trust van die Presidentsvrou ingesamel is. Hiermee is afgeskop met die ontwikkeling van ?n oord sonder gelyke in die verre suide van Namibi?.