Page 1 of 1

Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Tue Feb 25, 2014 4:01 pm
by wingover
Middag sê Kollegas

Besprekings vir die 2014 Jag seisoen is nou oop by INIBOS

Koedoeskop Jag 2014

Rooibok Ramme < tot 22” R850.00
Rooibok Ooie R750.00
Vlakvark Bere < tot 12” R650.00
Vlakvark Sogge R650.00
Koedoe Bulle < tot 45” R3600.00
Koedoe Koeie R2700.00

Verblyf:
Jagters: R380 per nag
Nie Jagters: R280 per nag

Vir n volledige prys lys en besprekings kontak vir Amanda 0832276350 tussen 13h00 en 19h30 e pos riecorboedery@gmail.com

Dankie en lekker veilig Jag wense vir almal vir 2014 :)

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Wed Feb 26, 2014 5:23 am
by Geno

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Wed Feb 26, 2014 6:31 am
by Frederik
Ja nee dit is dieselfde plek en die advertensie kom net voor die seisoen.

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Wed Feb 26, 2014 12:15 pm
by kwagga_1
My plek is geboek vir Junie :)

Ek het verlede jaar ook daar gejag - niks geskiet nie, maar dit was die eerste keer wat ek in die bosveld gejag het en alhoewel ons baie rooibokke, koedoes en vlakvarke gesien het was dit ek wat te dom was om naby hulle te kom... Intussen het ek darem al hopelik bietjie geleer en ons sal sien wat hierdie jaar gebeur!

My vrou was saam gewees verlede jaar met die jag, en ons albei het baie lekker gebly. Alles wat ons nodig gehad het was daar (lopende, warm water, potte en panne, soveel hout as wat jy kan of wil brand, ons kon die rugby kyk op die TV in die huis, ens), en wingover en sy gesin doen regtig moeite om alles baie mooi skoon te hou en om mens se verblyf so gemaklik moontlik te maak. In my opinie baie beter as 'n paar ander plekke wat ek al by gaan jag het.

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Wed Feb 26, 2014 1:20 pm
by Jakes73
Geno wrote:Is dit op hierdie plaas?


http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=34&t=22701
Slaap jy nie? 3:23 am ... goeie genade ... :):

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Wed Feb 26, 2014 2:41 pm
by RUPERT
Dankie Geno as ek nou nie die hele storie gaan lees het nie het ek gaan kyk vir n boeking.

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Wed May 21, 2014 10:36 pm
by mier
naand wil net weet of is daar nog plek beskikbaar vir 23junie tot 27 junie
ons is 3 jagters en 1 nie jagter
groete
ilse long

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Wed Apr 29, 2015 8:47 pm
by dawie de beer
Stuur vir my ook jou pryslys asb: dawiemaggie@gmail.com vir jag in 2015

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Wed Apr 29, 2015 9:05 pm
by ROBBIE1
Dawie ek dink nie Francois is meer op die forum nie, bel maar die nommer in die post heel bo dalk kry jy hulle in die hande.

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Wed Apr 29, 2015 10:39 pm
by Leon Crous
Dawie, dis al laaas jaar se ad.
Hoop nie jy's te laat nie. :'(

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Thu Apr 30, 2015 11:28 am
by Biltong
Het gehoor die plaas is verkoop aan beesboer.. het die naweek daar verbygery en daar is ander 'n naambord op.

Re: Koedoeskop (Thabazimbi) Jag 2014

Posted: Mon May 04, 2015 8:45 am
by dawie de beer
Dankie vir die antwoord. Ek sal die nommer skakel en uitvind. n Ander jakkals het my gedrop met n plaas om te jag, so nou moet ek probeer om iewers plek te kry.