Page 1 of 2

Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 11:27 am
by Hornet
Ek het onlangs begin speel met Peregrine Punte op die .270 (120 gr) , maar baie teleurstellende groeperings. Sukkel baie, kry nie bevredigende groeperings. Om die prys van Peregrine te regverdig wil ek darm `n baie goeie groepering hê.

Was al so te sê teen die lande, weg van die lande, verskillende ladings, maar nie bevredigend.

Wie het sukses en wil dit deel?

Hoor graag.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 11:39 am
by Pvdw
En ken redelik baie manne wat hulle laai en skiet. Meeste kry redelik maklik 1MOA.

As jagkoeël is hulle baie suksesvol mer so 1 of 2 gevalle wat lol. Ek weet die 338 het op 'n stadium probleme gegee net tuimel op inpak.

Prys is lekker duur soos jy self genoem het en hulle diens is uiters swak en deurmekaar.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 11:42 am
by alecjohnson
hoe het jy jou lading ontwikkeling begin? Ek het nog nie peregrine probeer nie. Sit bitjie jou info oor die geweer, doppe, volume, kruit en kronograaf lesings op. Ons kan dan gou kyk wat quickLoad se.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 11:47 am
by Hornet
Praat liewer nie oor die Diens, want dan moet ons nie daar koop nie. Hoop hulle kry dinge gou beter daar.

Sal graag van die 270 Skuts wil hoor!

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 11:50 am
by Hornet
"Sit bitjie jou info oor die geweer, doppe, volume, kruit en kronograaf lesings op. Ons kan dan gou kyk wat quickLoad se."

Thanks Alecjohnson

Ek kom terug met die inligting.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 2:17 pm
by Pvdw
want dan moet ons nie daar koop nie.
Presies wat ek doen. As ek dit kan help sal hulle nooit weer een van my sentein hul rekening sien nie. ;)

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 2:23 pm
by LRLaubscher
Die suid afrikaanse vervaardigers het nog n baie ver pad om te stap voor hulle sal kan kompeteer met punte uit VSA.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 3:44 pm
by Koos Barnard
Dagse
Ek het onlangs Peregrine gebruik vir 'n artikel en het oor die algemeen goeie resultate gekry sonder veel moeite. Oor die diens kan ek my nie uitlaat nie want ek het nie die normale verkoopskanale gevolg nie. Ek het egter die vorige post hierbo aan Corno van Rooyen van Peregrine deurgegee en hy is baie besorg daaroor. Hy het mense wat probleme ondervind met diens of produkte uitgenooi om hom te skakel by 082-883-5727 of ook vir Adriaan Rall by 081-369-2624.

Ek het verskeie kalibers getoets en maklik met my 375, .30-06, 7x57 en .223 MOA op 100m gekry. Na bietjie eksperimenteer het ek ook 20mm groepe met my .243 gekry. Oor die terminale effek op bokke, ongelukkig net drie waarvan een 'n kopskoot was kon ek ook nie kla nie. In 'n wetpack het 'n 243 en 30-06-koeel sy mushroom verloor en soos 'n GS Custom het die soliede deel diep gepenetreer. Die koeels wat ek ontvang het was almal van hoe kwaliteit en die gewig baie uniform.
Mooi loop

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 3:45 pm
by Koos Barnard
Terloops. ek het nie groot hoeveelhede koeels ontvang nie en na my toetse het nie eens genoeg oor om verder meer te jag nie. So ek het geen voordeel getrek uit die artikels om groot hoeveelhede koeels van die vervaardiger te ontvang nie.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 3:48 pm
by tripodmvr
Koos, jy moet nou ophou om so skuldig te voel. Weet nou almal dink jy word oorlaai met geskenke. As dit 'n probleem is stuur maar aan hier na my toe.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 6:04 pm
by Hornet
Koos
Dankie vir jou bydrae. Ek het `n vriend wat ook baie sukses het met Peregrine.

EKs baie opgewonde oor die Peregrine punte, maar moet net hul met my wapen "ge-Synchronize" kry.

Na die .270 wil ek my .22 Hornet ook aan die skiet kry met hulle.

Lê nog bietjie werk voor.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 7:58 pm
by Christo
Ek kan lang boek skryf oor Peregrine. Aan die begin erg gesukkel net om weer te kon kry. Toe vir Corno op Huntex raak baklei (waaroor ek steeds sleg voel) en toe op n geleentheid by sy fabriek gaan kuier. Hy het my deur die hele proses gevat en goeie tyd saam spandeer. Hulle QC is baie streng. Bitter klein toleransies.

Ek het genoeg gekoop om my n ruk besig te hou en kan net se^ dat hulle goeie groepe skiet uit my 338WM.

Hulle groei verby enige verwagtinge en alhoewel ons (ek) dit nie wil aanvaar as verskoning vir voorsiening nie beteken dit iets. Hulle doen iets reg en wen baie, baie veld daar buite.

Op 400m groeper die VRG4 en VRG5 goed genoeg vir my. Waar koop jy oefen en jag koeels met dieselfde specs.

Koop maar gerus en vra vir Corno om vir jou die spoed ens vir jou geweer uit te werk. Hy kan dit doen.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 05, 2014 8:28 pm
by Hornet
Dit is reeds oor die BESKIKBAARHEID van veral Hornady dat ek wil oorskakel na `n werkbare alternatief. Dis die 2de jaar in `n ry wat ek sukkel om Hornady punte te kry. Bitter jammer, want my geweer doen baie goed daarmee. Verlede jaar amper jag gemis agv daarvan. Sal maar stocks moet opbou vir die toekoms.

As ek `n goeie groepering op 200 meter kan kry, is ek meer as tevrede. Al wat ek soek.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Thu Mar 06, 2014 6:52 am
by Frederik
Hornet is die 120gr net nie te kort vir jou twist nie ? Hou jou geweer van lang of kort koeels ?

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Thu Mar 06, 2014 8:21 am
by Hornet
Frederik

Ek skiet normaal weg 130 gr Hornady InterLock SP met die geweer. Hier punt het `n plat basis en noem dit `n "Kort Punt" as jy wil - TERWYL die 120 gr Peregrine `n "Langer Punt" is met `n Bowtail.

MAAR : die Peregrine "Surface area" wat werklik kontak maak met die loop is baie kleiner as die Hornday agv die groewe wat in die punt gesny is. IS EK REG AS EK DIT Sê??

Verder behoort die langer punt en Bowtail mos meer stabiel te wees op die langer distansies -Word vir my vertel.

Ek vermoed my spoed is dalk bietjie aan die hoë kant- 54 gr / S365 / 120 gr MAAR sal dit toets. Alec Johnson is besig om bietjie na my goed te kyk. Baie opgewonde oor wat daar gaan uitkom.

Dankie vir al die gedagtes en opmerkings - Waardeer.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Sun Mar 09, 2014 9:53 am
by Piet Breedt
Ek vermoed dat jou twist van jou loop nie kort genoeg is vir die langer Peragrines. Die "bearing surface" het niks daarmee te doen as dit by stabilisering kom nie. Hoe langer n koeel, hoe korter moet die twist rate wees.

Die "Boattail" help net om n hoer BC te verkry.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Sun Mar 09, 2014 10:55 am
by Stefan764
Goeie akkuraatheid uit my 7x64 gekry en het toe n Swartwildebees en 4x blesbokke gaan skiet. Als eenskoot doodskote gewees en het die koeel in die SWB teruggekry, was op 264m geskiet. Quartering towards en koeel onder oorkantste vel gekry. Net die lunger se gewig het gekort, res was 100%

Het hulle in my 450Rigby gelaai en as die Liewe Vader ons bewaar lyf ek my groot roer in eerskomende Mei. Hulle loop teen 2500fps en dis die 500gr VRG3 (plat neus met plunger).

Het n pakkie 36gr gekoop vir my .22 K-Hornet, sal hulle die week laai, hoop hulle groep mooi! Glo hulle sal, as die koele nie raakskiet nie is daar iets anders fout want soos Christo gese het, op hulle Quality Control skort daar niks.

Groete
Stefan

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Sun Mar 09, 2014 11:36 am
by Hornet
[quote="Piet Breedt"]Ek vermoed dat jou twist van jou loop nie kort genoeg is vir die langer Peragrines.

Piet

Die twist is 1:10

Ek het Vrydag vanaf Corno by Peregrine hul aanbeveling gekry, so gelaai, maar die Kaapse Suid Oos het my nie toegelaat om dit gister te toets nie.

`n Vriend op die Forum het QuickLoad se Resultaat ook vir my deurgegee. maar die ladings lyk bietjie te "warm" vir my. (57 gr S365 teenoor Peregrine se 54 gr Max) Gaan eers konsentreer op Peregrine se voorstel/aanbeveling.

Hou jul ophoogte.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Wed Mar 19, 2014 6:15 pm
by Hornet
Hi Manne / Raadgewers

Goeie nuus, het die Lading reggekry en is baie beindruk met die 120 gr Peregrines. Doen net so goed, indien nie beter as die 130 gr Hornady`s.

Het Corno (Peregrine) se advies gevolg en siedaar alles trek reg. Lading, 54 gr, was reg - AOL was die probleem.

Dankie manne - baie geleer uit die Forum.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:15 am
by Ruhan
More se,

Ek het hierdie naweek die eerste keer geleentheid gehad om met Peregrines te gaan jag.
My lading wat ek gebruik is 44.5gr S335. Peregrine Vrg4 150gr en die average spoed is 2835 uit 'n 24duim loop met 1-10 twist.
Ek het die VRG5 geskiet tot ek my lading gekry het en toe skakel ek oor na die VRG4 toe vir jag.

Hierdie hings is op 90m geskiet in die kop en die koeel is herwin onder die ver by die maanhare.
Ek is baie gelukkig met die performance en die koeel het gedoen wat hy moes.

Wat prys betref, ja dit is bietjie duur, maar ten minste weet jy dat voorraad beskikbaar. Jou koeel is die koedkoopste item tydens 'n jag.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:20 am
by Jean Marais
Hallo Ruhan. Welgedaan met 'n mooi skoot, en baie mooi zebbie.

Was daar enigsins tekens dat die koeël getuimel het, of kon jy dit nie bepaal nie. Ek neem aan dis 'n .30 kaliber? Ek het ook goeie sukses sover met peregrines. Skiet die 250gr uit my 375, en sover het alles waarop ek geskiet het geval, met baie min vleisskade waar ek bladskote geneem het. Ek kon egter nog nooit 'n koeël herwin nie.

Groete

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:27 am
by Ruhan
Jean, ek kan ongelukkig nie 'n akkurate antwoord op jou vraag gee nie. Ek het nie daarop gefokus toe ek die koeel uitgehaal het nie.

My volgende lading ontwikkeling gaan vir my 9,3x62 wees en ek gaan die VRG3 gebruik vir jag in 286gr

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Mon Apr 28, 2014 10:08 pm
by Gerharddb
Het self nou oorgeslaan peregrine toe, en kan regtig nie iets slegs se nie. Laai die 150gr punte op die 308win en het vanmiddag n 14.6mm groep gekry op 100m. Iets wat ek na n jaar se gesukkel nie kon regkry met barnes ttsx punte nie.
As als mooi loop, val die gemsbokke hopelik oor 3 weke met hierdie punte!

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Thu May 22, 2014 7:19 pm
by Hornet
Gerharddb wrote:As als mooi loop, val die gemsbokke hopelik oor 3 weke met hierdie punte!
Gerhard - waars die fotos van die gemsbokke - 3 weke lankal verby.

Re: Peregrine Punte - Wats die ervaring?

Posted: Fri May 23, 2014 9:55 am
by Capt. Yoda
Ek wou ook begin om die 87gr VR5 te gebruik vir tyken/komp skiet maar teen R325 vir 40 skiet ek maar eder Berger se VLD met die boot gestuur uit AMERIKA teen R540/100