Page 1 of 1

My Skietstoel

Posted: Sat Mar 08, 2014 4:54 pm
by HennieC
My skietstoel is nou 95% klaar. Dit is nog net die verf werk wat kort dan is als klaar.
Ek het soos Nico ook vir my 'n stoel begin bou in Desember. My stoel staan los op die bakkie en word met straps vas getrek.
Begin Februarie begin ons die stoel test drive, die bedrading het so bietjie begin opwen, toe gesels ek met Freek en Ian.
Ian het aangebied om my te help en vir my die busse en kontak punte te maak sonder enige vergoeding. Die week Donderdag aand (6 Maart) bel Ian my en vra of ek by hom in Parys kan wees Saterdag oggend dan sal hy my help die busse in sit ook.

Die busse het drade klaar aan en als pas mooi. Die insit was vinnig en ons het eers getoets of als werk.
Na 'n verstellinkie werk al die punte baie mooi.
Terug by die huis het ek die drade soldeur en drie punt prop op gesit (as mens die lig wil toets in die huis soos sekere lede :laugh: )
Die lig werk baie mooi en nou kan my stoel draai sonder dat enige drade sal op wen.
Baie dankie Ian vir jou hulp met die bedrading en busse vir my stoel.

Ek hoop die fotos laai reg ek probeur maar nog.

http://i1305.photobucket.com/albums/s554/henniec/Mobile%20Uploads/IMG-20131223-01824_zps899d01bc.jpg
http://i1305.photobucket.com/albums/s554/henniec/Mobile%20Uploads/IMG_00000101_zpsee7a21bc.jpg

Re: My Skietstoel

Posted: Sat Mar 08, 2014 7:18 pm
by NicoSmit
lekker man dis die volgende hekkie wat ek moet oor As die weer volgende nasweek mooi is wil ek my toerusting vat vir 'n "test drive"

Re: My Skietstoel

Posted: Sat Mar 08, 2014 8:43 pm
by Cobus(Cobb)
jou fotos wil nie oop nie..email vir my by cobusangelATvodamail.co.za

Re: My Skietstoel

Posted: Sat Mar 08, 2014 8:48 pm
by James Wilson
Cobus, ek het die fotos gedokter. Kyk of hulle nou werk

Re: My Skietstoel

Posted: Sat Mar 08, 2014 8:54 pm
by Cobus(Cobb)
Dankie James

Re: My Skietstoel

Posted: Sat Mar 08, 2014 8:55 pm
by NicoSmit
Ek sal more aand 'n foto of 2 van my stoel opsit

Re: My Skietstoel

Posted: Sat Mar 08, 2014 9:12 pm
by HennieC
Cobus lyk dit of hy kan werk?

Sal jou en Dewie moet saam nooi dat julle my office chair kan test drive. Moet hom net weer
Maandag saam vat anders het ek niks om op te sit by die werk nie :):

Re: My Skietstoel

Posted: Sun Mar 09, 2014 3:04 pm
by NicoSmit
Hier is my stoel daar kort so bietjie verf hier en daar sodat daar nie sulke wit blertse uitsteek nie

Re: My Skietstoel

Posted: Sun Mar 09, 2014 3:15 pm
by spekieries
Ek merk op Ian is 'n man wat orals help as hy kan. Dit is prysenswaardig Ian! Netjiese stoele wat julle bou. Ek dink ek moet ook een bou net om te sien of ek kan.

Re: My Skietstoel

Posted: Sun Mar 09, 2014 3:21 pm
by HennieC
Nico dit lyk goed. Hy sal kan werk ook.

Spekieries soos jy daar sê Ian help enige iemand waar hy kan en niemand is benewens hom nie.

Re: My Skietstoel

Posted: Thu Mar 13, 2014 3:41 pm
by Ian
Hennie

Bly om te sien dat die stoel nou lewe het. Ek verstaan nou nie so mooi nie, jy sê die stoel is nou 95% klaar. Gaan jy nou die Porche in 'n Ferrari verander ;D .? Dit was 'n voorreg om jou te kon help. Ons soek foto's van die eerste jakke wat gaan val asb.

Groete