Page 1 of 2
ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Mon Mar 10, 2014 8:50 am
by Geno
African Long Range Hunters Association bied 'n pret skiet aan op die 29ste Maart naby Heilbron om 08:00.
Google Maps van skietpunt
Die skiet vind plaas op die gronde van
Donsveertjie Gastehuis
Persone wat die skiet bywoon kan gerus van hierdie gastehuis gebruik maak indien hulle die Vrydag en/of Saterdag wil oorslaap daar.
Inskrywings is R150 vir ALRHA lede met bewys van lidmaatskap en R180 vir nie-lede. Dit is 'n vooraf-registrasie skiet en persone wat eers die oggend van die skiet registreer sal 'n bykomende heffing van R50 per persoon betaal. Daar is ook beperkte plek vir 48 (12 Aflosse) inskrywings, so om jou plek te bevestig vir die pret skiet laai die registrasie vorm af en stuur so gou moontlik aan
ludwig@africanlrhunters.co.za. (Sien Registrasie vorm onder vir verdere besonderhede)
Aflosse sal ingedeel word in volgorde van registrasie vorms en bewys van betalings ontvang.
Formaat
Die formaat sal staal gonge wees wat wissel van 450m tot 1000m en daar sal slegs van die lê posisie gebruik maak om te skiet. Geen beperkings op toerusting geld nie en alle hulp middels insluitende afstand meters en windstasies mag gebruik word. Ons vra wel dat daar slegs van sagte loodkern koeels gebruik gemaak sal word om die skade aan die gonge te minimaliseer. Inksrywings moet verkieslik gedoen word as 'n span van 2 waar beide persone om die beurt per aflos die rol van skut en spotter moet vervul. Indien jy nie 'n spotter het of aandui wie jou spotter gaan wees nie, sal die organiseerders dit so indeel dat jy wel iemand het wat vir jou sal spot en jy dan dus weer vir daardie persoon moet spot.
Alhoewel hierdie 'n pret skiet is, sal ons die eerste rondte vir punte doen met 'n vasgestelde formaat en sodra alle aflosse klaar is, sal die baan vir 'n 2de rondte oopgemaak word waar daar na willekeur sonder puntetelling geskiet kan word. 'n Aflos sal uit 4 persone bestaan, waarvan 2 persone op 'n slag die rol van skut sal vervul en 2 persone die rol van spotter. Nadat die skuts al hulle teikens (5 of 6) geskiet het, sal die rolle omruil en die spotters sal nou die skuts wees. Nadat beide persone kans gehad het om beide rolle te vervul is die aflos voltooi. Ongelukkig laat ons skietpunt net 4 persone op 'n slag toe en daarom dan juis hierdie formaat. Daar sal dus tydbeperkinge toegepas word per aflos wat ons op die dag van die skiet sal bepaal.
'n Moontlike maksimum van 30 skote sal geld per skut om die punte telling rondte te voltooi. Die minimum skote benodig sal 6 wees in die geval waar 'n skut sy teiken in elke geval met die eerste skoot tref.
Registrasie Vorm - Pretskiet Heilbron
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Mon Mar 10, 2014 1:10 pm
by Biltong
Hi Geno, dit klik interressant.
Verduidelik asb bietjie meer oor die formaat van skiet. Klink of jy tot vyf skote op 'n teiken kan skiet afhangende of jy dit met die eerste skoot tref of nie.
Groete
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Mon Mar 10, 2014 1:46 pm
by Biltong
Hi Ludwig, goed om van jou te hoor -dankie vir die terugvoer.
Is ek ook reg om aan te neem dat die afstande dan bekend sal wees asook die grootte van die teiken op elke afstand? Of is die plan dat elke skut self die afstand moet bepaal met sy eie afstandmeter?
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Mon Mar 10, 2014 2:20 pm
by Biltong
Dit maak sin. Dan kan skuts wat nie noodwendig al die toerusting het nie ook kom deelneem. Julle moet dit geniet. Ek sal nog eendag daar uitkom.
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Wed Mar 12, 2014 7:10 pm
by Marc
Is daar enige Jaracal manne wat gaan probeer kom, sal lekker wees om nuwe kennise te kan opbou

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Wed Mar 12, 2014 8:05 pm
by Cobus(Cobb)
Marc wrote:Is daar enige Jaracal manne wat gaan probeer kom, sal lekker wees om nuwe kennise te kan opbou

Ry jy deur?? Is daar plek links voor??
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Thu Mar 13, 2014 7:58 am
by Marc
Ek gaan in die Gastehuis op die plaas slaap Vrydag aand, bietjie braai saam die manne
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Thu Mar 13, 2014 2:01 pm
by Jean Marais
Marc, Cobus, Ek sal bietjie kyk hoe my dinge loop. Ek het nou nie fancy gunne nie, maar ek wil graag kom saamspeel met wat ek het.
Cobus, kan jou oplaai as jy wil.
Groete
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Mon Mar 17, 2014 7:55 pm
by Marc
Jean Marais wrote:Marc, Cobus, Ek sal bietjie kyk hoe my dinge loop. Ek het nou nie fancy gunne nie, maar ek wil graag kom saamspeel met wat ek het.
Cobus, kan jou oplaai as jy wil.
Groete
Dit sal lekker wees om julle manne weer 'n slag te kan sien, kom maak 'n draai man
Die baan uitleg vir die dag lyk so iets, dit gaan redelik uitdagend wees, maar dit kan verseker gedoen word
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/AlbertBaanUitlegV_zps108c648d.png
Daar gaan ook hier en daar 'n vlaggie aangebring word om te help indien die wind sou wou pla. Ek hoop regtig van julle manne daar te sien

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Mon Mar 17, 2014 9:58 pm
by vriell
Marc wrote:Jean Marais wrote:Marc, Cobus, Ek sal bietjie kyk hoe my dinge loop. Ek het nou nie fancy gunne nie, maar ek wil graag kom saamspeel met wat ek het.
Cobus, kan jou oplaai as jy wil.
Groete
Dit sal lekker wees om julle manne weer 'n slag te kan sien, kom maak 'n draai man
Die baan uitleg vir die dag lyk so iets, dit gaan redelik uitdagend wees, maar dit kan verseker gedoen word
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/AlbertBaanUitlegV_zps108c648d.png
Daar gaan ook hier en daar 'n vlaggie aangebring word om te help indien die wind sou wou pla. Ek hoop regtig van julle manne daar te sien

Lyk na baie goeie oefening.Sal die spasie dophou vir uitslae...
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Sun Mar 30, 2014 10:49 am
by Marc
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3620_zps74cc0fff.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3619_zps6469b4d8.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3618_zps13c378ca.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3626_zps9beaddc0.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3625_zps17f9b579.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3629_zps83585a5a.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3630_zpse86d0568.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3635_zps43de910c.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3638_zps5d87fba2.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3623_zpsb09ab9ea.jpg
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Sun Mar 30, 2014 11:08 am
by Marc
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3632_zpsda51b3e6.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3631_zps0ff45396.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3637_zps36798183.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3634_zpsd845ae19.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3639_zpsc367c6a9.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3633_zps3e5c3cc6.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3636_zpsc3f6e6b7.jpg
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Sun Mar 30, 2014 11:34 am
by Marc
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Sun Mar 30, 2014 11:38 am
by Arnold
Marc wrote:
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3637_zps36798183.jpg
Hierdie is die oulikste geweertjie! Ek hou mos van die kort lopies.
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Sun Mar 30, 2014 12:06 pm
by Marc
Arnold daai kort geweertjie het ons manne met die lang lope en baie recoil sleg op ons neuse laat kyk
Dink dis 'n Rebel aksie op 'n Krieger loop en die kaliber is 6,5x47 dis is voorwaar 'n netjies roer daai en hy en sy baas verstaan mekaar

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Sun Mar 30, 2014 5:21 pm
by Shaun Flink
Hi all
Just want to thank you guys for a really fun day.it was really awesome. Thanks for the great hospitality.
Shaun Flink
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Sun Mar 30, 2014 6:51 pm
by tripodmvr
Lyk asof dit 'n baie lekker dag was. Die boere verspieders op die koppie wat die kakhis op die vlakte aanvat. Wat was die uitslae van die vêr skiet?
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Sun Mar 30, 2014 8:26 pm
by Marc
tripodmvr wrote:Lyk asof dit 'n baie lekker dag was. Die boere verspieders op die koppie wat die kakhis op die vlakte aanvat. Wat was die uitslae van die vêr skiet?
Daai Martine het die stof laat staan by die 1000m gong, glo dit of nie
Ons wag vir Ludwig om bietjie meer terugvoer te kom gee Oom, ek is seker hy sal teen more ietsie opsit
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Mon Mar 31, 2014 7:28 am
by bor
Puik dag dankie almal moet nou net leer skiet
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Mon Mar 31, 2014 7:44 am
by Marc
bor wrote:Puik dag dankie almal moet nou net leer skiet
Of ons moet 'n manier kry om die wind aan 'n boom vas te maak
Dankie ook vir al julle hulp met die sny van gonge, bou van rame ens Robbie. Dit word baie waardeer

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Mon Mar 31, 2014 7:51 am
by Boogjagter
Baie dankie aan almal wat aandadig was met die reelings en die werk om die plek reg te kry. Dit was klomp lekker en ek het baie geleer.
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Tue Apr 01, 2014 11:09 am
by Fritz
Arnold wrote:Marc wrote:
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3637_zps36798183.jpg
Hierdie is die oulikste geweertjie! Ek hou mos van die kort lopies.
En hy skiet!
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Tue Apr 01, 2014 1:18 pm
by BRNO (Pierre)
Dit lyk nie vir my asof John Wright op die forum is nie(hoop nou nie ek is verkeerd nie), kan jy dalk bietjie meer info oor sy komponente en dope vir ons nuwe AI manne gee asb.
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Tue Apr 01, 2014 1:49 pm
by BRNO (Pierre)
Ludwig wrote:Ek is nie seker oor al die komponente wat John vir sy 243 AI gebruik nie maar hy skiet die 105gr A-Max. Dis 'n Howa Varminter 1:10 met taktiese kolf en 'n Sightron SIII 8-32x56 scope.
Dankie. Jy het nie net dalk die spoed wat hy skiet nie?
Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron
Posted: Tue Apr 01, 2014 2:30 pm
by Fritz
Pierre, hy het vir my gesê 3100fps.
Of dit binne aanvaarbare drukvlakke is kan ek egter nie vir jou sê nie. Ackleys steek mos druk weg. Ek vermoed dis baie naby aan 60000psi met sy 24" loop.