.270 - S365 of S385

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

.270 - S365 of S385

Post by dehacked »

Goeie middag manne. Gou so 'n bietjie agtergrond. 'n Klompie jare terug toe S385 net op die mark gekom het besluit ek en my broer na 'n artikel in Magnum ons gaan S385 laai vir ons 270 wat ons geerf het . Nou ja dit het goed gewerk en vir baie jare jag ons suksesvol alles van dassie to kudu. Toe word ek groot en rekenaars, drank, meisies, studies en 'n paar jaar in Botswana plaas jag en skiet op die agterbrander. Nou is ek gelukkig weer 'n jaar terug in Namibia en het in Desember vir my 'n splinter nuwe Rem 700 .270 gekoop. Met my hernude belangstelling leer ek toe nou van goed soos ontbranding persentasies en accuracy nodes ens. Mense!! Ek dog ek weet iets van gewere maar duidelik nie... Siende dat ek nou die geleendheid het om vir 'n nuwe roer te laai wil ek dit so reg moontlik van die begin af doen.

My vraag aan julle is dan: Vir 'n 270 wat 130gr en miskien later van daai 110gr mono koeels? / punte? gaan skiet, met 'n 22 duim loop en 'n suppressor, is 365 of 385 die beste kruit om te gebruik. Ek vra om 2 redes. Die eerste is omdat ek verstaan 'n man wil so na aan 100% ontbranding kry vir akuraatheid en 2, dit klink vir my jy wil nie te veel onverbrande kruit in jou suppressor vang nie.

EK hoor graag van die slim manne.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Katefbessie »

Dagse DeHacked.
Die slimmer manne sal jou sekerlik op 'n tegniese punt beter kan verduidlik wat die beter kruit opsie is vir die .270! Uit my ondervinding met die .270 laai ek bitterlik lekker met die 365. Ek laai ook wel die 130gr koels asook die 110gr waarna jy in jou draad verwys - die 365 werk goed vir my en kry ook 100% kruit verbranding.
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: .270 - S365 of S385

Post by James Wilson »

Uit n 22" loop, sal ek vir die s365 gaan.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by tripodmvr »

James dink soos ek dink. Hoe korter die loop hoe vinniger moet die kruit brand om al sy energie te kan oordra en nie voor die loop verbrand nie. 'n Mens sal jou geweergegewens in QL moet plaas en dan selfs na S355 ook kyk vir die baie ligte projektiele.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Reloader270 »

Stem saam met tripodmvr, S355 is beslis opsie vir 110gr koeëls. Dit stoot die koeël tot by 3300vps. Die boekie en Somchem se online tabelle is nie korrek nie. Daar was 'n regstelling in Magnum gepubliseer. Stuur vir my PM as jul die nuwe tabel soek.

S385 het geen noemenswaardige verskil in spoed gehad toe ek dit in my 26" loop getoets het nie. S365 bly vir my koning.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Giepie »

Sal ook in daardie situasie S365 of dalk S355. Ek het S385 gelaai met 150gr vir my 270, want ek wil dit ook in die bosveld gebruik. Die 385 ontbrand stadiger, maak ook die dop voller. Met 385 kan ek gemaklik die spoed afbring na 2400v/s. Met 385 gaan jy nie die spoed kry van 365 nie. My geweer het 'n langer loop so die verskil gaan dalk die beste wees met 355.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: .270 - S365 of S385

Post by dehacked »

Dankie manne. Ek sal my navorsing in daardie rigting stuur.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Flip Nel »

Ek het met S385 met 150gr koeels baie goeie resultate maar ek sal ook kyk na S365 met lighter koeels en korter lope.
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Reloader270 »

Hiermee my toetse met S385 en S365 in my 26" Ferlach Loop"

Temperatuur: 25grade celcius
Atmosferiese druk: 1029
Chronograaf: Pact 2
3 Skote op elke lading

Fed 215 Slagdoppies
PMC Doppe
155gr Sako Koeëls
TPL 83.5mm
S385 Lot 008-09-2006
53.4gr - 2655vps SD 7.0vps
53.8gr - 2673vps SD 19.1vps
54.2gr - 2678vps SD 17.9vps
54.6gr - 2712vps SD 5.9

Fed 215 Slagdoppies
PMC Doppe
150gr Nosler BT Koeëls
TPL 83.0mm
S385 Lot 008-09-2006
54.0gr - 2717.5vps SD 25.4vps
54.5gr - 2734.6vps SD 34.2vps
55.0gr - 2789.2vps SD 36.4vps ??
55.5gr - 2787.2vps SD 9.7vps ?? Onverklaarbaar hoekom dit +-selfde as 55.0gr is.
56.0gr - 2855.8vps SD 18.4vps

Fed 215 Slagdoppies
PMC Doppe
150gr Hornady BT
TPL 83.5mm
S365 Lot 139 (+-1990??)
48.5gr - 2866.9vps SD 10.7vps
49.0gr - 2858.8vps SD 12.3vps
49.5gr - 2890.0vps SD 17.4vps
50.0gr - 2930.3vps SD 2.8vps
50.5gr - 2949.4vps SD 11.6vps

Gevolgtrekking: Dit blyk dat S365 laer SD gee as S385 en beter spoed tot gevolg het. Ek het later my lading verander na Hirtenberg Slagdoppies met 49.6gr S365, Norma doppe en al 3 skote sny mekaar keer op keer.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by tripodmvr »

Giepie wrote:Sal ook in daardie situasie S365 of dalk S355. Ek het S385 gelaai met 150gr vir my 270, want ek wil dit ook in die bosveld gebruik. Die 385 ontbrand stadiger, maak ook die dop voller. Met 385 kan ek gemaklik die spoed afbring na 2400v/s. Met 385 gaan jy nie die spoed kry van 365 nie. My geweer het 'n langer loop so die verskil gaan dalk die beste wees met 355.
Ek sal nie probeer om lae ladings met S385 te verkry nie. Daarvoor is S335 aan te bevele. Stadige kruite en lae snelhede is waar gewere ontplof.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Reloader270 »

Die minimum lading vir S385 op 'n 150gr koeël in die .270gr is 52,0gr en die maksimum is 57.0gr volgens Somchem se tabel. Moet nooit onder die begin lading gaan met stadige kruit nie. Tripodmvr is korrek in wat hy hierbo noem. Nietemin 52.0gr het in Somchem se tabelle 2467vps behaal.
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: .270 - S365 of S385

Post by dehacked »

Nou ja dan lyk dit of S365 seker maar die aangewese kruit sal wees tot en met ek Mono's skiet. Dankie vir almal se insette.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by tripodmvr »

Niemand het genoem van S365 se wisselvalligheid nie. As jy Lot 72 in die hande kan kry, koop genoeg. Lot 71 en Lot 73 is witwarm en dan kan jy netsowel S355 koop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Giepie »

Reloader270 wrote:Die minimum lading vir S385 op 'n 150gr koeël in die .270gr is 52,0gr en die maksimum is 57.0gr volgens Somchem se tabel. Moet nooit onder die begin lading gaan met stadige kruit nie. Tripodmvr is korrek in wat hy hierbo noem. Nietemin 52.0gr het in Somchem se tabelle 2467vps behaal.
Eish. As ek volgens hierdie tabelle moet begin is dit al reeds hoë druk volgens QL, ook met 'n AOL van 84,84mm.

My geweer se magasynkas werk op AOL 81mm, anders voer dit nie lekker nie. As ek by 52gr sou begin is ek reeds diep in die geel in, met 57gr is ek ver oor die rooi. Iets maak nie vir my sin nie. Help my dan daarmee asb.

Ek het goeie groepe gekry met S385, 47,9gr met 150gr Nossler Part. AOL 81mm. Die spoed was gemiddeld 2583v/s.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by tripodmvr »

Giepie, jy klink compressed. Gee jou geweerdata dan kan mens kyk na wat jou kwel.

As jy 'n lang loop op jou geweer het is dit juis gevaarliker om met stadige kruit af te laai.

Die probleem van verskillende brandtempos is nie net tot S365 beperk nie. Dit wil net voorkom asof S385 so stadig is dat dit nie groot probleme veroorsaak nie. Min mense gebruik dit ook.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Giepie »

Dankie Driepoot.

Musgrave 270
Loop 613mm
Dopvolume 66,3gr
Doplengte 64,52mm
Patroonlengte 81mm
S385
47,9gr (volgens QL 90% dopvulling)

Ek beplan om die "nuwe" Hornady doppe te gebruik, maar die PMP's lyk vir my al beter as ek dit met ander vergelyk.

Ek het Nossler Partitions 150gr gebruik, spoed gemiddeld van 5 patrone was 2583v/s

Ek beplan om in Junie in die bosveld te gaan jag, rooibok, blesbok en vlakvark op sy spyskaart. Die groter wild sal die 375H&H proe. :-)
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Giepie »

Driepoot, nog nie terugvoer gekry hieroor nie. Seker baie besig gewees. ;)

Het verlede Woensdag 'n blesbok op 180m op die blad geskiet. 130gr Accbond teen 3000vps. Mooi akkuraat, maar by die agterkant het ek ongelukkig baie vleis verloor weens die hoë spoed. Eide Junie gaan ons bosveld jag. Ek is versigtig vir die hoë spoed vir rooibok ens. Daarom wil kyk vir 150gr teen so 2400vps.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Flip Nel »

Giepie wrote:Driepoot, nog nie terugvoer gekry hieroor nie. Seker baie besig gewees. ;)

Het verlede Woensdag 'n blesbok op 180m op die blad geskiet. 130gr Accbond teen 3000vps. Mooi akkuraat, maar by die agterkant het ek ongelukkig baie vleis verloor weens die hoë spoed. Eide Junie gaan ons bosveld jag. Ek is versigtig vir die hoë spoed vir rooibok ens. Daarom wil kyk vir 150gr teen so 2400vps.

Giepie Dat Oom ook kyk maar hier is wat ek kry

Daar is 'n node by 45gr S385 2427 fps druk is baie laag 35769 psi dop vulling is ook laag by 84.5 Weet nie hoe dit gaan werk nie

volgende node is 46 gr S385 2528 fps druk lag 40160 psi dop vulling beter op 88.1

volgende node is 50.1 gr S385 2698 fps druk 48801 dop vulling 94.1

Kyk maar
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Giepie »

Ek kon nie lekker regkom met die 150greiners nie. My geweer verkies maar die 130gr. Ek jag nou met 130gr GMX teen so 2920f/s. Baie akkuraat. Verlede Woensdag weer seker gemaak op 200m en 'n duim groepering gekry. Ek sukkel net om nog GMXe te kry, baie skaars en raak nou duur. Ek het darem 'n klomp Hornady Interbonds so ruk terug gekry wat ek dieselfde laai as die GMX, dit is ongelukkig net nie so akkuraat nie, so 1,5duim om 200m ;) , maar selfde poi.

Ek gebruik nou net S365 in die 270. Ek begin ook kyk ha die Peregrine VRG-4/5 met 120 en 130gr. Hulle is darem bekombaar en goedkoper, maar kry nog nie dieselfde groepe nie. Met die 120gr eksperimenteer ek ook nou met S355. Al gekyk na S341 maar dit is te wisselvallig met temperatuur verandering.

Ek het intussen weer 'n 303 gekry vir bosveld. Dit is baie ligter en gemakliker om te dra as die 270 en 375, ek hoef dan nie meer die 270 te laai vir bosveld nie. ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: .270 - S365 of S385

Post by Reloader270 »

Giepie wrote:Ek kon nie lekker regkom met die 150greiners nie. My geweer verkies maar die 130gr. Ek jag nou met 130gr GMX teen so 2920f/s. Baie akkuraat. Verlede Woensdag weer seker gemaak op 200m en 'n duim groepering gekry. Ek sukkel net om nog GMXe te kry, baie skaars en raak nou duur. Ek het darem 'n klomp Hornady Interbonds so ruk terug gekry wat ek dieselfde laai as die GMX, dit is ongelukkig net nie so akkuraat nie, so 1,5duim om 200m ;) , maar selfde poi.

Ek gebruik nou net S365 in die 270. Ek begin ook kyk ha die Peregrine VRG-4/5 met 120 en 130gr. Hulle is darem bekombaar en goedkoper, maar kry nog nie dieselfde groepe nie. Met die 120gr eksperimenteer ek ook nou met S355. Al gekyk na S341 maar dit is te wisselvallig met temperatuur verandering.

Ek het intussen weer 'n 303 gekry vir bosveld. Dit is baie ligter en gemakliker om te dra as die 270 en 375, ek hoef dan nie meer die 270 te laai vir bosveld nie. ;D
Giepie VLT het onlangs nog Hornady Interbonds 130greiners gehad. Ek het paar pakkies gekoop teen ouprys van R588. Toe ek weer daar kom was die prys gelig na R980. Dit is nietemin steeds goedkoper as Nosler Accubonds. Wildland in Groblersdal het ook nog gehad teen net oor R1000.
Post Reply