Page 1 of 1
6mm Musgrave model?
Posted: Fri Mar 14, 2014 10:39 pm
by Philip J
Oom Daan, dalk kan die fotos help met die identifikasie van my geweer se model.
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Sat Mar 15, 2014 10:16 am
by Armand Steenkamp
philipjordaan10, Oom daan sal jou beter kan se maar wat ek van die fotos afly is dit n RSA aksie met n maggesynkas. So ek dink dis n Vrystaat of president model.
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Sat Mar 15, 2014 11:43 am
by Philip J
Dankie Armand.
Dit gee my al klaar rigting.
Het ook gedink dis ñ Vrystaat model.
Die geweer het ñ magasynkas wat 4 patrone hou.
Groetnis
Philip
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Mon Oct 19, 2015 9:53 am
by Killzone
Goeie dag.
As ek hier mag aansluit. Watse model is die 6mm Musgrave wat die Lee Enfield askie het ?
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Mon Oct 19, 2015 10:19 am
by Philip J
KZ, ek mag verkeerd wees, maar die modelle wat ek oor gewonder het, nl. Veld, Vrystaat of Presidents Model, het net verwys na gewere wat as geheel deur Musgrave gebou is. Dit was ook nie beperk tot gewere in 6mm Musgrave nie maar het verwys na gewere wat op Vrystaat aksies gebou is, maw, RSA Aksie met 'n magasynkas. Hulle is ook in ander kalibers aangebied met dieselfde slotaksie. Die 6mm Musgraves op Lee Enfield aksies, het net 'n Musgrave loop gekry, maar bly in effek 'n Lee Enfield in 'n Musgrave kaliber.
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Mon Oct 19, 2015 10:20 am
by swc-tr
Killzone wrote:Goeie dag.
As ek hier mag aansluit. Watse model is die 6mm Musgrave wat die Lee Enfield askie het ?
Lee Enfield
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Mon Oct 19, 2015 11:30 am
by ruaanb
PhilipJ - man jy het regtig 'n besondere roer!
oja my pa se 308 lyk net so. Op hom staan Lyttleton RSA en hy het ook die magasyn kas.
selfs ruitwerk is dieselfde.
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Mon Oct 19, 2015 11:38 am
by Philip J
Dankie Ruaan.
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Mon Oct 19, 2015 11:40 am
by Philip J
Dankie Ruaan. Ja dit was 'n geval van regte tyd en regte plek toe ek my eerste geweer gesoek het en hom gekoop het.
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Mon Oct 19, 2015 4:10 pm
by Flip Groenewald
Ek het presies die selfde roer as ek mag vra wat is die serial nommer
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Tue Oct 20, 2015 2:37 pm
by Killzone
swc-tr wrote:Killzone wrote:Goeie dag.
As ek hier mag aansluit. Watse model is die 6mm Musgrave wat die Lee Enfield askie het ?
Lee Enfield
Ok dankie. Het gedink hulle sal ook onder een van die mod 80 ens val of 'n Vrystaat model ens. Maar dankie in elk geval vir die antwoord.
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Tue Oct 20, 2015 3:17 pm
by ruaanb
Die Lee Enfield aksie modelle was net loop veranderinge en nie 'n nuwe geweer wat gebou is van scratch soos die ander nie.
Re: 6mm Musgrave model?
Posted: Tue Oct 20, 2015 4:06 pm
by Philip J
Flip Groenewald wrote:Ek het presies die selfde roer as ek mag vra wat is die serial nommer
Flip,
Jy het 'n PM.