Page 1 of 1

Neil Schutte

Posted: Mon Mar 17, 2014 7:34 pm
by Rommel
Na n m@erse gespook om n ordentlike mes te kry het ek besluit om maar ene te laat maak. Hier is n mes wat Neil Schutte 4jaar terug vir my gemaak het. Ek het vir hom n skets met mates gestuur en hy het die mes daarvolgens gemaak. Invergelyking met die 404 rondtes kan mens sien dat dit n kleinerige mes is, ek slag lekker met n kleiner mes oor ek met my wys vinger op die rug van die lem slag, gee my beter beheer en ek kan voel wat ek doen. Daai outjie het al hard gewerk, moenie dat sy size jou laat frons nie, hy dop n buffel nou uit sy jas uit en n krokodil, wat vrek hard op n mes is, le gou gou spierwit en rondkriewel soder sy pantserpakkie!(foto is geneem toe hy redelik nuut was). Hout is Tambotie, tambotie het n natuurlike olie en al is daai hef heeltyd in bloed en water droog hy nie uit nie en het boonop n lekker reuk. Hef kan hy maak van wat jy ookal wil, jy kan self hout of ivoor ook verskaf as jy wil. Ek kan sy werk beslis aan beveel! Ek het ongelukkig nie meer Neil se besonderhede nie maar sal dit kry, het juis n stel seekoei tande wat kan vorm vat in n netjiese hef of 2!

Re: Neil Schutte

Posted: Mon Mar 17, 2014 7:49 pm
by DWB
Quinton, baie mooi man!

Ek is maar 'n sucker vir 'n mooi mes, en hier is paar manne op die forum wat KAN!

Re: Neil Schutte

Posted: Mon Mar 17, 2014 10:10 pm
by theedge
Baie mooi - netjiese mes

Re: Neil Schutte

Posted: Tue Apr 22, 2014 9:41 pm
by johan1
mooi mes Neil, ek hou self van n klein mes, werk net makliker met dit

Re: Neil Schutte

Posted: Tue Jun 10, 2014 8:06 pm
by johan1
lekker bree lem, hollow lekker hoog opgevat

Re: Neil Schutte

Posted: Mon Jul 21, 2014 3:22 pm
by mogodu
Regtig 'n baie mooi mes. Kan ek maar vir my mesmaker die foto aanstuur?
Hy moet presies so een vir my maak
Hoe lank is die mes en hoe breed op sy breedste punt
Dankie
Groete

Re: Neil Schutte

Posted: Mon Jul 21, 2014 3:43 pm
by DWB
Rommel is ongelukkig in Mosambiek waar ek twyfel of hy selfoon kommunikasie het