Page 1 of 1

Toringkerk Paarl MARKietie - Skyfskiet

Posted: Tue Mar 18, 2014 8:21 am
by hennief
More manne

Ons Vader het dit goed gedink om my vanjaar in beheer van ons kerk se basaar, MARKietie soos ons dit nou gedoop het, te plaas. Een van die idees wat ons wil toets is om skyfskiet aan te bied om meer kinders en pa's te lok en dit 'n familie dag te maak. Ek onthou dit was altyd vir my die top punt van die basaar toe ek laaitjie was.

Ons het twee baie bekwame manne met so 8 windbukse tussen hulle in die kerk wat die event vir ons reel en sal seker maak dat veiligheid aan die orde van die dag is. Waar ek hulp nodig het is met die volgende:

1.) Hoe stel julle voor bepaal ons 'n wenner? Lucky draw, punte???
2.) Wat is 'n billike prys om te vra om deel te neem?
3.) Pryse. Ek staan met my hoed in die hand! As daar enige iemand is wat dalk vir ons kan help met 'n goeie eerste prys, ek het gedink 'n windbuks al is dit 'n cheapie, sal ons dit baie waardeer. Selfs al kan ons goeie aflsag kry sal dit reeds baie help.

Ek is in die transport bedryf, so as iemand kan help sal ek reel dat pryse opgetel word.
PM my gerus indien julle kontakbesonderhede nodig het.

Groetnis

Hennie

Re: Toringkerk Paarl MARKietie - Skyfskiet

Posted: Tue Mar 18, 2014 11:03 am
by Gawie(13mm)
Hennie, die teikens is gereel. Sal netnou foto plaas.

Groetnis,
Gawie.

Re: Toringkerk Paarl MARKietie - Skyfskiet

Posted: Tue Mar 18, 2014 11:09 am
by hennief
Thanks Gawie, waardeer dit baie!

Re: Toringkerk Paarl MARKietie - Skyfskiet

Posted: Tue Mar 18, 2014 8:09 pm
by Gawie(13mm)
IMG-20140318-WA0000.jpg

Re: Toringkerk Paarl MARKietie - Skyfskiet

Posted: Wed Mar 19, 2014 7:20 am
by hennief
Dankie nogmals Gawie

Dit lyk na m@er baie fun daai...

Re: Toringkerk Paarl MARKietie - Skyfskiet

Posted: Wed Mar 19, 2014 10:34 am
by Capt. Yoda
Hennie as jul nog tykens nodig het ek het n klompie sulke spinning targets wat ek vir jou sal stuur as jul hul soek.


http://www.gr8fun.net/AirgunTargets/images/HFT2025Double.jpg

Re: Toringkerk Paarl MARKietie - Skyfskiet

Posted: Wed Mar 19, 2014 11:19 am
by hennief
Baie dankie vir die offer. Ek vergader gou weer volgende week met die manne en sal jou laat weet of hulle kans sien vir meer teikens. Mens sukkel maar altyd om hande te kry om te kom help, so die twee oompies wil nie te groot groepe gelyk hanteer nie agv veiligheid.
Waardeer die hulp baie!