Page 1 of 1

Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:10 pm
by Ralph Badenhorst
Goeie naand manne

Soos sommige van julle al op ander drade gesien het was ek besig om n nuwe pasmaak kolf te maak vir n Steyr Mannlicher 9.3x62. Ek't na n paar jaar van bos lewe/ wildvang / Anti poaching en resevaat bestuur besluit om by ons familie besigheid as vakleering te begin onder die valk oe van die ou ballies daarso. Maklik genoeg het hulle my in die diepkant in gegooi en my eerste taak (met leiding van die outoppies) was om n nuwe kolf te maak vir die Steyr. Die mees stresvolste oomblik was toe ek daai geweer moes glass bed en paar ure daarna release - agv die plastiek parte is die kaans vir die glassbed om vas te sit baie goeden - dan breek mens daai plastiek magasyn sommer mooi in n paar stukke

Die olie afwering word met die hand gedoen en hierdie afwerking het my so 15 dae geneem. Ons moes ook n tiepe van n recoil lug in die kolf inbou sonder om die kolf te verswak die staal recoil lug word met swartivoor afgewerk en die 2 swart tips is buffel horing. Die checkering is 22 lyne per duim en is met Schaftol behandel. Die metaal werk is als met die hand gepoleer tot 3000grit en hoe gloss geherblou

Oja daar is ook n recoil kwikbuis geinstaleer - ek't daardie een n vermy - moet eers kan kryp voor jy kan vlieg.


Groete en geniet

Ralph jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/steyr%20man%20fin/S16_zps4ef6645e.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/steyr%20man%20fin/S17_zps28f174c6.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/steyr%20man%20fin/S19_zpse5a4c992.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/steyr%20man%20fin/S18_zps950e3949.jpg[/image]

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:11 pm
by Ralph Badenhorst

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:12 pm
by Ralph Badenhorst

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:13 pm
by Carel Kolesky
Beautiful!

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:14 pm
by Ralph Badenhorst

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:14 pm
by Ralph Badenhorst

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:29 pm
by Flip Nel
Baie Mooi dankie vir die Foto's

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:56 pm
by Darrylth
excellent work. Well done

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Tue Mar 25, 2014 6:58 am
by BRNO (Pierre)
Hel julle manne toor met die roere! baie knap gedoen.

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Tue Mar 25, 2014 7:19 am
by Katefbessie
Ralph wat vra jy om 'n pasmaak kolf te bou as die klient self die blank voorsien?

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Tue Mar 25, 2014 7:23 am
by BennieO
Whow, die is netjies.

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Tue Mar 25, 2014 7:34 am
by Hilux01
Ai

Eendag as ons groot is

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Tue Mar 25, 2014 7:36 am
by hennief
More Ralph

Welgedaan, baie mooi kolf daai. Hoop nie jy gee om nie, maar aangesien ons op die topic van Steyr Mannlichter's is.
'n Vriend van my (met diep sakke) is mal oor die gewere en is op soek na een met die classic blue afwerking.
Volgens hom word hulle nie ingevoer nie? :-\ Is dit moontlik om so afwerking aftermarket te laat doen?
mannlicher_classic_blue-detail3_01.jpg
20503c90b1.jpg
8YAON.jpg
Groete

Hennie

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Tue Mar 25, 2014 11:41 am
by Ralph Badenhorst
Katefbessie wrote:Ralph wat vra jy om 'n pasmaak kolf te bou as die klient self die blank voorsien?
Goeie dag

Ons vra R 8900 - dit sluit recoil pad, checkering ivoor en bedding in.

Groete

Ralph jr.

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Tue Mar 25, 2014 11:47 am
by Ralph Badenhorst
hennief wrote:More Ralph

Welgedaan, baie mooi kolf daai. Hoop nie jy gee om nie, maar aangesien ons op die topic van Steyr Mannlichter's is.
'n Vriend van my (met diep sakke) is mal oor die gewere en is op soek na een met die classic blue afwerking.
Volgens hom word hulle nie ingevoer nie? :-\ Is dit moontlik om so afwerking aftermarket te laat doen?
mannlicher_classic_blue-detail3_01.jpg
20503c90b1.jpg
8YAON.jpg
Groete

Hennie
Goeie dag Hennie

Ek't laasjaar so geweer by HUNTEX gesien - ek kan nie onthou by watter uitstaller nie. Dit is defnitief moontlik - ek sal hierdie week gou vir jou n Mauser aksie doen sodat jy kan sien hoe dit lyk. EK moet jou waarsku dat daardie Finish baie swak is en glad nie so sterk soos konvensionele herblou is nie.

Van wat ek weet is die proses gladnie soos Steyr dit bemark nie - die parte mag dalk verhard wees maar die oppervlak kleur vergaan vinnig

Groete

Ralph jr.

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Tue Mar 25, 2014 12:09 pm
by hennief
Dankie Ralph

Ek dra die boodskap oor.

Groete

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Tue Mar 25, 2014 2:12 pm
by Akkedis
Ralph jr, sjoe dis ñ pragtuk.

As jy nie omgee nie kan jy asb vir ons die olie proses stap vir stap verduidelik soos die leeu loop. Ek beoog om ñ restorasie projek aan te pak en hoop om dieselfde resultate te kry. Dit lyk of jy die proses bemeester het, welgedaan.

Luister graag
Groete
Akkedis

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Wed Mar 26, 2014 6:33 pm
by rudib
Goeie werk Ralph!!

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Sun May 25, 2014 7:45 am
by Marius Botha 10
Goeiee werk, baie mooi!!!!!!!!!!!!!!!!!11

Re: Pasmaak Steyr Mannlicher 9.3x62

Posted: Wed Jun 18, 2014 6:27 am
by Mauser browser
Dis n kuns. Baie mooi Ralph