Page 1 of 1

Indian myna noodroep

Posted: Tue Feb 01, 2011 1:42 pm
by Michiel(MCR)
Hi julle,

Wel ek het baie goeie terugvoering gekry van die klank, hy werk soos n.......... :-X
Ek stel net voor as julle nog beter resultate wil he dan moet jy gebruik maak van myna decoy.......... :laugh:

Groete.
Michiel.

https://www.dropbox.com/s/pxyyu1jg730lw ... 0myna1.mp3

Re: Indian myna noodroep

Posted: Tue Feb 01, 2011 1:56 pm
by Gerhard
Mooi man,

Skiet die 1st Mina en gebruik hom vir decoy vir die res van die dag...

Re: Indian myna noodroep

Posted: Tue Feb 01, 2011 2:13 pm
by Michiel(MCR)
Jip, nou soek ek nog net formalin.......... ;D

Re: Indian myna noodroep

Posted: Tue Mar 08, 2011 6:46 pm
by James Wilson
nou wanneer kry ons die roep?

Re: Indian myna noodroep

Posted: Tue Mar 08, 2011 7:12 pm
by Michiel(MCR)
stuur my jou e-mail ad en ek mail dit vir jou mater.

Re: Indian myna noodroep

Posted: Fri Mar 18, 2011 1:40 pm
by Pvdw
Het gister die call by Gerhard gekry-Dankie gerhard! ;D-. Gaan hom Maandag opdie kerrie kraaie probeer. Hou julle op hoogte.

Peet

Re: Indian myna noodroep

Posted: Fri Mar 18, 2011 1:59 pm
by BLOK
Peet

Almal het nou al die roep maar steeds sien ek niks resultate, ek hoop na die naweek kan jy vir ons bewyse dat hy werk opsit.

Blok.

Re: Indian myna noodroep

Posted: Fri Mar 18, 2011 2:14 pm
by PRIVATE RYAN
Werk nie vir my nie.

Jy kan sien dit trek hulle
aandag, maar dit is dit.

Dit trek nogal mense se aandag
baie goed.

Re: Indian myna noodroep

Posted: Mon Mar 21, 2011 7:02 pm
by Pvdw
Nee ek moet met PR saamstem. Die lawaai maak nie eers dat die kerrie kraaie hulle koppe optel nie.

Het hom vandag uitgesit langs 'n Myna wat ek vro?er die dag geskiet het. So rukkie gewag en begin speel.
Daar was so 5 ander op die sokker/speelveld gewees en hulle het minder as 30m v?r rustig loop en kos soek, nie eers in die caller se rigting gekyk nie :P :P

Die bure het wel later kom kyk wat gaan aan en dis al.

Gaan later weer probeer.

Peet

Re: Indian myna noodroep

Posted: Mon Mar 21, 2011 7:57 pm
by Spanner
Die roep het ook nie by my die gewensde uitwerking gehad nie.  'n Maat van my het 'n mak Mynah gehad wat hy so paar woorde geleer het, amper soos 'n pappegaai of kokketiel.  Nou wonder ek, as die voels so slim is dat hulle kan "praat" moet daar seker baie geluide wees vir verskillende situasies.  Miskien is die roep wat ons gespeel het 'n uitk@k of so iets en nie die regte "distress, kom help my" roep nie. 

Re: Indian myna noodroep

Posted: Sun Feb 10, 2013 10:55 am
by Michiel(MCR)
Michiel(MCR) wrote:Hi julle,

Wel ek het baie goeie terugvoering gekry van die klank, hy werk soos n.......... :-X
Ek stel net voor as julle nog beter resultate wil he dan moet jy gebruik maak van myna decoy.......... :laugh:

Groete.
Michiel.

https://www.dropbox.com/s/pxyyu1jg730lw ... 0myna1.mp3

Ek hoop hierdie sal julle help....... ;)

Re: Indian myna noodroep

Posted: Sun Feb 10, 2013 2:33 pm
by Marc
MCR/Gerhard kan jy vir my aanstuur dat ek kan toets. Ek het nou nou net een aangekeer gekry deur hom mooi deur die een vlerk te klits. Bogger het al skreeuend deur die muur na die buurman gevlug, voor ek hom kon bykom. Nou sit daar omtrent tien van hulle en koggel my uit die bure se werf. Maak my die @#$%^% in. As ek daai klein wetter kon inhaal het ek vandag skoonskip gemaak.

Ek hoop jou klank kan help, die goed is vervuil hier.

vdmerwejm by gmail.com

Dankie ;)

Re: Indian myna noodroep

Posted: Sun Feb 10, 2013 7:04 pm
by Michiel(MCR)
Marc wrote:MCR/Gerhard kan jy vir my aanstuur dat ek kan toets. Ek het nou nou net een aangekeer gekry deur hom mooi deur die een vlerk te klits. Bogger het al skreeuend deur die muur na die buurman gevlug, voor ek hom kon bykom. Nou sit daar omtrent tien van hulle en koggel my uit die bure se werf. Maak my die @#$%^% in. As ek daai klein wetter kon inhaal het ek vandag skoonskip gemaak.

Ek hoop jou klank kan help, die goed is vervuil hier.

vdmerwejm by gmail.com

Dankie ;)
Hi Mac,

Werk die link nie ? maak net seker en laat weet my, ek het hom getoets en hy werk.
roer hulle ;D

Re: Indian myna noodroep

Posted: Sun Feb 10, 2013 7:21 pm
by Marc
Het hom afgelaai gekry dankie, het nooit eers na hom gekyk nie, jammer ;)

Gaan hom more probeer ;)

Re: Indian myna noodroep

Posted: Wed Feb 13, 2013 10:10 pm
by De beer
Ek skiet die naweek n jong mynah hier byi huis. Maar kwes hom net so dat hy nie kan vlieg nie. Ewe skielik gaan daai jong mynah aan die skree. Die volgende oomblik lyk dit soos n bende mynahs wat opdaag. Skiet toe nog 2 toe is die die res bietjie meer skrikkerig. As ek daai klank kon opneem sou ons hulle lekker kon inroep. Dalk maar weer ene kwes en n opnemer naby he

Re: Indian myna noodroep

Posted: Tue Sep 09, 2014 1:51 pm
by RUPERT
Ek het ook al die klank probeer maar vind dat die call baie goeie reaksie het op die geel vinke.Nou en dan sal jy n Myna kry wat net sy nek strek en luister maar dan dadelik weg vlieg.

In roep nee hy werk nie vir my nie.