Page 1 of 3

Jakkals Gesels.

Posted: Wed Mar 26, 2014 10:25 am
by BLOK
Ek het so rukkie terug n bekende man se kursus materiaal onder oe gekry. Daarin n paar dinge gelees wat vir my baie eienaardig was. Kom ons begin by die een.

Waar sou julle se begin jy lig, windop of windaf, en hoekom, wat sal die redes daarvoor wees.

Re: Waar begin jy lig en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 10:28 am
by G-force
Ek probeer altyd wind af eers begin lig tensy daar bosse/gras ensv baie naby is aan my windop kant.Dan sal ek daar eers lig.Ek lig ook vinnig deur die 360 grade.

Re: Waar begin jy lig en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 10:48 am
by BLOK
Ge

Dit is maar soos ek dit ook het. Jakkals werk altyd wind en sal dus windop eerste inkom. Dit is ook dan waar as jy die jakkals mis hom gaan skelm maak.

Nou wat reken jy onder die stelling van "eerste windaf lig om jakkals deurmekaar te maak."

Re: Waar begin jy lig en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 11:05 am
by Cobus(Cobb)
BLOK wrote:Ge

Dit is maar soos ek dit ook het. Jakkals werk altyd wind en sal dus windop eerste inkom. Dit is ook dan waar as jy die jakkals mis hom gaan skelm maak.

Nou wat reken jy onder die stelling van "eerste windaf lig om jakkals deurmekaar te maak."
Blok, check net jou winop/windaf...jy en Ge doen dieselde maar praat verskillend..

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 11:38 am
by Gernie
Afhangende van plek, sal ek dooi grond meer lig en dan wind af kant.

Re: Waar begin jy lig en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 11:52 am
by BLOK
Cobus(Cobb) wrote:
BLOK wrote:Ge

Dit is maar soos ek dit ook het. Jakkals werk altyd wind en sal dus windop eerste inkom. Dit is ook dan waar as jy die jakkals mis hom gaan skelm maak.

Nou wat reken jy onder die stelling van "eerste windaf lig om jakkals deurmekaar te maak."
Blok, check net jou winop/windaf...jy en Ge doen dieselde maar praat verskillend..
Cobus ek bedoel hiermee dat die jakkals windop gaan werk maw aan jou windaf kant.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 11:54 am
by BLOK
So wat dink julle van die stelling dat mens windaf moet eerste lig omrede dit n jakkals erg deurmekaar maak.

Met die klem op die jakkals deurmekaar maak.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 12:13 pm
by johans
jy gaan jouself nou deurmekaar maak ;D

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 12:28 pm
by G-force
BLOK wrote:So wat dink julle van die stelling dat mens windaf moet eerste lig omrede dit n jakkals erg deurmekaar maak.

Met die klem op die jakkals deurmekaar maak.
Jou windaf?Hoekom sal hy deurmekaar word?

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 1:00 pm
by BLOK
Ge ek weet nie, die man se kursus materiaal reken so toe dog ek julle kan my daarmee help.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 1:08 pm
by Louis102
Verstaan nie die "deurmekaar maak"-gedeelte so lekker nie, maar dink dis goeie praktyk om eerste deur jou windaf kant te lig en dan antikloks-gewys deur 360 grade in die rondte te draai teen 'n relatief vinnige spoed (as jy regsom skiet). Antikloks-gewys, omdat die teleskoop en geweer dan nie jou uitsig sal belemmer soos jy draai nie en relatief vinnig om enige "flash" elders op te tel. Ek sal as 'n reël ook meer as een keer in die rondte lig.

Ek dink egter nie dis doodsake as jy dit effe anders doen nie. Dis net dat windaf die "gevaarlikste" gedeelte is en dat ek heel eerste wil weet of daar nie dalk jakkals(e) in daardie gedeelte van my skootsvak is.

My stukkie slimmigheid vir die dag.

Mooiloop
Louis

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 1:12 pm
by BLOK
Louis dit is maar soos ek ook nog altyd redeneer het. Ek kan ook nie dink wat het dit te make met n jakkals deurmekaar maak nie.

Hou hierdie spasie dop ek gaan nog so paar stellings aanhaal wat nie vir my mooi sin maak nie.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 1:25 pm
by Mac
Blok,

As die ou is wie ek dink dit is, dan is omtrent die hele kursus onverstaanbaar, of andersins, onverklaarbaar. Daar word ook 'n paar stellings gemaak wat jou net jou kop in wonder laat skud.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 2:03 pm
by Alwyn
Ek wil ook leer hoe om n jakkels deur mekaar temaak.......

Blok ek lees graag die res van die stelings.....

:laugh:

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 2:10 pm
by BLOK
Right!

So ek het nou paar manne se aandag.

My tweede stelling vraag is.

n Helper sal terug gehou word om aan te bly om die volgende werpsel te help met grootmaak en kos aandra, tot die ouer paar hulle verjaag. So helper sal terug gehou word indien daar genoeg voedsel in die gebied is.

Nou my vraag is, sal n stel slegs n helper hou in goeie kos areas?

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 2:18 pm
by marno
Klink na 'n interresante kursus daardie. LOL

Helper sal mos baie meer waardevol wees vir die stel in area's wat kos min is?

Soos wat my kop redineeer sal ek sê as die stel 'n helper het sal dit wees om kos aan te dra ongeag of daar genoeg voedsel is in die area of nie?

Dalk sit ek die pot mis.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 2:35 pm
by BLOK
As ek nog een stelling vir eers kan aanhaal.

Die rede hoekom jakkals getalle toeneen is onder andere.

-Verwydering van top predatore
-Werpsels vergroot hoe meer n jakkals bedreig word
-Wyfies word meer vrugbaar agv verhoogde druk op die spesie
-Nie dominante tewe word vinnag vrugbaar agv dominantes wat vrek. (ek neem aan agv skiet)

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 2:36 pm
by G-force
BLOK wrote:As ek nog een stelling vir eers kan aanhaal.

Die rede hoekom jakkals getalle toeneen is onder andere.

-Verwydering van top predatore
-Werpsels vergroot hoe meer n jakkals bedreig word
-Wyfies word meer vrugbaar agv verhoogde druk op die spesie
-Nie dominante tewe word vinnag vrugbaar agv dominantes wat vrek. (ek neem aan agv skiet)
Al daai klink soos greenie talk vir my.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 3:19 pm
by Alwyn
Eish..... en jy se die man loop en verkondig die stellings op kursuse...

Gan jy aan die einde vir ons se wie dit is of gan ons n kompitiesie hou om teraai wie dit is.... Daar kom so 2 name by op....

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 3:27 pm
by BRNO (Pierre)
Ek is ook nou nie n jak jagter nie, maar die man klink my het meeste van sy opleiding by 50/50 gekry. Die stellings van vermeerder ens, was verseker al op n 50/50 program.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 3:46 pm
by jamalley
Ek persoonlik volg hierdie gesprek met groot aandag, want ek aanvaar dat die kundiges vir ons, met ondersteuning van feite/wetenskaplike studies en die derglike, die korrekte en ware weergawe gaan gee.

Ek sien nog geen antwoord wat daai man se weergawe/opinie oor die rede hoekom jakkals getalle toeneem weerle nie??

As die man 'n jakkals roep en skiet/jag kursus aanbied is hy beslis nie 'n "greenie" nie, dalk onkundig op sy vakgebied, maar ek wag om bewyse te sien.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 3:55 pm
by G-force
jamalley wrote:Ek persoonlik volg hierdie gesprek met groot aandag, want ek aanvaar dat die kundiges vir ons, met ondersteuning van feite/wetenskaplike studies en die derglike, die korrekte en ware weergawe gaan gee.

Ek sien nog geen antwoord wat daai man se weergawe/opinie oor die rede hoekom jakkals getalle toeneem weerle nie??

As die man 'n jakkals roep en skiet/jag kursus aanbied is hy beslis nie 'n "greenie" nie, dalk onkundig op sy vakgebied, maar ek wag om bewyse te sien.
Die verwysing na "greenie" is omdat daai selde redes oor en oor gebruik is deur anti-jakkals jagters as "bewys" dat skiet nie n opsie moet wees nie.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 4:05 pm
by BLOK
Ek hoor nog niks van waar julle met die man saamstem en of nie.

Hier is nog n stelling.

Jy mag nie rook tydens jag nie.

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 4:08 pm
by BLOK
Alwyn, nee ek glo nie ek sal die naam bekend maak nie. Is elkgeval nie van een van die manne op die forum wat kursusse aanbied nie.

Self was ek ook nog nie by die man vir n kursus nie maar haal die sleg aan uit sy kursus materiaal wat hy uitdeel tydens so kursus.

Ek kan ook nie se die man is reg of verkeerd met sy stellings nie, maar sal bloot ander se insette op stellings deur hom gemaak wardeer

Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.

Posted: Wed Mar 26, 2014 4:09 pm
by Alwyn
BLOK wrote: Hier is nog n stelling.

Jy mag nie rook tydens jag nie.
Mmmmmm en hy se ook seker dat jy nie jou klere in gewoone was poeier moet was nie...... en dat jy jou self met sunlight se koekie seep moet was voor jy gan jag.....