Page 1 of 1
Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Tue Feb 01, 2011 3:18 pm
by DawieKotze
Na ?n paar jaar se gesukkel, kon ?n vriend van my uiteindelik sy erf gewere uit Namibi? wettig hier in SA kry en lisensieer.
Ek was Saterdag bevoorreg om een van hulle saam met hom te skiet!
Dis ?n Sauer 80 in kaliber 9.3 X 64 Brenneke, met ?n Zeiss (3 ? 10 x 52) teleskoop wat met clip-on mountings vas kom. Dit op sigself is meesterlike vakmanskap en gee 100% repeatability. Baie mooi graveer werk!!
Vervangings waarde word geskat op so R100 000.00!!!
Tussen ons twee kon ons met RWS se DK 225 gr patrone gemaklik 45mm groepe skiet. Een groep was selfs 35mm. Ek glo met bietjie rond speel en herlaai kan die geweer nog sommer mooi skiet!!
Hiers paar fotos. Mooi n??
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Tue Feb 01, 2011 3:20 pm
by DawieKotze
Nog fotos...............
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Tue Feb 01, 2011 3:33 pm
by 300Winmag
Mmmmm

Dis mooi !!
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Tue Feb 01, 2011 3:46 pm
by BLOK
Mensig maar daai is vir jou mooi, ek sal nie met so geweer kan skiet nie is vir my net te mooi.
Blok
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Tue Feb 01, 2011 6:17 pm
by 243Songdaug
Makadu.
Voorwaar 'n mooi geweer - baie geluk! Weet darem self nie of ek dit oor my hart sou kry om so 'n mooi gereedskapstuk te gebruik nie.
Groete.
Jaco
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Tue Feb 01, 2011 9:19 pm
by Pvdw
Dis lekker om sulke vakmanskap te sien.
Geniet hom!!
Peet
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Wed Feb 02, 2011 7:42 am
by DawieKotze
Alhoewel hy baie mooi is, het daardie geweer baie gewerk en gaan ook nog baie werk. My vriend se Pa en nou hy, glo nie dat 'n geweer net in die kas moet staan en mooi lyk nie.
Hierdie spesifieke kaliber se ballistiek is ook baie indrukwekkend en na my mening op par en self beter as die .375 H&H Magnum. Gaan lees maar! Met handladings behoort mens baie maklik sub MOA groepe te kry. Hierdie spesifieke geweer het by verskeie skietkompetisies in ou Suidwes al 'n paar bekers gewen!
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Wed Feb 02, 2011 12:43 pm
by James Wilson
op watse afstand het jy en jou vriend groepering geskiet. ek vra maar want ek sien my vriende met die groot kalibers skiet op die 80yards groeppe. ek dink net daar is jou groep klaar 10mm kleiner.
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Thu Feb 03, 2011 9:27 am
by DawieKotze
Jagbeheb!
Jong as ek van groepering praat, is dit maar altyd op 100 meter. Ek dink dit is die internasionale norm (tensy jy 'n Amerikaner is en van jaarts praat! LOL)
Hierdie roer se trajek is mooi plat vir 'n groot kaliber en v?r skote is baie moontlik met hom! Hyself vertel van elande op 300 meter - maar dan moet 'n man maar die trajek mooi ken. Ek dink met die 225 gr val hy so 30" met 'n zero op 100 meter. Die optimum zero vir die 225 gr's is 180 meter. Ek is nie seker wat die MPBR dan sal wees op bv elande nie.
Iemand anders wat dalk kan help met julle ballistiese programme?
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Thu Feb 03, 2011 10:05 am
by kolskoot
Alhoewel hy baie mooi is, het daardie geweer baie gewerk en gaan ook nog baie werk. My vriend se Pa en nou hy, glo nie dat 'n geweer net in die kas moet staan en mooi lyk nie.
Hiermee kan ek saamstem!!! "n mooi geweer wat net in jou kluis staan het nie eens amper die waarde van 'n mooi geweer wat mooi skiet nie!!
Werklik 2 besonderse roere!

Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Thu Feb 03, 2011 8:13 pm
by fanie17
Amper k@---k ek in my broek
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Sat Feb 12, 2011 10:08 am
by Monrique (SJ)
Wragtig n netjiese roer.
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Sun Feb 13, 2011 8:38 pm
by jmb
baie mooi geweer Madako. Jy is reg die 9.3x64 is basies ballisties die 375H&H se tweeling. Dit pas egter nog steeds op 'n standaard aksie. Dit is egter skaars en ammo en doppe ook. Hy is ook geneig tot "doughnuts" maar dit is voorwaar 'n lekker kaliber.
Re: Nog 'n baie besonderse mooi geweer.
Posted: Mon Feb 14, 2011 8:22 am
by Frederik
Baie mooi roer nou moet hy net gaan mooi bokke skiet ook.
