Page 1 of 1

Fotos van skietstoele asb

Posted: Wed Apr 02, 2014 8:49 am
by mariojacobs1
As ek mag vra kan die manne dalk fotos plaas van hulle skiet stoele
Ek wil graag een bou en sal dit waardeur as julle my tegemoed sal kom
me die informasie
Baie dankie
Mario

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Wed Apr 02, 2014 10:20 am
by musgrave270
Môre Mario

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=77&t=81

Ek weet nie of die link werk nie, maar hier het die manne redelik stoele bespreek. Gebruik die search funksie, ek belowe jou jy sal nog foto's kry

Groete

Ruan

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Wed Apr 02, 2014 12:39 pm
by Kalahari
Mario

Hier is myne vir wat dit werd mag wees. Die stoel is darem redelik ernstig getoets laasweek en alles het mooi bymekaar gehou.

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=9&t=28658

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Thu Apr 03, 2014 6:39 am
by mariojacobs1
Dankie dit help baie

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Thu Apr 03, 2014 8:11 am
by Kalahari
Plesier Mario, kom wys joune as jy klaar gebou het asb. Dalk help dit weer die volgende man wat wil stoel bou.

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Wed May 14, 2014 8:53 pm
by hennie
My skietstoel, hy is ten volle verstelbaar, my kind van 9 jaar en ek myself wat 1,92m lank is skiet ewe gemaklik daaruit. Ek het die stoel op 'n ou sleepwa skamel monteer wat hom baie stabiel maak. Die hele ding het my R2400 gekos. Die stoel is in drie dele en ek kan hom alleen op my trokkie laai en monteer.

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Wed May 14, 2014 8:58 pm
by hennie
Die krag is reeds gekoppel en als werk mooi.

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Wed May 14, 2014 9:00 pm
by hennie
Nou gaan die jakke gesonde opelyf ontwikkel.

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Thu May 15, 2014 6:37 am
by Henry 7
Hennie
Kan jy gemaklik oor jou dak skiet as jou stoel so laag is?
Ek vra net uit nuuskierigheid want ek dink nie hy gaan oor 'n ding wat 'n diep bak met hoë dak soos bv. 'n Cruiser kan skiet nie maar dalk is dit net die foto wat dit so laat lyk.
Henry

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Thu May 15, 2014 6:51 am
by hennie
Henry, die pote is ook verstelbaar maar soos hy nou is skiet ek gemaklik oor my Ford Ranger se dak.

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Mon Feb 16, 2015 8:34 pm
by An3s
Hier is my skietstoel. Ek het hom onlangs oorgebou. Die pype se buigwerk het ek laat doen die res het ek self aanmekaar geslaan. Na 10 jaar se verander en verbeter het ek finaly 'n lekker skietstoel, wat ek alleen kan op en af laai. Die mat is op 'n 5mm staalplaat geplak en die skeeds pas styf in die bakkie se bak. As ek die klap toe maak is daar geen speling vir die stoel om rond te skyf nie. Daai kantoorstoel slaap so lekker. :o

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Sun Jun 07, 2015 9:54 am
by Jackalsniper
Ja hiers my skietstoel. Eks nog besig om die nuwe een te ontwerp, n paar goed wat ek beter kan maak,maar hy trek darm gereeld sy bloed haha..

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Sun Jun 07, 2015 11:53 am
by Gawie(13mm)
Jackalsniper wrote:Ja hiers my skietstoel. Eks nog besig om die nuwe een te ontwerp, n paar goed wat ek beter kan maak,maar hy trek darm gereeld sy bloed haha..
Erg netjies.
Ek sien jy staan daar op die 500m merk. Haal jy darem die skiet wal van daar af? >:D

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Thu Nov 05, 2015 8:13 pm
by Jackalsniper
Hiers my setup nou met die video kamera wat ek begin toets.

Re: Fotos van skietstoele asb

Posted: Thu Nov 05, 2015 8:14 pm
by Jackalsniper
En my diy camo :laugh: