Page 1 of 1
Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Wed Apr 02, 2014 2:16 pm
by henried
Ek oorweeg om die volgende vir beide my seun en Ruan te doen.
Ek wil A3 teikens maak van die volgende rooibok fotos, sodat hulle met die .22 op dit kan oefen.
Ek dink dit sal hulle help met die skootplasing en veral hoe om dier deur die scope te sien en jou skoot te kies.
Dink julle ek moet hou by die BS skoot, en die ander skote heeltemal vermy?
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Wed Apr 02, 2014 2:37 pm
by mariusr
Toe ek my laaities begin leer het was dit net blad skote vemy die ander!? So jong kind gaan bokkoors kry so hy soek die grootste teiken

later as die mannetjie mooi kan skiet sal ek se gaan vir kop of nek!
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Wed Apr 02, 2014 3:00 pm
by ANDRIES
Ek het my kinders op lewensgroote bokteikens laat oefen.Ek het 'n koppie op 'n wit papier gesit en die sirkel dan op die skietarea geplak.Hulle moes ook die vertikale draad van die teleskoop op die bok se voorbeen sit.Hulle het ook nooit bokkoors gekry nie omdat hulle op teikens geskiet het.
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Wed Apr 02, 2014 3:08 pm
by henried
ANDRIES wrote:Hulle moes ook die vertikale draad van die teleskoop op die bok se voorbeen sit.
Hierdie is juis hoekom ek dit wil doen.
Ek beoog om hulle later op die LS teiken te laat skiet, maar ek het gedink ipv kolle skiet met die .22 moet ek dalk A3 - 50m en dalk A4 - 25m gee om te oefen, juis omdat ek wil hê hulle moet die kruishaar en been ding doen.
Sal sien dalk is A4 te klein...
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Wed Apr 02, 2014 3:13 pm
by FCLoretz
Henrie,
Ek dink die BS is 'n goeie begin punt. Maar ek sal laat hulle nader aan die die tyd op die QA en Frontal teiken ook oefen. Bokke is nie altyd so voorspelbaar dat hulle net gaan BS staan nie.
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Wed Apr 02, 2014 3:43 pm
by Frikkiedbr
Daar is 'n game
https://play.google.com/store/apps/deta ... .deerhunt2 hier kan mens ook diere skiet. Jammer ek Hi Jack dit so bietjie.
Maar dink as mens ook by die skietbaan uit kom kan mens die papier bokkie skiet. En so kan mens leer.
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Wed Apr 02, 2014 3:48 pm
by henried
Ons het games op die Wii ook, maar my probleem is hulle kyk na die kruis haar op die skerm, nie deur die scope met een oog nie.
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Wed Apr 02, 2014 3:57 pm
by henried
Ek het vinnig een gedruk en die A3 lyk na 'n lekker size.
Wil net sê, hierdie fotos is nie myne nie. Dit is fotos wat ek gekry het vir die LCA PVC teikens wat ek wou doen. Van hulle soos Carl sin het sy naam op , maar die ander nie...
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Tue May 06, 2014 11:48 pm
by willemakou
henried wrote:Ons het games op die Wii ook, maar my probleem is hulle kyk na die kruis haar op die skerm, nie deur die scope met een oog nie.
Ek het vir my 2 bulletjies so geweer saam met die Xbox gekry. Leer hulle die basics met dit. Hulle was te klein vir die winbuks op daardie stadium. Het baie gehelp. Skiet my nou met die 410 bangkrot! Probeer hulle gewoond maak aan die skop. Die 'flinch' vir die skoot is nogal belangrik om ook uit te sorteer.
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Thu May 08, 2014 8:38 am
by BLOK
Henrie
Ek het lank terug die stukkie met fotos geskryf oor skootlasing, ek weet nie as jy dalk een van die mods kan vra om die fotos weer te laai. Dit is n uitstekende hulpmiddel om nuwe jagters en selfs manne wat dink hulle is gesoute jagters mooi presies te help waar om op n bok te mik vir n voldoende dood skoot.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... skoot+trek
Hoop dit help jou
Blok
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Thu May 08, 2014 8:46 am
by henried
Baie dankie Blok, ek sal daarna kyk.
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Thu May 08, 2014 8:48 am
by Frikkiedbr
Dankie oom Blok, ek het gaan kyk.
Ek sal kyk as ek die fototjies oor kan laai, as iemand dit nie al reeds doen nie

Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Thu May 08, 2014 8:52 am
by Frikkiedbr
BLOK wrote:Ek sien hier is gereeld manne wat die eerste keer n n bok of n nuwe spesie moet skiet en dan nie weet waar om presies te mik nie. Deur die jare moes ek al heelwat mense help om hulle eerste bok te skiet en het ek n sisteem al ontwikkel vir vinnage skatting waar n skoot geplaas moet word. Nie almal berei hulle altyd mooi voor op n jag nie en om seker te maak die dier dood vinnag moet die jagter weet waar om te mik.
Baie mense het nie skootplasing boeke nie en baie boeke wys altyd die vitals plankdwars of nie n behoorlike foto van die dier nie net die gedeeltes met die vitals. Ek wil nog sien hoe staan n bok elke keer skoot vir skoot plankdwars.
Veral kinders en vrouens wat nie so intens belangstel nie en, of sommer so op n jagtog besluit hulle wil ook skiet is die sisteem voor baie maklik.
Al wat jy doen is on die dier se twee voorbene reguit n streep mee opterk maw vertikaal.
dan vat jy die dier se lyf en deel hom horisontaal in drie en trek n lyn tussen die onderste twee dele.
Nou is dit maklik om te mik tussen die twee voorbene op die horisontale lyn.
Dit is seker nie altyd die heel beste skootplasing nie maar meer as voldoende om die dier te dood.
Soos ek gese het is dit baie maklik om te onthou en uit te voer in die veld.
Baie van die manne wat al saam my gejag het sal weet ek het hierdie stel fotos altyd in my skietsak en dit het my al vele kere gehelp.
Die meer erfare jagter sal hierdie seker nou nie voor so goed help nie en ek weet sekere diersoorte se vitals sit nie presies soos die nie, dan moet daar maar ander planne gemaak word.
http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/Picture7.gif
http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/Picture6-1.gif
http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/Picture5-1.gif
http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/Picture4.gif
http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/Picture3.gif
http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/Picture2.gif
http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/Picture1-4.gif
http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/Picture8.gif
Re: Voorbereiding vir eerste jag
Posted: Wed May 21, 2014 10:43 am
by henried
Sondag is dit ons 2de laaste oefening voor ons vroeg in Julie die jag gaan doen.
Hulle begin nogsteed op die A3 teiken met die .22, oor die stokke en lê.
Sondag gaan ek wel die PVC teiken van 'n rooibok uithaal waarna hulle gaan skiet op 100m, hy is amper "life size".