Page 1 of 1
Musgrave enkel aksie gemaak
Posted: Mon Apr 07, 2014 9:33 pm
by Charles.308
Naand manne
Ek lê net in die bed en wonder watter kalibers is als gemaak in Musgrave enkel aksies.Ek weet van .308 en .243.
Dan watse kalibers het hulle als gebou voor hulle toe gemaak het, nou nie pas gemaak gewere nie meer produksie se kant.
Dankie
Charles
Re: Musgrave enkel aksie gemaak
Posted: Mon Apr 07, 2014 10:57 pm
by Frikkie Coetzee
Enkel aksies? Bedoel ky die RSA?
Re: Musgrave enkel aksie gemaak
Posted: Tue Apr 08, 2014 6:51 am
by Armand Steenkamp
Charles, vir intresanthyd, ek weet van n 338Lapua wat op die RSA anklel skoot gebou is.
Groetnis
Re: Musgrave enkel aksie gemaak
Posted: Tue Apr 08, 2014 7:48 am
by tripodmvr
Ek dink Charles verwys na die oorspronklike kalibers waarin die RSA aksie vrygestel is as enkelskoot geweer.
Re: Musgrave enkel aksie gemaak
Posted: Tue Apr 08, 2014 8:48 am
by Alwin
Daar was verskeie modelle gewere gebou op RSA aksies, en onder die Musgrave handelsmerk verkoop. Die 308 (7,62) "Bisley"-gewere of "Plankgewere" is die bekendste. Hulle was in verskeie modelle en variasies gebou, van baie eenvoudig, tot meer luuks. Ek vermoed dat baie op bestelling gebou is. Dan was daar natuurlik die produksie-jaggewere, met magasyne, wat op die oopgesnyde RSA gebou is. (2 van my vriende het van hulle. 1 'n 243, die ander 'n 308.) En laaste, in die vroeë 90's, was die RSA enkelskoot jaggewere. Hulle was, sover ek weet, in die populêre medium-kalibers beskikbaar. Dit sou 243, 270, 308 en 30-06 wees. Ek is nie seker of daar enige 7mm's gebou is nie. Almal was bekend vir uitstekende akkuraatheid.
Re: Musgrave enkel aksie gemaak
Posted: Tue Apr 08, 2014 7:24 pm
by Charles.308
So as ek dit reg het .308 en .243 op RSA enkelskoot in fabriek (enige ander RSA Enkelskoot aksies gebou deur Musgrave)en ander kalibers met magesyn is 6mm-.243-.270-308-7mm , wat meestal in fabriek gemaak is, behalwe seker nou pas gemaakde gewere in ander kalibers.
Dankie
Charles
Re: Musgrave enkel aksie gemaak
Posted: Fri Jun 27, 2014 2:49 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Ek onthou van toetse in Magnum waar daar enkelskoot Musgrave gewere was en as ek reg onthou op RSA aksies. Die kolwe was meer soos die 6mm Rem wat nou te koop is op die forum en met "stippling" op die greep. Die een was 'n 22-250 as ek reg onthou (wat as ek reg onthou so bestel was) die ander 'n 30-06, maar of die 'n fabrieksmodel was weet ek nie. Moontlik is die loop vervang.
Daardie 30-06 was nog op die voorblad van daardie Magnum gewees as ek reg onthou.