Page 1 of 1
SAVAGE ACCUTRIGGER & ACCUSTOCK
Posted: Sat Apr 12, 2014 6:52 pm
by henning
Hoeveel vertroue het julle in die ACCUTRIGGER en ACCUSTOCK vanaf Savage.
Is daar manne wat vir my julle waarneminge kan deel.
Groete
henning
Re: SAVAGE ACCUTRIGGER & ACCUSTOCK
Posted: Sat Apr 12, 2014 8:38 pm
by Marc
Absoluut puik produkte, ek koop toe oë nog ses as dit vir my beskore is....en dis nie n bemarkings foefie nie. Savage het hulle sokkies hoog opgetrek !!! Boonop het jy Safari se no nonsens backing op hulle produkte ook nog, wat meer wil n man he

Re: SAVAGE ACCUTRIGGER & ACCUSTOCK
Posted: Tue May 20, 2014 8:30 pm
by tgg
Die trigger vat gewoond raak,daarna uitstekend.
Ek weet nie hoekom alle gewere nie accustock is nie.
Re: SAVAGE ACCUTRIGGER & ACCUSTOCK
Posted: Wed May 21, 2014 8:23 am
by Dawie Malan
Henning
Daai accutrigger word verslawend....
Groete
Re: SAVAGE ACCUTRIGGER & ACCUSTOCK
Posted: Wed May 21, 2014 8:29 am
by Eugene
Die Accutrigger werk regtig baie lekker! Natuurlik nie so crisp soos 'n Jewel of ander custom sneller nie, maar vir my meer as genoeg.
Ek is nie mal oor sintetiese kolwe nie, as dit nie hout kan wees nie, dan eerder 'n taktiese kolf, maar ek ondervind nie enige probleme met myne nie.
Stem saam met Marc oor Safari & Outdoor se backing op die produk en het dit al eerstehands ervaar, selfs nadat ek uitgevind het daar is niks fout met die geweer self nie, het hulle steeds gehelp en raad gegee!
Re: SAVAGE ACCUTRIGGER & ACCUSTOCK
Posted: Wed May 21, 2014 11:22 am
by Geno
Eugene wrote:Ek is nie mal oor sintetiese kolwe nie, as dit nie hout kan wees nie, dan eerder 'n taktiese kolf, maar ek ondervind nie enige probleme met myne nie.
Pel van my se VLP DBM .300WSM se laminate kolf het gekraak onder recoil, so ek is nie mal oor hulle nie.
Die HS Precisions, aan die ander kant is awesome!