Page 1 of 1

NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Tue Apr 15, 2014 9:19 am
by Freddie101
Tarkastad NG Kerk Fondsinsameling.

Koop n kaartjie van R100 en staan die kans om die volgende pryse te wen.

Eerste prys = 1x koedoe , 1x rooihartebees, 2x blesbokke, 4x springbokke.( Goeie 1ste prys)

Tweede prys = 1 x koedoe, 2 x blesbokke, 1 x springbok.

Derde prys = 2x blesbokke, 1x springbok.

Trekking sal gehou word op 31 Mei 2014.

Sal as volg werk:

Betaal elektronies die bedrag in.

Stuur email aan my(Freddie) met bewys van inbetaling aan fdup@wol.co.za.

Op jou email moet wees:

Naam en van
ID nommer
Woon Adres
Kontakbesonderhede nl. Huis/werk telefoon nr en sel nr en email adres asb.

Ek sal jou kaartjie invul en afbeelding van kaartjie met nr aan jou stuur per email.

Kontakte:
Ds Lizette Viviers - 045 8460249
082 451 4049

Lalie Kilian 045 846 0469 / 083 994 6796

Freddie of Jale Du Plessis 045 8469307/ 072 018 7736/ 0743693696


Betaal in by

NG kerk Tarkastad

FNB Rek nr : 53850010026

takkode 211120 (Tarkastad)

Tjek rek

Verwysing: Jag en jou naam.



Ek dink dit is goeie pryse.

Biltongtyd is hier. Ondersteun ons asseblief.

As jy meer as 1 kaartjie neem sal ons dit so optel op jou betaling.

Sal voorbeeld van kaartjie posit

Baie Dankie

Freddie

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Tue Apr 15, 2014 9:24 am
by Freddie101
P1080890.JPG
P1080887.JPG
[image

Ongelukkig praat die bogenoemde reels nog van 2013.

Let wel die trekking sal op 31 Mei 2014 geskied so wild kan daarna gejag word.

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Wed Apr 16, 2014 9:35 am
by Freddie101
Lekker jag en lekker biltong hier te kry. ;) ;)

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Wed Apr 16, 2014 12:19 pm
by Jonie
Freddie

Julle reels se die wild moet in 2013 seisoen geskiet word en niks mag oorstaan na 2014 seisoen nie?
Neem aan dis maar verlede jaar se reels wat weer in 2014 gebruik word?

groete

Jonie

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Wed Apr 16, 2014 8:40 pm
by Freddie101
Jonie
Ja.jammer ongelukkig het 2013 se reels deurgsluip. Jy is reg dit is van toepassing op 2014

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:19 pm
by baas
Freddie tot wanneer kan ons kaartjies koop?

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Sun Apr 20, 2014 8:45 pm
by Freddie101
Baas
Dit moet net afgehandel wees voor 30 mei. Dit wil se kaartjies kan tot dan gekoop word.

Groete Freddie

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Sun Apr 20, 2014 9:15 pm
by WILLEBEES
Naand Freddie - in watter area sal die jag plaasvind?

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Sun Apr 20, 2014 9:41 pm
by Freddie101
Alles in Tarkastad. Oos kaap tussen Cradock en Queenstown

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Mon May 12, 2014 8:24 am
by Freddie101
Tyd raak minder en biltong lekkerder ;)

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Mon Jun 02, 2014 9:00 am
by Freddie101
Dankie aan almal wat ondersteun het.

Trekking was Saterdagaand. Pryse was gewen deur die vogende persone.

1Ste Prys - Tienie Du plessis (Steynsburg)

2de prys - Thinus Botha (Tarkastad)

3de prys - J Rossouw (Queenstown)

Groete Freddie

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Mon Jun 02, 2014 8:18 pm
by junglejulian
@oom Feddie
Ek sal maar die geweer moet saamry vir Tienie se troue einde van die maand.Met die nuwe vroutjie sal hy nie by jag uitkom die jaar nie.Ek erg spyt ek het nie kompetisie vroeer gesien nie
Groete

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Mon Jun 02, 2014 8:53 pm
by Freddie101
Wereld is klein Jungle. Nie geweet jy ken hom nie.

Ja die geluk was aan sy kant.

Ons moet bietjie mekaar leer ken by sy troue.

Groetnis

Re: NG Kerk Tarkastad Jag pakkette

Posted: Mon Jun 02, 2014 9:05 pm
by junglejulian
Ons is groot pelle van varsity koshuis dae af.jag en kuier darem gereeld nog saam.gewoonlik kies Tienie die koudste jnaweek van die jaar as ons by hom gan jag.Ek sal kom groet met die troue.ek juis vandag met hom gepraat.hy erg lus om die 270 te laat werk.