Page 1 of 1
300 Win Mag :Giet of Niet?
Posted: Mon Apr 28, 2014 10:54 pm
by Sybrandz
Naandse manne,
Kan iemand my dalk inlig oor die wenslikheid aldan nie oor die giet van koeels vir my 300Win Mag? Ek herlaai self en wil dinge nou verder vat.
Groete
Sybrand.
Re: 300 Win Mag :Giet of Niet?
Posted: Tue Apr 29, 2014 5:14 am
by smitjs
Vir enige geweer kan koeels gegiet word, maar dis nie maklik op hoe" spoed nie.
Die punt is net dat as die spoed van die koeel hoog raak, word die vereistes van die koeel ook hoog.
Dis hoekom doppies agter gebruik word, harder lood, en ook 'paper patching' en koper ringe gebruik word.
As jy koper ringe in giet, sorg net dat dit deur 'n CNC masjien gesny was sodat almal dieselfde weeg.
Ek weet nie waar jy nou sulke ringe kan kry nie.
RCBS en Lyman maak ook gietstukke spesiaal vir 'paper patching'.
Voorspoed!
Re: 300 Win Mag :Giet of Niet?
Posted: Tue Apr 29, 2014 9:12 am
by Sybrandz
Baie dankie vir die inligting. Ek sal dit in gedagte hou. Groete, Sybrand.
Re: 300 Win Mag :Giet of Niet?
Posted: Tue Apr 29, 2014 1:10 pm
by Alwin
Gegote loodkoeëls word gewoonlik teen verlaagde trompspoed geskiet. Die probleem met kalibers met groot dop-kapasiteite, is dat dit baie moeilik is om ligte (stadige) ladings te laai. Die tipiese 30-30 en 7,62 x 39 werk baie lekker met gegote loodkoeëls. 308 kan werk, maar te veel kapasiteit begin al pla. 300WM? Ek dink hy is vir 'n ander doel ontwerp. Kry 'n geweer in een van bg kalibers of kry spesiale doppe met klein interne volume. Die goed is nie algemeen beskikbaar nie, maar word gemaak deur 'n dop uit 'n solide stuk geelkoper te draai. (Baie soos die gedraaide 577/450 Martini Henry doppe.) Die kruit-holte word gemaak deur 'n gat van voor af in te boor, wat dan reguit (paralelle) kante het. Soms word die gat redelik vlak geboor, met 'n baie lang vlamgat ("flash hole"). Sulke doppe hoef gewoonlik nie hervorm ("resize") te word nie, vervang slagdoppie en laai weer.
Maar dis maar net my mening...
Re: 300 Win Mag :Giet of Niet?
Posted: Tue Apr 29, 2014 4:54 pm
by smitjs
Sekerlik 338,
Dis hoekom mieliemeel op die kruit gegooi word of ander vulsels om die dop vol te maak.
Nie almal is suksesvol nie, as dit verkool maak dit die loop vuil.
Die kruit moet ook vinniger ontbrand.
Groete
Re: 300 Win Mag :Giet of Niet?
Posted: Tue Apr 29, 2014 6:54 pm
by alecjohnson
Ek het ook daaraan gedink om dit te doen, maar het bitjie navra gedoen en die slotsom is dis tydmors in die 300WM.
Loodkoeëls is gemaak om teen snelhede van onder 2000fps te beweeg maar kan met gasckecks vinneger gemaak word tot so 2700fps, 300WM is vir 2800-3200fps
Jy gaan ook baie sukkel om gaschecks te kry ( koper doppie wat agter die koeël kom ) as jy kry is dit duur. koop maar eerder goedkoop koels vir rondspeel, myne hornady interlock. en dan goeie koeëls vir jag soos peregrine, GSC of Barnes.
PS enege iets is moontlik, maar nie noodwendig die regte ding nie soos ek wat my 300WM subsonies laai

Re: 300 Win Mag :Giet of Niet?
Posted: Tue Apr 29, 2014 8:41 pm
by tripodmvr
Die loodkoeëls sal werk van 900 tot 1500vps sonder gas checks. Vir subsonies skiet is dit 'n goeie roep - gebruik dan liefs 200 - 220grein om goeie momentum en dus penetrasie te kry.
Re: 300 Win Mag :Giet of Niet?
Posted: Tue Apr 29, 2014 10:06 pm
by Sybrandz
Dankie manne. 'n Groot probleem vir die 300 win mag herlaaier is die klein {kort} nek wat die dop bied. Mens sukkel dan om die gegote koeel reg te "seat" Julle insette is vir my belangrik. Dit sal darem maar lekker wees om jou eie gegote koeel deur 'n BWB se ribbes te jaag. Groete, Sybrand.