Page 1 of 2
Geweer kolf
Posted: Wed Feb 09, 2011 9:29 pm
by Cobus(Cobb)
Nou net by 'n pel gehoor oor hout kolf "afskuur" en bietjie mooi maak...
Ek dink maar aan fyn staalwol en iets soos woodock......??
Enige ander advies alvorens ek als op-bollie??
Re: Geweer kolf
Posted: Wed Feb 09, 2011 10:04 pm
by Monrique (SJ)
Cobb
Ons het al hieroor gepraat.
Gaan na search heelbo en tik in die volgende: 'kolf afskuur', en klik dan op die search knoppie. Jy sal sien dat HVZ die topic begin het' m.b.t sy .308RSA en is onder, Vuurwapens, Algemeen, Help asb. As ek reg onthou.
Laat weet maar as jy nie regkom.
Hoop jy kom reg
Groetnis
SJ
Re: Geweer kolf
Posted: Wed Feb 09, 2011 10:14 pm
by Cobus(Cobb)
SJ
Ek het gekry, thanx chom.
Re: Geweer kolf
Posted: Wed Feb 09, 2011 10:17 pm
by Monrique (SJ)
Plesier, bly ek kon help. Sit asb. Bietjie voor en na foto's op van die job.
Groetnis
SJ
Re: Geweer kolf
Posted: Thu Feb 10, 2011 7:57 am
by James Wilson
cobb, onthou die before and after foto's
Re: Geweer kolf
Posted: Thu Feb 10, 2011 8:12 pm
by Christo
Francois
Wat het van ons blanks geword???
Re: Geweer kolf
Posted: Thu Feb 10, 2011 9:19 pm
by Cobus(Cobb)
Kyk al die krappe en duikies, bietjie swak lig, maar kolf is baie blink van jare se olies en goeters...
Ek het al vanmiddag begin afskuur en duikies met strykyster uitgestoom..(dit werk soos 'n bom ),
sal more in dieselfde lig probeer fotos neem en post soos job aangaan.
Cobus
Re: Geweer kolf
Posted: Thu Feb 10, 2011 9:32 pm
by Monrique (SJ)
Cobus
Jy het n baie besonderse kolf daar, op watse roer pas hy?
Lekker afskuur, jy sal sien as jy klaar is en die kolf lyk weer spoggerig, hoe lekker gevoel dit is, as dit jou eie is.
Groetnis
SJ
Re: Geweer kolf
Posted: Thu Feb 10, 2011 9:40 pm
by Cobus(Cobb)
BRNO 308W 1970, Erfstuk van my pa.
Die rooi en wit "inlay" tussen rubber en kolf ook self gedoen.
Re: Geweer kolf
Posted: Thu Feb 10, 2011 9:50 pm
by Monrique (SJ)
Baie nice, geniet dit.
Groetnis
SJ
Re: Geweer kolf
Posted: Fri Feb 11, 2011 8:07 am
by James Wilson
cobb, daai blink waarvan jy praat, is wat party mense die Franse polish afwerking noem. ek haat dit. ek het self so n 308 wat so gelyk het. die blink begin later so afskilver, dit lyk baie soos vernis. dit is n lekker verrassing as n mens dit eers afgeskuur het.
Re: Geweer kolf
Posted: Fri Feb 11, 2011 9:51 am
by Beyers
Brno Kolwe is vernis, dis tyd wat die vernis vernietig. French polish sou al lankal af gewees het. Dis shelac wat met die geringste water lelike vlekke maak.
Re: Geweer kolf
Posted: Fri Feb 11, 2011 2:32 pm
by Cobus(Cobb)
Kyk nou hoe mooi kom die hout se regte kleur en fyn patrone na vore
Wat maak 'n man met so fyn krakie in die hout (sien mes punt)
SJ, jy noem dit 'n baie besonderse kolf....hoekom??
Cobus
Re: Geweer kolf
Posted: Fri Feb 11, 2011 8:45 pm
by Monrique (SJ)
Cobb
"Kyk nou hoe mooi kom die hout se regte kleur en fyn patrone na vore"
Hier se jy dit dan self, en jou kolf het vir my n mooi vorm.
Groetnis
SJ
Re: Geweer kolf
Posted: Sat Feb 12, 2011 12:11 am
by Cobus(Cobb)
Thanx SJ, enigetips oor die fyn krakie??
ek het gedink om bietjie houtlym of epoxi met inspuiting naald daar te probeer inkry...enige tips van iemand??
Re: Geweer kolf
Posted: Sat Feb 12, 2011 11:57 am
by fanie17
Mens kry veselglas ,resin,wat twee ,resins, is wat jy meng,dit word gebruik om fliegtuie mee te bou,is die beste om n kolf mee te plak.Gebruik gewone verf verwyderaar op die ruitwerk en skrop dandie kolf met n naelborsel in warm water,als sal afkom.Jy kan die ruitwerk weer skoon sny.Ek sou ook n ander,recoil,pad opsit,daai een is nie mooi opgesit nie
Re: Geweer kolf
Posted: Sat Feb 12, 2011 12:04 pm
by Monrique (SJ)
Cobus
Ek weet nie wat jy daar kan doen nie, ek het dit nognie gedoen. Dalk kan Beyers ons bietjie vertel om te doen!
Groetnis
SJ
Re: Geweer kolf
Posted: Sat Feb 12, 2011 7:16 pm
by Cobus(Cobb)
Nee man Fanie ou chom,.... dis my eerste recoil pad ooit opgesit, ek dog dit lyk heel smart,,,,wats fout met hom, ek sal oordoen as ek moet, leer my net eers hoe....ek weet die onderste rubber punt lyn nie op met die kolf punt nie maar ek het dit aspris so gedoen....enige ander dinge wat jy raaksien???
Thanx
Cobus
Re: Geweer kolf
Posted: Sun Feb 13, 2011 10:16 am
by Beyers
Cobb
Dis juis die toon van daardie recoilpad wat die lyne beduiwel, maar as mens van 'n bank af siet is dit 'n pyn. Die krakie - versigtig flippen versigtig dit oopwig en sover moontlik skoonkrap. was met thinners en laat goed droog word sommer 'n paar keer. Verwyder die wig sit paar druppels superglue op. Druk terug in sy plek en hou tot droog. Boor gaatjies van bo kant af in so dik soos tandestokke en druk tande stokkies in met super glue om hom in te hou. Andersyds ken ek iemand wat 'n kolf sal maak.

Beyers
Re: Geweer kolf
Posted: Sun Feb 13, 2011 12:35 pm
by fanie17
Net soos Beyer se n geweer se kof gaan oor n klomp lyne wat noet werk
Re: Geweer kolf
Posted: Sun Feb 13, 2011 1:20 pm
by Cobus(Cobb)
cheers manne, dankie vir alli info...ek post weer 'n paar fotos as die job klaar is..
Cobus
Re: Geweer kolf
Posted: Sun Feb 27, 2011 9:44 am
by Cobus(Cobb)
BEFORE
[img width=285 height=480]
http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0317.jpg[/img]
AFTER
[img width=560 height=335]
http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0013.jpg[/img]
Kleure nou baie meer natuurlik, vlekke staan mooi uit, "checkering" donkerder gelos, nuwe in lyn recoil pad.
Geen meer duikies in die hout nie.
Enige insette van die meesters sal waardeer word.
Groete
Cobus
Re: Geweer kolf
Posted: Sun Feb 27, 2011 9:56 am
by Francois Marais
Cobus
Ek dink hy lyk sommer spoggerig jong, maar nu ja ek is nie n meester nie......
Mooi loop
Francois
Re: Geweer kolf
Posted: Sun Feb 27, 2011 10:13 am
by 243Songdaug
Cobus.
Die kolf lyk sommer netjies man. Daar is min goed so bevredigend as om iets self "reg" oor te doen nie. Die recoil pad lyk nou sommer stukker beter - die lyne vloei mos nou mooi.
Ek sien jy is heel handig met die opsit van 'n recoil pad - volgende keer kan jy dalk 'n Pacmyer Decelarator oorweeg - ek het PD's op al my gewere gesit en vir my lyk en voel dit net reg.
Geniet die Brno.
Jaco
Re: Geweer kolf
Posted: Sun Feb 27, 2011 10:20 am
by Beyers
Sien dis maklik doen dit sommer gou gou.
Welgedaan