Page 1 of 1
Choke vir Mossberg Mod 88 Pomp aksie ?
Posted: Wed Apr 30, 2014 12:47 pm
by WILLEBEES
Goeiedag al die manne.
Kan iemand my dalk van inligting voorsien oor waar ek 'n verstelbare choke vir bg haelpomp kan kry?
Ek weet dat hierdie bale algemeen en goedkoop is in die VSA maar is nie seker van plaaslik nie.
Wie vervaardig so iets, dalk THOR Engineering of kan mens so iets van die rak af koop?
Die pompaksie is vir selfverdediging ontwerp, sonder choke dus is die sprei te groot. Ek wil die wapen ook vir jag van veer wild aanwend en ek benodig 'n kleiner sprei sirkel.
Enige hulp/inligting sal waardeer word.
Groetnis
Re: Choke vir Mossberg Mod 88 Pomp aksie ?
Posted: Thu May 22, 2014 8:56 pm
by tgg
praat met Douw Steyn by Numenor.
Ek het my Maverick daar gekoop, dit sou sonder chokes kom en hulle sou vir my maak, maar die geweer kom toe met chokes.
Jy het nie eintlik n verstelbare een so erg nodig nie, net n modified werk goed, jy moet dan net die regte size lood kry vir wat jy wil skiet
Re: Choke vir Mossberg Mod 88 Pomp aksie ?
Posted: Fri May 23, 2014 10:32 am
by WILLEBEES
Dankie vir die info ou maater.
Het jy dalk die persoon se kontak nommer?
Re: Choke vir Mossberg Mod 88 Pomp aksie ?
Posted: Fri May 23, 2014 11:34 am
by Rasmus
Is jou loop gethread aan die binnekant. Ek het gister n choke gesien by Formalito. Is wel vir n Remington maar glo hy kan werk as die thread dieselfde is?
Re: Choke vir Mossberg Mod 88 Pomp aksie ?
Posted: Fri May 23, 2014 12:54 pm
by WILLEBEES
Hi Rasmus
Dis juis die probleem. Loop is nie aan binnekant ge-thread nie.
Die idee is om die choke te koop en dan na 'n goeie wapensmid te neem sodat die thread in die loop gesny en die choke gepas kan word.
Weet jy dalk wat kos daai choke by Formalito en is dit 'n verstelbare een?
Re: Choke vir Mossberg Mod 88 Pomp aksie ?
Posted: Fri May 23, 2014 12:57 pm
by Rasmus
Ongelukkig nie so opgelet nie. Weet hy is nie verstelbaar nie.
Ralph Badenhorst in Ermelo sal vir jou een kan bou, wat verstelbaar is. Dit gaan jou in die omgewing van R 3500 + kos
Re: Choke vir Mossberg Mod 88 Pomp aksie ?
Posted: Fri May 23, 2014 12:59 pm
by WILLEBEES
Wow! Dis dubbel die prys wat ek vir die haelpomp betaal het (tweedehands)!
Re: Choke vir Mossberg Mod 88 Pomp aksie ?
Posted: Fri May 23, 2014 1:33 pm
by Arnold
Watse lengte loop het jy op die geweer?
Oorweeg dit dalk om nog n loop te kry wat dalk klaar n choke het (dit is wel nog n lisensie)
Re: Choke vir Mossberg Mod 88 Pomp aksie ?
Posted: Wed Jun 18, 2014 6:47 pm
by tgg
Douw - 082 882 4635