Page 1 of 1

Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Thu May 01, 2014 7:50 pm
by Reloader270
Ek oorweeg om 'n knaldemper op my 30-06 te sit. Baie mense raai my af want as jy blykbaar die ding afhaal om geweer skoon te maak, moet jy die geweer eers weer instel. Arms s'n doen dit blykbaar nie. Dan raai ouens my af van enige aluminium knaldempers. Die ouens in Barkley Oos se wêreld het blykbaar 'n kort een wat werk en wat baie ouens op hul gewere het. Ek het die geweer se ladings nou net mooi uitgewerk en getoets. Is dit nodige om laer ladings te gebruik en moet jy alle ladings weer oor uitwerk nadat jy die knaldemper opgesit het? Help my asb met die regte keuse.

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Thu May 01, 2014 8:02 pm
by PWV
Smaak my die ouens wat jou van raad bedien is werlik "kenners"? :confused:

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Thu May 01, 2014 8:29 pm
by johnf
I am typing in English as I am in a bit of rush, I put a suppressor on my .30-06 Howa, best decision, rifle is now much quiter and the recoil is greatly reduced, which all means I am shooting better. Game also seem to be more relaxed after hearing the shot. The only negative is that it makes the gun a bit longer and heavier. Mine is aluminium and gets hot after five or so quick shots so I have to let it cool down a bit. The new metal ones are much better, people say. A great deal has been written on this forum about the best ones available. I'd say get one.

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Thu May 01, 2014 8:45 pm
by Pvdw
270 iemand is besig om jou 'n rat voor die oë te draai. Al wat verander in meeste vah die gevalle is die POI en niks anders hoef aangepas te word nie.

Jy kan en moet die kd gereeld afhaal na skiet en die skroefdraad skoonmaak, As jy hom weer terug si skiet jy net waar jy geskiet het voor die afhaal.

Koop een en kry klaar, dis die beste geld wat jy in 'n lang gaan spandeer,

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Thu May 01, 2014 9:27 pm
by Christo
Pvdw wrote:270. .............................

Koop een en kry klaar, dis die beste geld wat jy in 'n lang gaan spandeer,

En dis die beste raad wat jy gaan kry!

Lees maar hier op die forum, baie inligting en as ek moet saam vat..... Kleiner amper beter as groot, meer baffels is beter, aluminium nie noodwendig ligter of beter as staal, reflex skuif POI lyk my minder, draad sny op geweer die mees kritiese element, alignment is NB.

Ek hoor nou die dag dat die alignment alles is m.b.t POI omdat die afstand aan die kant van die koeel wanneer hy deur die gat gaan kan maak dat meer gas aan een kant verby gaan en hom so vam baan afdruk. Klink logies of hoe.

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Thu May 01, 2014 10:32 pm
by immelmanw
Op Jaracal is daar net een soort silencer, Henk se Silent Buddy! PERIOD.

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Fri May 02, 2014 7:56 am
by Gawie(13mm)
immelmanw wrote:Op Jaracal is daar net een soort silencer, Henk se Silent Buddy! PERIOD.
Beste waarde vir geld sonder fiemies en fieterjasies.
Selfs Oom PW sit sy stempel op die een. ;)

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Fri May 02, 2014 9:20 am
by PWV
Gawie(7mm) wrote:
immelmanw wrote:Op Jaracal is daar net een soort silencer, Henk se Silent Buddy! PERIOD.
Beste waarde vir geld sonder fiemies en fieterjasies.
Selfs Oom PW sit sy stempel op die een. ;)
Reloader, hier het jy nou goeie raad gekry.
Kontak vir Henk ("Silent hunt") hier op Jaracal.
Hy sal die regte KD vir 30-06 aanmekaar sit.

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Fri May 02, 2014 9:39 am
by Chevvy SS
Stempel se ink is op....

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Sun May 04, 2014 4:11 pm
by mossie
hallo

TERMINATOR- GROOT PUNT!!!!!!!!!!!!!!!

MOSSIE

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Sun May 04, 2014 4:57 pm
by BRNO (Pierre)
immelmanw wrote:Op Jaracal is daar net een soort silencer, Henk se Silent Buddy! PERIOD.
Willem, jou antwoord is altyd so half en half, sonder n definitiewe maak wat uitstaan. Vertsaanbaar oor jy groot verskeidenheid verkoop, en natuurlik Safari n pad met Aimzonic stap. As daar wel een van almal in die kluis le vir jou 6XC, watter een sal die een wees wat jy optel vir silhouete skiet, en watter een vat jy baan toe?

Al is dit dan weer net n amper antwoord.

Re: Soek Advies oor Betroubare Knaldemper

Posted: Mon May 05, 2014 7:20 pm
by Maximus
Bitter min van julle beveel Numenor aan. Ek is baie gelukkig met myne. Kan hulle verseker aanbeveel.