Eekhorings

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Zapperxc
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Mon Mar 10, 2014 4:24 pm

Eekhorings

Post by Zapperxc »

Gistermiddag weer by 'n naburige inwoner gaan eekhorings klits en was verbaas (ook moedeloos en kwaad) om te sien hoe dat 'n pekaneutboom wat 'n week gelede nog 'n mooi vrag neute gedra het, se drag nou byna kaal gestroop is. Dit is eintlik maar verwoesting van nie-kommersiele oes. Skiet soveel ek kan maar kry die gevoel daar is altyd nuwe wetters wat die plek inneem van die gevalles. My tyd is ook beperk (2 kleuters).

Die eekhorings waarna ek verwys is die "grey squirrel", 'n uitheemse eekhoring wat saam met die vroeere VOIC handelskepe hier aangekom het. Lees gerus op die web oor die negatiewe ekologiese impak wat hule het.

Elke jaar is dit dieselfde storie met mense wat kla eekhorings dra al die neute weg nadat bome met moeite en koste (snoei, water) deur die jaar versorg is. Het al oorweeg om mengsel van rottegif en pekaneute (fyngekap) uit te sit. Seker nie eties nie. Ek hoor graag hoe mens die plaag beheer behalwe skiet. Let wel - ek glo in plaag bestuur en dit is nie nodig om elke liewe eekhoring te klits nie. Dankie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: Eekhorings

Post by Johan Nel »

Hallo Teuns,
Ek het nie besef daar is van die goed hier in die land nie. Waar in die wereld woon jy? Ek glo nie daar is 'n probleem om die outjies uit te roei nie. Ek weet in ander werelddele het hulle pes status en word hulle geroer.
Waarmee skiet jy hulle en hoe gaan jy te werk om hulle voor te lê?
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Eekhorings

Post by G-force »

My .17HMR se dis sy kos daai.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Eekhorings

Post by PWV »

Benewens die skade wat Zapper hierbo noem, vreet hulle ook al die eiers van die inheemse voëls wat in die bome broei.
In ons straat met sy akkerbome is geen voëls nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7604
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Eekhorings

Post by Arnold »

Windbuks (PCP) met silencer werk ook mooi as hulle nie te vêr is nie.
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am
Location: Koster

Re: Eekhorings

Post by Boskamper »

Sal hulle roer met die pellet. hy is mans genoeg.
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Eekhorings

Post by mariusr »

Die gryseekhoring is via Brittanje uit Noord-Amerika na ons ingevoer weet nie wanneer seker saam met die takbokke daai jare? Tot dusver is hulle slegs beperk tot Suidwes-Kaapland. Het hulle self by tafelberg gesien.Sal intressant wees om te hoor of hulle al verder versprei het!?
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Location: Port Elizabeth/Jansenville

Re: Eekhorings

Post by Tarzan »

Zapper,
Wat ek van jou post aflei is dat jy besef dat skiet net nie n impak het op die getalle gaan he nie.Ek weet waarvan jy praat aangesien ek beheer(as ek hulle kon uitroei sou my oupa my die plaas laat erf het) moes toepas met kalibers wat heeltemal ongeskik was vir seuns van my ouderdom(bloot aangesien die windbuks net nie genoeg eekhorings opgelewer het nie). Daar was sommer maklik dorp toe gery as my oupa net vermoed dat my ammo te min raak. Ek kon egter nie n duik in die getalle maak nie.
By my het ek n probleem met die ape aangesien hulle al die tarrentaal en voel lewe verwoes. Ons maak n punt om met die geweer te ry vir wanneer ons n aap sien.Ek wil ook graag n paar pekane plant en glo dan sal die probleem regtig eers besef word. Sal ook graag by die manne wat al goeie planne uitgedink het wil hoor hoe hulle hierdie eekhorings van jou sou uitroei.
Groete en sterkte
Danie
Zapperxc
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Mon Mar 10, 2014 4:24 pm

Re: Eekhorings

Post by Zapperxc »

Dankie vir die reaksie. In onderstaande deel ek van my leerervarnge. Ek woon op Stellenbosch en skiet nou al so 4 jaar onder die eekhorings. In ons eerste jaar in die huis was hier baie eekhorings wat al die vrugte van 2 pekaneutbome en 2 vyebome opgevreet, versteek en weggedra het. Ek het vanghokkie gebruik, maar gou besef dat dit te min impak het en windbuks (springer) gekoop om te skiet. Met verloop van tyd het familie en bure my gevra om ook by hulle te kom skiet. In die tyd baie geleer, veral oor die belangrikheid van skootplasing en akuraatheid aangesien jy nie gekweste diere in woongebied wil he nie (behalwe dat dit eneties is, gaan dit die groenes erg onstel).

Windbuks kan effektief op eekhorings gebruik word mits kopskote (tussen oog en oor) en hartskote (net agter voorpote) geskiet word. Terwyl die skietafstande eintlik relatief kort is (10-15 m) is die uitdaging nou dat die meeste skote opwaarts is en uit die hand geskiet moet word. Verder leer hulle baie gou dat daar gevaar is en neig om heel bo in die boom te gaan kos soek en vreet. As mens die grts-grts hoor is dit mooi luister waar klank vandaan kom en soek met die oog en scope. Soek dan gerus vir die fyn haartjies van die stert wat oor tak hang en hulle weggee. Dan is dit fyn mik en skiet want die skietarea is maar baie klein. In die laat winter wanneer eekhorings grondlangs skarrel op soek na kos kan mens skiettafel prakseer en sekerlik met .22 met silencer op skiet. Wat mens dan moet doen is om paar pekaneute fyn te kap (heel neute word weggedra) en die stukkies te strooi op 'n plek waarnatoe jy met veiligheid kan skiet - bench rest in jou agterplaas! Indien daar 'n probleem is met eekhorings, is dit juis belangrik om in die laat wintermaande getalle uit te dun. Die erf waar ek laaste paar dae geskiet het, se pekaneutboom is nou totaal gestroop maar dit is te laat om nou die toeloop te keer. Die eekhorings het minder geword maar selfs net 'n paar het steeds die vermoe om groot skade te maak.

Ek sien daar word verwys na die afname in voelgetalle. Ek is nie wetenskaplike nie en het nou nie al die data om my ervaring te bewys nie, maar ek is oortuig dat afname in eekhoring getalle op ons erf gelei het tot styging in teenwoordigheid van voels. Voels wat hulle in ons tuin en bome kom tuismaak het sluit in olyflysters, jan- rederik, kwikstertjies, hoep-hoep, hout kapper, lemoenduifies en selfs 'n uil wat bedags in die boom skuil. Die omgekeerde het ek ook waargeneem by erwe waar ek skiet - groot erwe met struike en bome maar sonder neste en voels. Vreemd. Eintlik moet ons plaaslike owerhede 'n wetenskaplike studie laat doen oor die omgewingsimpak van hierdie uitheemse diertjies.

Om af te sluit - om sukses te behaal geld die basiese beginsels van akuraat skiet, goeie skootplasing, dier se gewoontes ken, pro-aktief skiet en geduld.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1932
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Location: Paarl, Wes-Kaap

Re: Eekhorings

Post by Louis Kriel »

Die Paarl is vervuil met die goed, ek het eers gedink hulle is oulik tot n kollega my gese het dit net n bleddie rot met n wol stert!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Eekhorings

Post by PWV »

Louis Kriel wrote:Die Paarl is vervuil met die goed, ek het eers gedink hulle is oulik tot n kollega my gese het dit net n bleddie rot met n wol stert!
Jy is reg Louis, die goed is vervuil. Die probleem is egter "om te skiet in die dorp".
My ou model windbuks sal net kwes. .22 met subsonic, is bietjie erg.
Groetnis
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Eekhorings

Post by Eugene »

Ek het by Frikkie 'n artikel oor die eekhoring gelees in 'n ou Magnum, dink 1986 of iets... Dit was geskryf deur 'n ou in Engeland wat die goed uit sy tuin en dak wou kry en wat probeer het om hulle ook met 'n windbuks te skiet! Blykbaar maak hulle dieselfde skade as rotte en raak 'n hengse plaag....

Ook nogal 'n slim diertjie en as jy hulle misskiet, kon hulle nie weer na daai voorsitplek toe nie...

Sterkte! Sal dalk 'n goeie idee was as julle die storie kan versprei dat die eekhoring se vel beter werk as renosterhoring....
Aim small, miss small
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1932
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Location: Paarl, Wes-Kaap

Re: Eekhorings

Post by Louis Kriel »

Wat mens nodig het is n ou model no1 bsa met n nuwe veer, of een van daai sterk pcp airgunne. Oom Pieter ek is ook nie bereid om my lisensies te verloor vir n eekhoring nie!
Post Reply

Return to “Crop and other damages/ Oes en ander skade”