Page 1 of 1

Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Sun May 04, 2014 1:02 pm
by James Wilson
Nadat en so twee jaar terug in geen onduidelike terme, my misnoë met die Layman DPS 3 uitgespreek het, het ek in Des 2013, maar weer voor die versoeking geswig, en weer n elekroniese skaal/dispencer gekoop.

Hierdie keer Layman se nuwe Gen 5. Hierdie skaal gebruik slegs 2 min om op te warm in vergeleke met die DPS 3 wat n uur neem. Die skaal het n user friendly touch-screen met n memory wat ladings kan berg.

Ek het n Aircon in my herlaai kamer, en vind dat solank die wind nie op die skaal waai nie, daar geen invloed op die skaal is nie. Ek bedoel om te sê, dat die ac wat aan en afskakel, nie n invloed op die skaal het nie. My selfoon het ook nie n invloed op die skaal nie. Ek het n paar keer gelaai terwyl buite die kamer gras gesny word. Elke keer as die grasnyer start, dan dim die ligte. Ook dit het geen invloed op die skaal gehad nie. Hierdie aspekte het wel n invloed op my DPS 3 gehad.

Ek en n vriend het onlangs vir sy 375 gelaai. Van deprime, prime, kruit gooi en koeël seat- het dit ons slegs n uur geneem om 100 patrone te laai!!!

Ek n paar keer probeer om die skaal "uit te vang", deur die ladings wat dit gooi, op my RCBS 505 skaal te toets. Geen probleem.

Ek het nie baie geduld nie, en was heel waarskeinlik oorhaastig toe ek my DPS 3 verkoop het. Met die aankoop van die Gen 5, het ek my klaar voorberei dat ek waarskeinlik weer frustrasies gaan beleef. Na 4 maande se intensiewe gebruik, kan ek nie een klagte lig teenoor die skaal nie.

Ek het wel gesien dat hy soms 0.1 grn minder gooi as wat ek gestel het. As ek egter daardie 0.1grn lading op my RCBS skaal toets, dan kan ek nie die verskil op die balkie skaal met die oog sien nie. Ek lei dus af, dat die Gen 5 so sensitief is dat hy wel n 0.1 gn variasie kan "sien" wat ek met my blote oog nie op die balkie skaal kan sien nie. Maw sou ek die Gen 5 skaal stel vir 49.5 grn, en hy meet dit af, en ek bevestig dit op die 505 skaal, dan is dit dieselfde. Nou en dan dan gooi die Gen 5 egter 49.4grn ten spyte dat ek dit gestel het vir 49.5grn. Sou ek dan die 49.4grn bevestig op die 505 skaal dan lees dit(505 skaal) dit nogtans as 49.5grn. My afleiding is dus dat die Gen 5 so sensitief is, dat dit kan onderskei tussen variasies, wat nie met die blote oog op n balkie skaal gesien kan word nie.

Ek het ook met die skaal gelaai om gevestigde groeppe gestoets. Die groeppe was dieselfde grote as die groeppe van die RCBS 505 skaal.

Ek besef ek het die skaal nou maar eers vir 4 maande, tog beveel ek die skaal aan. Ek onderneem om enige probleme wat verder sal optel te rapporteer.

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Sun May 04, 2014 1:33 pm
by Kalahari
Dankie James, bly jy kon iets kry wat werk. Jou DPS3 werk nog lekker by my ;)

Wat was die prys van die Gen5 as ek mag vra?

Groete
Johan

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Sun May 04, 2014 1:51 pm
by JAGTERSREG-JRM
James


Ek het ook so n juk wat al weer begin krap. Het jy die skaal getoets met balkruit of stokkieskruit.Soos ek verstaan en kan verkeerd wees gee die tipe van skale soms pyne met stokkieskruit of is ek verkeerd?

Groete

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon May 05, 2014 8:37 am
by James Wilson
Ek het die dag wat ek die skaal gekoop het, bulk aankope gedoen en toe lekker afslag gekry op my transaksie. As ek reg onthou het ek so R3900 betaal.

Kobus, die skaal kom saam met n plastiek proppie wat jy aan die punt van die nossle indraai, en dan kan jy stokkies kruit lekker gooi.

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon May 05, 2014 11:18 am
by MichielC
Goeiemore,

Ek het ook n Layman GEN 5 vir amper n jaar nou al, tussen my en my pel se laai het hy seker al naby indien nie meer as 500 rondtes gegooi, en ek kan rerig nie kla nie, beveel hom beslis aan.

James se beskrywing soos hierbo is 100% akkuraat met hoe ek dit ook bevind. Ek laai 80% van die tyd S365 en sukkel glad nie as die plastiek proppie voor ingedraai word.

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon May 05, 2014 4:11 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dan is dit goeie nuus en sal ,moet dink om een aan te skaf, daai 1 vir 1 lading op elektroniese skaal vat bietjie tyd....

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon May 05, 2014 4:43 pm
by Gian_dP
Kan als beaam wat James en MicheilC se oor die Gen 5. Geen probleme met stokkieskruit nie.

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Sun Oct 19, 2014 10:28 pm
by vergund
Ek gebruik myne nou al amper 2 jaar en met n hele paar duisend rondtes met hom gelaai en nog geen probleem gehad nie!!!!!

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 1:35 am
by Charles.308
Hi James
Ek het nog die DP2 Lyman skaal en vind selfde as jy, met voorbeeld , ek vra 42.5g kruit dan so elke 20 ste een gooi hy 42.6g, dan laai ek hom maar en het nog nooit verskil op skietbaan agter gekom nie.Nou wil ek by julle hoor gooi julle daai ekstra .1g terug of laai julle daai patroon en sal daai een vat 42.6 regtig so groot verkil maak.
My skaal werk mooi, maar MOET eers 30min warm word en geen cellphone.

Dankie
Charles

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 8:31 am
by PWV
Charles
Ek het die Gen 6 en gebruik hom nou 'n jaar lank. Hy gooi in 50% van die gevalle 0.1 gr te min. As ek 42.5 wil kry, gee hy 42.4. Al wat ek dan doen is hou die bakkie onder sy piepie en tik liggies sodat daar nog 3 of 4 korreltjies val, weeg en daar het jy 42.5.
Geeur soms dat hy 0.1 te veel gooi, maar dit is selde. Dan gooi ek 'n klein bietjie kruit terug en laat hom weer gooi.
My resultate op papier, is uitstekend en my spoedmeting deur 'n chrony, dui daarop dat die weegproses baie akkuraat is.
Groetnis

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 8:36 am
by James Wilson
Charles, my ondervinding is maar soos PWV hierbo, myne gooi ook baie keer .1 te min. Soos reeds genoem, sien ek dit nie op die baan of oor die chrony nie, en ook nie met die blote oog op die balkie skaal nie

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 8:58 am
by Rudie
Dankie vir die terugvoer James. Is daar dalk iemand wat vir my kan sê of dit beter is om die Gen5 of Gen6 te koop.

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 9:04 am
by James Wilson
Rudie, ek ken nie die detail van die Gen 6 intiem nie. Ek weet bloot dat dit minder funksies het as die Gen 5. As ek reg verstaan, kan die 6 nie ladings in n memory plaas nie? Ek dink maar so. Ek gebruik so by so nie my Gen 5, se Memory funksie nie. So as dit al verskil is, kan jy maar ernstig die 6 oorweeg, want hy is taamlik goedkoper

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 9:15 am
by MichielC
More,

Dit is soos jy daar se James, die Gen 6 het ook nie die "tricle" funksie nie

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 9:17 am
by PWV

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 10:19 am
by James Wilson
MichielC wrote:More,

Dit is soos jy daar se James, die Gen 6 het ook nie die "tricle" funksie nie
Wat beteken dit?

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 12:02 pm
by MichielC
James Wilson wrote:
MichielC wrote:More,

Dit is soos jy daar se James, die Gen 6 het ook nie die "tricle" funksie nie
Wat beteken dit?
Om klein hoeveelhede kruit in die pan te gooi, tot op die regte gewig wanneer die toestel te min gegooi het. Die pypie draai dan net stadiger.

Hoop dit maak sin

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Mon Oct 20, 2014 12:26 pm
by James Wilson
Dankie, dit nog nooit self gebruik/nodig gehad nie

Re: Terugvoer Layman Gen 5

Posted: Tue Oct 21, 2014 8:32 pm
by MichielC
100% James,

Ek gebruik myne elke keer om dai .1 wat te min gegooi word tot op die be oogde gewig te kry.

Nie dat ek dink dit nodig nie, maar dis maar ek