Page 1 of 1
6.5 x 58 Potuguese Mauser
Posted: Sat Feb 12, 2011 8:18 am
by Frederik
Ek het so ruk terug my lisensie vir die erfstuk geweer opgetel saam met die geweer het ek 15 Kynoch patrone gekry ek weet baie van die gewere is omskep na iets anders is daar enige iemand wat my kan help om vir die geweer te herlaai wat klaar "Dies" het en weet hoe om doppe te maak die geweer is in baie goeie toestand die loop ook.
Dankie.
Re: 6.5 x 58 Potuguese Mauser
Posted: Sat Feb 12, 2011 8:59 am
by Francois Marais
Frederik
Sorry maat, kan jou nie help nie, ek het ook een maar hy is in die laat sestiger jare verander na n 7X57, myne is in besondere goeie toestand, hout baie mooi en die 7mm loop het nie 50 skote geskiet....hoop jy kom reg, ek dink Hein KSV het op n stadium een adverteer hier.
Mooi loop
Francois
Re: 6.5 x 58 Potuguese Mauser
Posted: Sun Feb 20, 2011 2:30 pm
by 300Winmag
Stuur vir Koos Barnard PM en vra hom - sy vriend wat nou in Kanada bly het een gehad en
baie met hom gejag. As Koos dalk vir jou email adres kan gee kan jy dalk info kry
wat jy soek.