Page 1 of 1
Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Fri May 09, 2014 12:41 pm
by Hennie Oelofse
Hi Almal,
Ek hoop iemand kan help.
Ek is opsoek na n lekker jag plek wat goeie biltong pryse op Springbok, Blesbok en Ribbok het.
Ek woon in Pretoria, ek sou verkies om nie langer as 4 - 5 ure te ry nie. Maar ek weet dis nie altyd moontlik nie.
Groete,
Hennie Oelofse
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Fri May 09, 2014 12:44 pm
by win270
Welkom op hierdie forum! Vertel ons lede gerus wat jou belangstellings alles behels. Dan kan ons op die manier sommer lekker aan die gesels raak.
Hennie, gaan loer maar bietjie rond op hierdie forum vir jaggeleenthede. Daar is baie inligting. Koop ook jagtydskrifte soos SA Hunter / Jagter, Wildland, ens waar daar baie inligting hieroor verskyn.
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Fri May 09, 2014 12:50 pm
by Hennie Oelofse
Hi Win270,
Ek en my vrou gaan jag maar gewoonlik in die bosveld, Alldays gebied. Ons het besluit ons soek hierdie jaar n paar springbokke vir die pot. Ongelukkig ken ons niemand met n plaas in die Vrystaat of Kalahari nie.
Ons soek redelik rond, maar het nog nie n plek gesien wat ons oog gevang het nie...
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Fri May 09, 2014 12:55 pm
by win270
Snuffel ook op die webwerf
www.ibookdirect.com rond. Ek is seker ander forumlede sal julle mettertyd van goeie raad kan bedien. "Goeie" pryse bestaan ongelukkig nie eintlik nie - om deesdae te jag, kos maar taamlik. Werk op so ongeveer R25/kg geslagte gewig, dagfooie, akkommodasie, vervoer, ens nie hierby ingesluit nie.
Kyk op die webwerf
http://www.stealthadventures.co.za/Carc ... lator.aspx om aanduiding te kry hoeveel kg verskillende spesies uitslag. Laat weet gerus waar julle uiteindelik reggekom het.
Groete
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Sun May 11, 2014 6:22 pm
by MONTIE
Ry bietjie verder na Murraysburg. Ian Hattingh sal kan help met springbok en ribbok. Ek en my vrou gaan elke jaar soontoe.Sy jag nie en geniet dit steeds.
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Sun May 11, 2014 9:03 pm
by Hennie Oelofse
Hi Montie,
Baie dankie vir jou terugvoering. Het jy dalk vir my Ian se kontak besonderhede?
Hoeveel vra hy min of meer vir Springbok en Ribbok?
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Sun May 11, 2014 9:04 pm
by win270
Oelof, ek glo jy weet hoe ver Murraysburg vanaf Pretoria is . . .
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Sun May 11, 2014 9:11 pm
by Hennie Oelofse
Ja nee, ek glo dit is so 8 of 9 ure se ry. Dis dalk die moeite werd as die pryse goed is...
Ek dink maarnet aan Ribbok in die toekoms, ek het reggekom met springbok, ek is genooi vir n Springbok "cull". Sien nogals uit daarna.
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Sun May 11, 2014 9:38 pm
by win270
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Mon May 12, 2014 7:22 am
by MONTIE
Oelof, Ian Hattingh 0828799233. Laat hy liewers die prys vir jou gee. Netnou maak ek foute daarmee.Ek is tevrede daarmee. Is 880 km vanaf Boksburg met N1.Bly vir my die moeite werd. Weet wat ek kry tov.akkomodasie en etes.Jy sal nie spyt wees nie.
Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?
Posted: Tue May 13, 2014 8:11 am
by Hennie Oelofse
Baie Dankie Montie!