Page 1 of 1
Probleem met windbuks teleskope
Posted: Fri May 09, 2014 6:48 pm
by merwe
Ek het 'n Gamo CFR 4.5mm,en ek het nou al twee teleskope probeer,en nie een van hulle
kan die skok hanteer nie,is daar dalk iemand met dieselfde windbuks wat 'n teleskoop het
wat werk?Gee my asb meer info.Dankie.
Re: Probleem met windbuks teleskope
Posted: Fri May 09, 2014 6:57 pm
by Pvdw
Was beide springer rated?? Indien wel weet ek nie wat om vêrder te sê nie.
Re: Probleem met windbuks teleskope
Posted: Fri May 09, 2014 7:26 pm
by willemakou
Ek het self my dinges af gesukkel met 'n windbuks teleskoop kombinasie! Het later 'n teleskoop gekry wat hou maar die waar die teleskoop mountings aan die geweer vaskom is jou volgende probleem. Die staal mountings het uit die groewe geskeur. Die stopper op die geweer wat keer dat die teleskoop terug skuif het gehou maar waar die voortse mounting vaskom is die groewe m%&r toe. Het die teleskope weggee, 2 gehou vir die .22 en oop visier geskiet met die winbuks. Wil nie jou moed breek nie maar my ervaring met die ding het geleer dat dit jou baie geld gaan kos en jy na 'n jaar of 2 nog steeds gaan sukkel. Ek neem aan die windbuks werk met 'n veer en nie gas nie. Beste vir teleskoop is maar die wat met gas werk aangesien hulle nie die vibrasie/skok het wat die veer modelle het nie.
Re: Probleem met windbuks teleskope
Posted: Fri May 09, 2014 7:50 pm
by LUAN
Watse soort teleskoop is dit wat jy op het? Van die cheap goed gan nie werk op enige ding nie. Die cfr het die cfx vervang en is n spring windbuks. Die recoil van die springers werk teen die scopes. Hoe minder n springer recoil hoe beter vir die scope. Jy kry air rifle rated scopes wat veronderstel is om die recoil van n springer te kan hanteer. Verder moet jy goeie mounts kry met recoil skroewe wat deur die mount in die rail vas druk.
Re: Probleem met windbuks teleskope
Posted: Sat May 10, 2014 7:28 am
by alecjohnson
Ek het vir my gamo 'n gamo 4x30 teleskoop opgesit met gamo ringe die scope was so R600 met ringe ingesluit. werk nou nog.
Re: Probleem met windbuks teleskope
Posted: Sat May 10, 2014 9:13 am
by vriell
Het ook daai probleem gehad.Sit toe ou 4x30 BSA op en is nou al omtrent 2 jaar sonder probleme.Ek dink as jy van die regte ou teleskope met die soliede dik hare kan kry behoort dit ook 'n oplossing te wees.Op guntree is daar baie advertensies van die ou soort teleskope goedkoop.
Re: Probleem met windbuks teleskope
Posted: Sat May 10, 2014 8:33 pm
by Capt. Yoda
Praat met Vince
http://m-ze.co.za/ hy sal jou presies verduidelik wat om te doen.
Re: Probleem met windbuks teleskope
Posted: Mon May 12, 2014 10:06 am
by RUPERT
Capt. Oblivious wrote:Praat met Vince
http://m-ze.co.za/ hy sal jou presies verduidelik wat om te doen.
+1 Hy is n meester op die windbukse
Re: Probleem met windbuks teleskope
Posted: Mon May 12, 2014 2:10 pm
by Gian_dP
Vince sal kan help. Gamo cfr/cfx windbukse neig om n buig in die veer te ontwikkel. Die veer is ook meestal te styf vir akurate skiet. Die terugslag wat die stywe gebuihde veer veroorsaak kan oor tyd enige teleskoop beskadig. Antwoord is om die veer korter te maak of te vervang. Die voorste veergids(tophat) pas meestal ook te los. Sal help om die steel dikker te maak of te vervang met n pasmaak een. Vince vervaardig n pneumatiese "piston" (soortgelyk aan "gaslift" wat n kar se bak/enjinkap help oplig wat dan die veer vervang. Maak wereldse verksil in die skietvermoee van n windbuks. Hy kan ook die sneller vervang.
Kostes hiervoor so R1500, maar sal voel of jy n nuwe geweer het.
Re: Probleem met windbuks teleskope
Posted: Mon May 12, 2014 8:56 pm
by SV MAD (Henk)
Ek het 'n ou tasco 4x40 (japan ene) op, hy loop soos stroop op my springer