Page 1 of 1
Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Wed May 14, 2014 4:36 pm
by DamDuiker
middag manne,
Ek wil graag hoor wat dink julle van die twee bogenoemde gewere, wat is die verskille en watter een sal beter wees om te koop.
Groete
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Wed May 14, 2014 4:58 pm
by Johan van Wyk
Jy kan nie `n fout maak met enige van hulle nie. Die S56 was seker die beste OU aksie wat Beretta ooit gemaak het. Hulle het nog in baie gevalle leaf springs in in plaas van die latere coil springs en was baie mooi afgewerk. Dis die einste roere wat Musgrave destyds op groot maat ingevoer en hier herverkoop het. Die SP1 (SP10, dalk?) is een van Beretta se nuwer roere. Uiteraard is daar niks met hom fout nie maar hy gaan multi-chokes he (ek het twee haelgewere met multi-chokes en ek is nie regtig gek oor die idee nie omdat dit die lope swaarder as nodig maak en logisties meer moeite is - my opinie) en gaan vir kleiduifskiet gemaak wees. Bargain dus maar op meer gewig as die S56 (veral na `n dag se loop agter fisante en tarentale aan) en gespesialiseerde kolf dimensies (skerp greep, swaarder fore-end, ens).
Pryse behoort redelik te verskil op die twee, as ek dit nie mis het nie. Mens kan af en toe `n goeie S56 optel vir so R8-10K, wat nogal `n bargain is, myns insies.
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Wed May 14, 2014 7:33 pm
by Johan Reyneke
Ek ken glad nie die SP1 nie, maar het so jaar terug vir my die 56e tweedehands gekoop vir R10k. Ek is geen oomblik daaroor spyt daaroor nie.
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Wed May 14, 2014 7:58 pm
by gillie
Skiet met my pa se 37 jaar oue s56e tans wat ek by hom oorgeneem het. Hy het hom in 1975 dink ek gekoop splinternuut. Al wat fout is, is 'n sticky ejector wat ek moet skoonmaak, verder operate die gun flawless. As jy lekker working gun soek, is hy die een, maar as jy wil afshow, koop die ander een dalk.
Dink beide is goeie gewere, een gaan net heelwat duurder wees ek dink.
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Wed May 14, 2014 8:14 pm
by Beer (Christo)
Ek soek 'n mooi Berreta vir my pa. As julle weet van een wat te Koop is laat weet my asb
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Wed May 14, 2014 8:28 pm
by DamDuiker
So as ek julle nou reg verstaan is 16k baie vir die S56
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Thu May 15, 2014 6:15 am
by obasch
SP1 = Silver Pigeon 1
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Thu May 15, 2014 7:08 am
by DamDuiker
obasch ek verstaan dit so dankie.
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Thu May 15, 2014 7:18 am
by Frikkie Coetzee
Die Berretas het nie n reputaise as swaar gewere nie. Inteendeel hulle is meestal baie lig. Die Silver Pigeon is hulle huidige intree vlak geweer en was nuut altyd so rondom 20k. Ek weet nie met die R/$ nou nie.
Die S56 is goeie gewere vir hul tyd gewees en is steeds. Ek persoonlik sal nie sommer 16000 betaal vir hom nie. Dit kan verander na gelang van toestand en wat saam kom. Jy kon aparte lope kry bv.
Johan se stelling oor die gewig stem ek nie heeltemal saam nie. Die gewig van n MC sisteem op
Geweer saam met die effens dikker lope omdit te huis es is werklik minimaal. Werklik nie eers die vewig van n patrys nie. Die SP se kolwe is reeds dunnerig so daar is nie ekstra gewig aan die hout nie. Ek het al met beide geskiet asook die S58.
Jeandre. Gaan kyk na die geweer en kies die een wat vir jou gaan werk waar oor jy dit gaan aanwend.
Kyk eerder na looplengte en wurg ( choke). Dit help nie jy koop n skeet geweer om tarentale te gaan skiet nie. Daar is beter opsies.
Kyk of die geweer jou pas. Dit help nie jy koop n geweer wat vir regs bedoel is as jy links skiet nie. As jy onseker is laat iemand wat haelgewere ken kyk vir jou.
Dan kyk na die toestand van die geweer en lope. Sluit die aksie nog sekuur of is daar speling al. As daar speling is en jy kan dit nie regmaak nie. Loop weg.
Dan kyk jy na prys.
Om n baelgeweer te koop omdat hy n bargain is gaan jou duur te staan kom. Koop reg van die begin af. Daar is niks so onaangenaam om n haelgeweer te skiet wat jou nie pas nie en niks meer frustreerend om te skiet met n haelgeweer wat nie geskik is vir jou tipe skiet nie.
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Thu May 15, 2014 8:02 am
by obasch
DamDuiker wrote:obasch ek verstaan dit so dankie.
Die antwoord was ter inligting van Johan van Wyk en Johan Reyneke
Re: Beretta S56 E 28" used vs Beretta SP1 30" nuut
Posted: Thu Jul 17, 2014 9:32 pm
by Piet Breedt
Gromit +1
Baie goeie raad