Page 1 of 1
ATI 303 kolf
Posted: Wed May 14, 2014 10:09 pm
by sPRINGHAAS
Goeie naand
Ek stel belang om n ATI monte carlo sintetiese kolf vir my 303 aan te skaf. My kolf is te kort en baie te laag. Kan enigiemand dalk n ingeligte opinie lewer oor die kolwe?
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 15, 2014 8:18 am
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Ek het al 'n paar van hulle vir vriende se roere opgesit en hul loop baie mooi.
Die wangstuk is egter nog steeds laag en een van Julian se verstelbare wangstukke loop mooi saam met die kolwe.
Hoop dit help.
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 15, 2014 11:50 am
by wlm
Watter model 303 het jy? Ek kan dalk help.
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 15, 2014 12:07 pm
by JTM
Ek het ook al een vir 'n vriend opgesit. Goeie waarde vir geld , maar let wel op die volgende:
Dit maak die geweer baie ligter wat dan weer die terugskop meer maak.
Die plastiek recoil-pad is maar aan die harde kant.
Die wangstuk bly maar laag soos Gawie sê en sy voorstel van 'n JungleJulian wangstuk is 'n goeie een.
Daai swart dun sponsrubber plakker besigheid wat hulle saam gee om oor die kolf wangstuk te plak is sommer 'n mors van tyd.
Ek sal dalk nog voorstel om een van daai oortrek sokkie tipe recoil pads ook nog by te sit.
Vir die no.4 mk. II sal jy moet 'n stukkie plastiek weg sny uit die voorstuk om dit gemonteer te kry. Moenie bang wees daarvoor nie.
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 15, 2014 12:31 pm
by sPRINGHAAS
Dankie vir die terugvoer. Ek het n No1 Mk3. Ek het een van daai sokkie tipe wangstukke op hom probeer, maar die kolf was te dun so ek het nou een wat ek kan opsit.
Re: ATI 303 kolf
Posted: Wed May 21, 2014 4:21 pm
by OU VOORSLAG
Moet saam met die manne stem, hys bietjie ligter so hy skop bietjie meer, en die wangstuk is beter as die hout kolwe maar is nogsteeds bietjie te lag, ek het vir myne n ander kussing op gesit, en dit help ook met die terug skop.
Re: ATI 303 kolf
Posted: Wed May 21, 2014 9:37 pm
by sPRINGHAAS
Moet se hy skop soos n perd met daai stuk plastiek "recoil pad".. maar sjoe dit lyk darem baie nice!!!!
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 6:14 am
by 243Songdaug
Springhaas. Ek het al 'n paar van die plastiek kolwe opgesit en soos jy genoem het skop die geweer dan 'n barshou. Die oplossing is om die holtes in die kolf te vul - normaalweg gebruik ek hars vir permamente vulling en waar die manne nie kan besluit of die permanent moet wees nie vul ek die voorarm met hars en die kolf agter met venster klei.
Om die balanspunt te skuif kan jy koeëls of sinkers insit en vasklei of hars. As jy materiaal moet verwyder boor jy eenvoudig gate in die hars.
Dit maak 'n reuse verskil en dit haal die hol klank uit die kolf. Ligte gewere dra net lekker - ek soek my roere swaar en stewig.
Spandeer gerus 'n paar rand en vervang die recoilpad - die harde plastiek hou gewoonlik nie lank nie.
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 7:30 am
by hennief
More ouens
Wat kos die kolwe?
Groete
Hennie
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 7:35 am
by BRNO (Pierre)
hennief wrote:More ouens
Wat kos die kolwe?
Groete
Hennie
En sit vir ons n foto op asb.
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 8:00 am
by hennief
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 8:01 am
by hennief
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 8:13 am
by BRNO (Pierre)
Dankie Hennie. Gaan hy op enige .303 aksie pas? Sien jy vra ook prys??
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 8:14 am
by hennief
Jis Gawie
Is dit nodig om nogsteeds bedding te doen op die kolwe?
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 8:16 am
by hennief
Pierre, volgens hulle website slegs Enfield 1mk3, en 4mk1,2&5
Sien niks van ander aksies soos P14 nie, maar glo Gawie sal jou kan vertel...
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 8:23 am
by hennief
Pryse blykbaar in die omgewing van R1,500
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 8:26 am
by Hugo
Waar koop mens die goed?
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 8:40 am
by hennief
Wildman in die Kaap het twee in voorraad vir Enfield 1mk3. Prys R1,579
Glo die ander takke sal jou ook kan help.
Re: ATI 303 kolf
Posted: Thu May 22, 2014 12:37 pm
by sPRINGHAAS
Ek het R1600 vir myne betaal. Sien
www.gicombatsupplies.co.za het hul vit R1350 voor posgeld. Klink ook of dit so by 1500-1600 gaan uitwerk.