243 en doughnuts

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

243 en doughnuts

Post by Dwight375 »

More manne

Ek het julle hulp nodig asb. Gaan ek met alle tiepe doppe doughnuts kry na hulle gevuur is in my 243 ?

Is daar n manier om dit te voorkom ? Wat kan n mens gebruik om dit uit te sny in plaas van n "inside neck reamer" ?

Groete
Dwight
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by alecjohnson »

Wel ek het nog nie doughnuts gekry in my 243 nie. het Winchester doppe gebruik 4x herlaai dan nuwes koop toe slaan ek oor lapua toe en nou al 6x herlaai en niks... nie te warm ladings gebruik in my 243 88gr berger met 42.2gr S365 en GSC 69gr agter 45gr S365.

Hoop dit help...
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by Carl »

Dwight
Ek wil nie te vroeg praat nie. Maar my 243 doppe is 4x geskiet het nog geen doughnuts wat ek kan sien/voel nie. Lapua doppe. Ek weet PMP het probleme.

Ek stel die matrys op soos voorgestel op die GS Custom webtuiste. Verder weet ek net van inside neck reamer om reg te stel.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by Kallie Fernhout »

Ek het met alle doppe nosler lapua doughnuts gekry wat werk is om so bietjie in die nek in te sny, nooit weer doughnuts gekry nie
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: 243 en doughnuts

Post by JTM »

Het al na 2 keer herlaai op PMP doughnuts gekry. Met Lapua doppe al na 6x herlaai nog niks. Ek bly ook maar van die wilde ladings weg.

Ek het gehoor van manne wat 'n 6.2mm boorpunt gebruik om doughnuts uit te sny.
Jannie Welman
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by Capt. Yoda »

PMP en n hoe lading (met n lang koel) = http://static.guim.co.uk/sys-images/Guardian/Pix/pictures/2012/3/7/1331127475045/Krispy-Kreme-doughnuts-007.jpg
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tgg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by tgg »

n donut is darem n pmp ding.

ek het eers n 6.2mm boor punt gebruik, maar vir my het die draai van die boorpunt en die breedte van die donut, nooit die donut heeltemaal verwyder nie.

Het toe n forsters inside reamer gekry.
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by Kopskoot 1 WP »

As jy Koos Barnard se artikel in Man Magnum van so paar jaar terug gelees kan kry oor die 243 Win met opskrif van iets soos 243 terrific of terrible, sal jy leersame inligting oor die doughnut verskynsel kry, ook dat die verskynsel nie uniek is aan slegs 243 of PMP doppe nie. Sy voorstel en Org Hamman vertel dit al jare om te kyk of doughnut teenwoordig is, is om 'n punt in 'n gevuurde dop in te skuif, gaan dit heel in sonder dat dit vassteek, is die dop fine, gaan dit ent en in en steek vas, is daar waarskynlik 'n doughnut betrokke.

Ek het onlangs klomp once fired PMP doppe gekoop wat blykbaar by Huntex gebruik was en 'n punt in een van die doppe gegooi en wragtag, eerste dop, punt steek vas, nog een probeer, selfde storie, een boksie (20 doppe) en almal steek vas. Boorpunt 6,2mm gekoop, maak niks, 6,3mm en die punt val deur.

Ek het geen rede om te twyfel dat die doppe slegs eenkeer gevuur is nie en ek het nie eens die verkoper daaroor gekontak nie, ek glo die doppe kom van waar hy gesê het dit kom en ook dat die slegs eenkeer gevuur was.

Daar was baie doppe beskikbaar, sal goed wees om te hoor of daar nog lede is wie van die doppe gekoop het en indien hulle ook doppe getoets het vir teenwoordigheid van doughnuts.

Dus wat die vraag aanbetref, my twee sent werd se raad, toets gevuurde dop met inval punt, gebruik kort punte met boat tail want dit verhoed dat die skag deur die doughnut geknyp word, sny klein gedeelte van die skouer van die dop, hier moet julle na KB se raad kyk in die artikel want ek is nie 'n kenner op die gebied nie, ek dra net sy raad oor.

Groete

KS1WP
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by Reloader270 »

Die beste medisyne is die regte gereedskap verkrygbaar van S&O. Kos paar rand aan begin, maar dit hou 'n leeftyd.
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 866
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: 243 en doughnuts

Post by Wielie Waps »

Ek het ook 6.2mm boorpunt gekoop en net met hand draai die doughnuts uitgehaal. 243 groep nou weer mooi.
Doughnuts is volgens my ook net 'n faktor indien jy lang koeel laai wat diep genoeg geseat word om aan doughnut te raak.
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by Flip Fouche »

Ek kry ook doughnuts.Nou gaan ek maar my 243 Ackley.

Flip
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by Dries101 »

Moet byse ek besit my 243 al vir 15 jaar, by my pa gekry saamet seker 400 gelaaide rondtes- hyt die geweer in 1968 gekoop. My pa herlaai al vanaf 1985 se kant. Daar is doppe , musgrave, pmp, sako alles gemeng. Van once fired na seker 10 times fired indien nie meer nie. En nadat ek vir die groot vrees vir die "dougnut" all die punte getrek het en seker 50 van hulle weg geskiet het. Kon ek in daai 50, baie ou , baie fired doppe nie een dougnut op spoor nie. Die col is ook nou nie juis vreeslik lank op sy reloads gewees nie.
Die wapen is baie akuraat en het al n hele paar duisend rondtes deur die loop. Hoeveel weet niemand nie. Met my fancy nuwe geaneealde doppe wat 1 mm vanaf die lands nou sit het ek dit reg gekry om my groepe met seker 10% te krimp. Sal maar n oog uithou vir n dougnut maar hy het vir 30 jaar nie eers geweet so iets bestaan nie. En ek is meer geplae oor dieprys wat 100 grein nosler partitions deesdae kos vir daai roer. Miskien het dougnuts meer te doen met die kamer van die geweer as die brass wat n mens gebruik? Ek het geen antwoord nie en hou die post met aandag dop.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: 243 en doughnuts

Post by smitjs »

Wielie Waps is reg.
Diegene wat nie daardie pes op 243 doppe kry nie, is net nog tydelik gelukkig, of hulle kyk nie.
Bly veilig, die 6.2mm boor kos nie veel nie.
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by Kopskoot 1 WP »

Ek stem vir die boor, kos R45 en behoort ook baie lank te hou. Ek gaan egter ook vir my 'n 6,2mm boor aanskaf en die nekke eers daardeur druk en dan 6.3mm, ekstra werk maar dis maar my plan.

Mooiloop
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: 243 en doughnuts

Post by andre007 »

My doughnut probleem was uitgesort die oomblik toe ek Winchester doppe begin gebruik het
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: 243 en doughnuts

Post by smitjs »

Dis nou weer eienaardig. Vir my is Winchester doppe die slegste op die mark.
Dit hang seker maar af van verskillende tye van vervaardiging.
Ek wil egter beweer dat daar nie 'n dop bestaan wat nie sal die probleem sal kry in 'n .243 nie.
Dis in elk geval gevaarlik om nie seker te maak nie. Ek klamp 'n 6.2mm boor op my herlaaitafel vas, en draai elke geskiete dop eers daar in, sommer met die hand. Die koste is min, en dit neem 'n paar sekondes, en dan is mens veilig.
Waarom kanse vat?
Post Reply