Page 1 of 1
Watter skaal?
Posted: Tue May 27, 2014 8:14 pm
by Tallies
Naand Manne
Ek het 'n klein elektroniese skaal saam met my herlaaistel gekry.Dit is nou tyd dat die skaaltjie aftree.Wat is die skaal wat jul sal aanbeveel?Dit is nie noodwendig dat dit weer 'n elektroniese skaal moet wees nie.
Tallies
Re: Watter skaal?
Posted: Tue May 27, 2014 9:00 pm
by Cobus(Cobb)
RCBS 5 0 5 of 10 0 10...is my call, maar daar is soveel opinies soos wat daar skale is..
Re: Watter skaal?
Posted: Tue May 27, 2014 9:04 pm
by Pvdw
Meeste van die balk skale werk mooi. Ek weet net van LEE en LYMAN sin wat nie populêr is nie, Die res werk almal mooi.
Cobus het goeie raad gegee hierbo.
Re: Watter skaal?
Posted: Tue May 27, 2014 9:32 pm
by Giepie
Ek glo dat 'n balkie skaal meer konsekwent moet wees as 'n elektroniese skaal, maar my Hornady balkieskaal se indeling vir gewig is nie reg nie. Ek gebruik nou twee elektroniese skale, of eerder 'n Hornady Autoloader en 'n ander elektroniese skaaltjie om seker te maak. Wanneer ek wel die balkie skaal gebruik is wanneer ek 'n klomp patrone op dieselfde lading laai, dan weeg ek af met die elektroniese skaal en kalibreer dan die balkie skaal daarop, dan kan ek vinnig sien of dit reg is.
Re: Watter skaal?
Posted: Wed May 28, 2014 3:42 am
by Ratel
Lyman Pro 500 balkie skaal.
Re: Watter skaal?
Posted: Wed May 28, 2014 4:36 am
by smitjs
Giepie wrote:Ek glo dat 'n balkie skaal meer konsekwent moet wees as 'n elektroniese skaal, maar my Hornady balkieskaal se indeling vir gewig is nie reg nie. Ek gebruik nou twee elektroniese skale, of eerder 'n Hornady Autoloader en 'n ander elektroniese skaaltjie om seker te maak. Wanneer ek wel die balkie skaal gebruik is wanneer ek 'n klomp patrone op dieselfde lading laai, dan weeg ek af met die elektroniese skaal en kalibreer dan die balkie skaal daarop, dan kan ek vinnig sien of dit reg is.
Ek gebruik dieselfde tipe skaal, en myne was ook nie reg nie, totdat ek die skaal reg gestel het.
Dis waarvoor die verstelling op die balkie daar is. Dan is daardie skaal honderd persent.
Re: Watter skaal?
Posted: Wed May 28, 2014 7:04 am
by BRNO (Pierre)
Ek het self baie lank met die Lyman Pro 500 balkie gelaai, met groot sukses. Gebruik nou n RCBS 505 en kry dieselfde sukses. Ek reken net die RCBS se konstruksie is sterker as die Lyman, en daarom sal ek hom eerste aanbeveel.
Re: Watter skaal?
Posted: Wed May 28, 2014 7:53 am
by Eugene
Cobus(Cobb) wrote:RCBS 5 0 5 of 10 0 10...is my call, maar daar is soveel opinies soos wat daar skale is..
+1! Nog amper nooit gehoor dat iemand met hulle probleme gehad het nie!
Re: Watter skaal?
Posted: Wed May 28, 2014 9:55 am
by PWV
Pvdw wrote:Meeste van die balk skale werk mooi. Ek weet net van LEE en LYMAN sin wat nie populêr is nie, Die res werk almal mooi.
Cobus het goeie raad gegee hierbo.
Weet nie watter Lyman jy van praat nie, maar ek het nog net goeie diens gekry - Lyman Pro 505 en Lyman Gen 6.
Re: Watter skaal?
Posted: Wed May 28, 2014 10:27 am
by THOMAST
Menere, net so terloops oor die normale elektroniese herlaai skale: Meeste (indien nie almal ) maak gebruik van sg. "Strain Gauge" tegnologie en is baie keer geneig om nie sy zero mooi te hou nie. Behalwe vir stroom versteurings, temperatuur wisselings en ander omgewings faktore wat al baie voorheen genoem is, is daar nog 'n faktor wat die skaal se werkverrigting affekteer.
Met hierdie "Strain Gauge" tegnologie is die skaal bie keer geneig omaf te wyk van sy zero en daarom is daar in die sagteware 'n "filter" ingebou wat baie klein skommelinge in die lesings uitskakel.
Die probleem is nou dat indien jy dryfmiddel baie stadig in die weegpannetjie in "trickle" sal die safteware dalk die veranderinge aansien as die zero wat skuif en dit dan uitfiltreer. Gooi jy dan weer 'n paar korrels by en skielik is jy verby jou gewensde gewig.
As jy egter die pannetjie van die skaal af oplig tewyl jy die bietjie dryfmiddel byvoeg en dan weer terugplaas kry jy baie meer konsekwente lesings.
Ek het hierdie getoets met my seun se RCBS 750 skaal en ook met 'n vriend se elektroniese skaal wat sy ladings so geweeg het , in botteltjies gesit en toe weer by my kom weeg op die groot skaal. Ek was verstom oor die akkuraatheid.
Re: Watter skaal?
Posted: Wed May 28, 2014 1:10 pm
by Tallies
Dankie vir die raad.Iemand het elders op die forum gese^"It is not the tool that matters but the fool behind the tool."As ek dan 'n afleiding maak is die balkie skaal sonder te veel fieterjasies en baie akkuraat.
Tallies