Page 1 of 1

Moontlike Boogjag geleentheid - Beestekraal

Posted: Thu May 29, 2014 2:20 pm
by Katefbessie
Dagse manne.

Ek wil met hierdie post huidiglik net belangstelling toets.
Wie van jul biltong jagters sal belangstel om hierdie seisoen met die boog te kom jag op beestekraal net ander kant brits?
Die plaas is 450ha met 2 gevestigte hides. Wild te jag sal insluit Rooibok manlik en vroulik, Blesbok manlik en vroulik, Koedoe koeie en waterbok koeie.
Die eienaar sal dalk heel moontlik R500 per jagter per dag vra wat slag, hout, gameviewer, die hele tuti insluit.
Hy reken hy kan sy dagfooi opstoot omrede dit lekker naby aan die stad is.

Indien van julle sou belangstel kan julle my asb PM, ek sal dan sodra ek finale pryslys het met julle kommunikeer. Die plaas laat ongelukkig slegs boogjagters toe.

Ek sal in beheer wees van die jag besprekings aangesien dit my baas se grond is. En sal aan Jaracal lede sodra dinge gefinaliseer is eerste opsie gee vir beskikbare naweke. Die plaas en verblyf geriewe is geniune netjies en kan 'n perfekte wegbreek wees vir 'n gesin wat elkeen 'n ietsie of 2 met die boog wil plattrek.

Re: Moontlike Boogjag geleentheid - Beestekraal

Posted: Thu May 29, 2014 2:23 pm
by Katefbessie
Askies Rooihartbees bulle en koeie sal ook beskikbaar wees

Re: Moontlike Boogjag geleentheid - Beestekraal

Posted: Thu May 29, 2014 2:26 pm
by Geno
Ruan, jy weet mos. Stuur die pryse as dit gefinaliseer is. Lekker naby, 40km van die huis af!
Ek sal jou ook help met gidswerk en so aan.

Re: Moontlike Boogjag geleentheid - Beestekraal

Posted: Thu May 29, 2014 2:30 pm
by egenis
Ek gaan jou sommer nou pm!

Re: Moontlike Boogjag geleentheid - Beestekraal

Posted: Thu May 29, 2014 2:31 pm
by FCLoretz
Geno wrote:Ruan, jy weet mos. Stuur die pryse as dit gefinaliseer is. Lekker naby, 40km van die huis af!
Ek sal jou ook help met gidswerk en so aan.
Ek het 'n fantastiese bloedspoor hondjie wat ook graag in die veld wil kom wat sal help met spoorsny

Re: Moontlike Boogjag geleentheid - Beestekraal

Posted: Thu May 29, 2014 2:47 pm
by VdWalt
Hier is nog 'n byt!! vdwalts@kmsa.com sodra daar 'n pryslys beskikbaar is!

Re: Moontlike Boogjag geleentheid - Beestekraal

Posted: Thu May 29, 2014 3:00 pm
by Katefbessie
Geno wrote:Ruan, jy weet mos. Stuur die pryse as dit gefinaliseer is. Lekker naby, 40km van die huis af!
Ek sal jou ook help met gidswerk en so aan.
Dankie maater... My bosvark voer staan al so 2weekies innie son, sodra die buurman sy mielies ploeg gan ek jou bel dan kom maak jy saam my 'n lekker voer plekkie!

Re: Moontlike Boogjag geleentheid - Beestekraal

Posted: Thu May 29, 2014 10:27 pm
by SV MAD (Henk)
Ek,soek ook n pryslys asb. Fh.badenhorst@gmail.com baie dankie

Re: Moontlike Boogjag geleentheid - Beestekraal

Posted: Fri May 30, 2014 7:47 am
by boogman
More. Ek sal ook belang stel.

Groete