Page 1 of 1

Bear Glass-powered Black Bear Recurve Bow?

Posted: Mon Jun 09, 2014 11:03 am
by Frikadel
Goeie dag manne,

Ek wil graag weet of iemand enige kennis het van die boog.

Ek het die boog gekry met n ruil transaksie iewers in die middel van die sewentiger jare, so die boog is vintage maar nog in n nuwe toestand (ek het hom nou al vir 39 jaar en hy het nog nie een pyl geskiet nie)

Ek wil hom gebruik maar ek weet nie watse pond hy trk en sulke dinge nie.

Ek gaan hom more snaar by die Blou Meul.

Enige informasie sal help.

Re: Bear Glass-powered Black Bear Recurve Bow?

Posted: Mon Jun 09, 2014 11:06 am
by Jakkie07
Baie mooi boog.
kom moontlik van die ouens af
https://shop.bearpaw-products.com/
Bearpaw is die glas wat op die boog gebruik sou word.

Re: Bear Glass-powered Black Bear Recurve Bow?

Posted: Mon Jun 09, 2014 11:13 am
by G-force
Laat hulle n snaar opsit en dan die skaal opsit en die ponde meet teen 28".Van daar af kan jy jou pyle bepaal.

Re: Bear Glass-powered Black Bear Recurve Bow?

Posted: Mon Jun 09, 2014 11:16 am
by Frikadel
G-force wrote:Laat hulle n snaar opsit en dan die skaal opsit en die ponde meet teen 28".Van daar af kan jy jou pyle bepaal.
Dankie G-Force,

Ek sal dit definitief doen en ek vertrou maar die experts se raad by die Blou Meul.

Dankie vir die raad.

Re: Bear Glass-powered Black Bear Recurve Bow?

Posted: Mon Jun 09, 2014 11:20 am
by Philip_R
Laat iemand anders hom eers skiet voor jy hom skiet. In 39 jaar het die hout, gom en glasvesel dalk al bietjie af gegaan. As 'n boog so lank nie gebuig het nie word hy dalk hard.

Sterkte, dis 'n baie mooi boog.

Re: Bear Glass-powered Black Bear Recurve Bow?

Posted: Mon Jun 09, 2014 11:39 am
by Frikadel
Philip_R wrote:Laat iemand anders hom eers skiet voor jy hom skiet. In 39 jaar het die hout, gom en glasvesel dalk al bietjie af gegaan. As 'n boog so lank nie gebuig het nie word hy dalk hard.

Sterkte, dis 'n baie mooi boog.
Goeie idee!

Ek self het die boog mooi deurgegaan en kon op die oog af geen krakies of swakplekke vind nie.

Voor ek hom snaar sal ek eers laat die experts hom mooi deurgaan.

Dankie vir die advies Phillip!