Page 1 of 1

prvi partizan (ppu)

Posted: Thu Jun 12, 2014 11:15 am
by DJC
Dagsê, soek bietjie raad asb. Het 'n geleentheid om die naweek 'n Rooihartebees bymekaar te maak maar ongelukkig kan ek net 'n pakkie prvi partizan (ppu) ammunisie (165 gr) in die hande kry vir my 30-06. Ek ken dit glad nie en die fyt dat die goed spot goedkoop is (R310/pakkie) maak my bietjie op my seningweese. Het iemand ondervinding van die PPU patrone?

Dirk

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Thu Jun 12, 2014 11:30 am
by Flip Nel
DJC wrote:Dagsê, soek bietjie raad asb. Het 'n geleentheid om die naweek 'n Rooihartebees bymekaar te maak maar ongelukkig kan ek net 'n pakkie prvi partizan (ppu) ammunisie (165 gr) in die hande kry vir my 30-06. Ek ken dit glad nie en die fyt dat die goed spot goedkoop is (R310/pakkie) maak my bietjie op my seningweese. Het iemand ondervinding van die PPU patrone?

Dirk

Dit word ook onder die highland naam verkoop, is nie die beste koeel nie maar hartebeest is ook nie die grootste bok nie, dink jy sal proebleme optel nie, vermy raking shots dan behoort jy okay te wees

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Thu Jun 12, 2014 11:52 am
by DJC
Dankie Flip, sal vanmiddag maar op die skietbaan hulle gaan toets.

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Thu Jun 12, 2014 11:57 am
by Jaco vdW
Dirk, ek het vir lank op die baan Highland punte uit my 7x64 geskiet, en hulle akkuraatheid was heel skaflik. Nooit self met hulle gejag nie, maar was by waar n hele paar bokke insluitende n groot hartbeesbul en n koedoekoei met 165gr Highland uit n 30-06 geskiet is. Albei sonder enige stories een skoot dood, maar die vleisskade was daar.

Behandel hulle soos gewone konvensionele sagte punte (PMP, Sierra, Speer, ens) en jy sal OK wees.

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Thu Jun 12, 2014 4:27 pm
by Giepie
Die vorige eienaar van my 270 het gesê dat hierdie die akkuraatse fabrieksammo is wat met hierdie geweer geskiet is, dit is nou Highland. Hulle doppe herlaai net nie altyd lekker nie.

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Mon Jun 23, 2014 2:29 pm
by tau
Niks fout nie sal die bok plat skiet as jy raakskiet wat nie werk as dit gate inhet nie. Koop en skiet.

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Mon Jun 23, 2014 4:28 pm
by DJC
Dankie Tau, het toe gekoop en geskiet - het die 14de naby Boshoff gaan jag en mooi Rooihartebeesbul geskiet en pel van my (Proppie) het rooihartebeeskoei geskiet met die PPU 165gr, altwee met my 30-06. Nie veel vleisskade nie. Sal nou nie met die patrone vir 'n kompitisie inskryf nie, maar vir jag is daar nie fout met hulle nie.

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Mon Jun 23, 2014 4:53 pm
by Flip Nel
DJC wrote:Dankie Tau, het toe gekoop en geskiet - het die 14de naby Boshoff gaan jag en mooi Rooihartebeesbul geskiet en pel van my (Proppie) het rooihartebeeskoei geskiet met die PPU 165gr, altwee met my 30-06. Nie veel vleisskade nie. Sal nou nie met die patrone vir 'n kompitisie inskryf nie, maar vir jag is daar nie fout met hulle nie.
Ek is bly alles het toe goed afgeloop, wanneer sien ons Foto's

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Mon Jun 23, 2014 4:57 pm
by DJC
Het 'n foto onder photo album geplaas. Sal nog fotos probeer laai.

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Mon Jun 23, 2014 8:15 pm
by Roger
Ons het met twee .308 gewere baie vleis skade gekry met 150gr PPU. Akkuraat maar mors bietjie.

Re: prvi partizan (ppu)

Posted: Sun Jul 06, 2014 1:43 pm
by Swys14
ek het voor ek begin laai het met PPU grom (prvi grom) 170gr uit my 30-06 geskiet.

ekt rekord gehou van my baan sessies met die goed, my gem. groepies met 5 skote was 23mm op 100m uit my Howa wat nie te sleg is vir goedkoop fabrieks ammo nie.

daai grom punt is ook 'n goeie jag koeel in my opinie