Page 1 of 1

Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Sat Jun 14, 2014 2:06 pm
by Burries
More Mes-Manne!

Ek wil gou hoor, by die wat meer weet as ek. Kan mens vark tande gebreuk? Ek het twee reuse tande, maar het hulle uit die skedel getrek toe ek jonger was en nou sit ek net met hulle. Sal graag iets daarvan wil laat maak indien dit moontlik is?

Aangeheg is 'n foto van die tande, hulle is goed behandel en het nie baie krakies op nie. Die .308 doppies is maar net vir skaal. Ek hoor graag!

Groete
Burries
IMG_0253 copy.jpg

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Sat Jun 14, 2014 4:17 pm
by leonstrauss
Hi daar. Jy kan messe laat maak vir hulle, een mes per tand vir die groot tande. Sal vir nou gou fotos post van n stel wat ek jare terug vir n oom gemaak het. Dit is dan wel nie werks messe nie, maar 'skou' messe. Jy kan ook die tand opsny vir kleiner hanvatsels of 'inlays'. Die tande is n rapsie klein, so op die oog af, om vol grote handvatsels uit te kry, maar niks is onmoontlik nie. Groete

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Sat Jun 14, 2014 4:40 pm
by henried
https://fbcdn-sphotos-h-a.akamaihd.net/hphotos-ak-xpf1/v/t34.0-12/p417x417/10388263_648422898574873_920049142_n.jpg?oh=9772a8b65ff888faeadda7ad2154d931&oe=539E9B39&__gda__=1402900422_58cf08729cdb36eeac4a381dd914401b

https://www.facebook.com/lyonscustom.kn ... riends_tab

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Sat Jun 14, 2014 4:52 pm
by leonstrauss
Foto nie baie duidelik nie. Sal kyk vir n ander een

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Sat Jun 14, 2014 7:50 pm
by Burries
Leon

Baie dankie vir die terugvoer. Ja dit sal seker nou en dan 'n biltong happie sny maar dis omtrent dit. Wat is die koste verbonde aan so iets?

Dankie

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Sun Jun 15, 2014 9:40 am
by Dries101
Tande is nie baie prakties nie. Genoeg materiaal gewoonlik vir inlays.

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Mon Jun 16, 2014 10:21 pm
by leonstrauss
Hi. Gewoonlik so in die omgewing van R900 stuk, afhangende van die afwerking ens. Pm my jou details dan gesels ons

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Wed Jun 18, 2014 12:30 pm
by Stefan Fourie
Die dun onder-tande breek of bars soos hy droog word, split soms regdeur in 2. Hou hulle in 'n plastiek sakkie tot hulle klaar droog geword het, dit hou die splinters bymekaar. Ek het al vir mense wat olifant beelde van hout of klei het daarvan geggee, dit lyk baie mooi.

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Wed Jun 18, 2014 5:30 pm
by bakoor
Vul die holtes van jou tande aan die agterkant met kerswas. Smelt sommer 'n kers in 'n houer en gooi agter in. Daai tande sal vir jare hou sonder om te bars.

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:56 am
by Stefan Fourie
Bakoor, werk dit met die dun onder tande ook so?

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Thu Jun 19, 2014 12:56 pm
by bakoor
Stefan

Ja beslis, ek het van die klein ondertande wat gemonteer is en al jare staan. Het nie tekens van kraak nie. Het dieselfde met olifanttande gedoen.

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:25 am
by Stefan Fourie
Dankie, sal dit onthou

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Tue Jul 22, 2014 10:45 am
by johan1
n groot deel van die tande gaan verlore omrede die deel van die tandwortel weggesaag moet word en dan word die tand nog dunner vorentoe ook. As die tande regtig groot is kan jy mooi vol messe maak wat gbruik kan word vir alledaagse gebruik het al sulke messe gemaak met groot sukses. gee my n lui, kan help as jy wil. 082 857 vier nul 5 sewe

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Tue Jul 22, 2014 11:06 am
by johan1
onthou ook dat die tande ook effens skeef uitbuig na n kant toe, as jy die tand op n tafel laat plat le sal jy sien dat dit nie oral aan die tafel raak nie. die punt krul effens weg en daarom gebeur dit dat as jy die tand deursaag, die twee heltes nie ewe is nie . die een het meet tan as die ander deel omdat dit wegbuig as dit groei

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Posted: Thu Jul 24, 2014 12:53 pm
by johan1
messe wat ek maak met tand of kameelprdbeen smeer ek ook so nou en dan bietjie vasiline