Page 1 of 2

LCA - Train to Hunt

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:37 am
by henried
LCA het die regte gekry om "Train to Hunt" in SA aan te bied.



Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:09 am
by FCLoretz
Geluk Henrie.

Wanneer kan ons meer besonderhede verwag?

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:11 am
by Beretta
Gee bietjie meer info asb

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:17 am
by henried
Ons het al 'n plaas waar ons dit kan aanbied, tussen Alberton en Vereeniging. Ek wag vir toestemming om 'n klub se 3D teiken te leen....en nog so paar dinge.

Die eerste event sal net 'n bekenstelling wees, eers na die jag seisoen.

Die koste vir als is my grootste probleem, maar tans val alles mooi in plek en die mense met wie ek gesels het is mal oor die idee en bereid om my te help.

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:22 am
by henried
Beretta wrote:Gee bietjie meer info asb
Hierdie is so tussen Crossfit en Warrior Games, net met 'n boog in jou hand. Die manne se uitkyk op boogjag is heelwat anders as myne... ++>:

Hulle vat W/S ernstig en oefen dan ook soos 'n atleed vir hulle jag. Daar is heelwat video op Youtube.

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Fri Jun 27, 2014 10:18 am
by henried
Ek het gister vergadering gehad, en ons het 'n plaas gekry waar ons dit gaan hou. Dit is tussen Alberton en Vereeniging. 'n Klub gaan hulle 3D teiken vir my leen, so dit help baie.

Ons beplan om 'n "Exhibition game" the hou vroeg in Oktober 2014.

In kort kyk ons na 10 teikens, 2.4km baan, dit is 'n tyd toets.... ++>:

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Fri Jun 27, 2014 11:48 am
by RUPERT
>:D Ek het vir n oomblik gedink dit is Training voor n EFC fIGHT.

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Tue Jul 29, 2014 6:23 pm
by henried
Logo

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Wed Jul 30, 2014 7:40 pm
by henried

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Tue Aug 05, 2014 10:44 am
by henried
Folkers hulle se plaas het sleg gebrand so ons gaan die eerste event nou in Pta hou.

Sal later datum en plek gee.....

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Tue Aug 05, 2014 4:07 pm
by FCLoretz
Moet ek solank begin oefen?

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Tue Aug 05, 2014 4:10 pm
by henried
FCLoretz wrote:Moet ek solank begin oefen?
Nee, ek dog jy gaan die kamera man wees... ;D

Ek weet ook nie lekker wat om te doen nie.....maar ek organiseer mos, ek hoef nie deel te neem nie... ++>:

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Tue Aug 05, 2014 7:01 pm
by FCLoretz
Ek sal kamera man speel, maar ek waarsku jou nou, dan kan ek nie hardloop nie...

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Wed Aug 06, 2014 1:12 pm
by henried
FCLoretz wrote:Ek sal kamera man speel, maar ek waarsku jou nou, dan kan ek nie hardloop nie...
:laugh: :laugh: :laugh:

Jy weetnie van iemand met 'n drone en paar GoPro's wat ons wil help nie?

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Wed Aug 06, 2014 1:42 pm
by FCLoretz
Nee, ongelukkig nie. Ek wonder of Nikon bereid sal wees met hulle ION reeks produkte(soos) GoPro

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Thu Aug 07, 2014 3:26 pm
by henried
Die eerste kompetisie sal by Archer's Edge gehou word, 18 Oktober 2014.

Meer detail omtrent die formaat en tyd sal volg.

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Fri Aug 08, 2014 11:17 am
by henried


Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Fri Aug 08, 2014 11:36 am
by Geno
Awesome Henrie!

As ek nie jag nie, sal ek graag wil probeer deelneem!

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Fri Aug 08, 2014 11:39 am
by Hugo
Ek sal dit self geniet.

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Fri Aug 08, 2014 12:01 pm
by Jakkie07
mense dit sal ek nou geniet

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Fri Aug 08, 2014 2:45 pm
by henried
Dankie julle, ek glo dit gaan pret wees.

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Wed Aug 13, 2014 11:00 am
by henried
Pathfinder broadheads gaan vir on die medaljes borg.

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Wed Aug 13, 2014 11:04 am
by Hugo
Henrie

Vertel meer, wie is hulle?

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Wed Aug 13, 2014 11:06 am
by henried
Hier is detail...

Eerste plek - 250/300 gr
Tweede - 170gr
Derde - 125gr

Klink of hulle wil verpak soos daai 300gr punte op die foto, wag nog om te hoor.

Re: LCA - Train to Hunt

Posted: Mon Sep 01, 2014 12:49 pm
by henried
Weens logistieke reƫling aan my kant sal die eerste T2H nie meer by Archer's Edge wees nie.

Die eerste event gaan by Folkers hulle op die plaas wees, tussen Alberton en Vereeniging, op die Eikenhoff pad.