Page 1 of 1

Sout vir slakke

Posted: Mon Feb 21, 2011 3:57 pm
by D4D
As jy slakke in jou tuin het vat gewone tafelsout en strooi dit oor die slakke en jy sal dadelik sien dat dit lyk of die slakke kook en dan af val en dood.

Re: Sout vir slakke

Posted: Wed Feb 23, 2011 9:43 am
by Gerhard
en dan brand jy die plante met die sout waar die slakke op was...

Re: Sout vir slakke

Posted: Wed Feb 23, 2011 11:48 am
by Beyers
Slakke - vang hulle en sit hulle in 'n bak met mieliemeel vir 2 dae. Dit raak onslae van al die snaakse plante wat hulle eet. Gooi in kookwater -  slakke. Dop hule uit haal derms af en braai in knoffel botter. Franse oplossing vir slakke.

Re: Sout vir slakke

Posted: Sat Jun 18, 2011 3:45 pm
by GERT vd M
Slakke is mal oor bier. Gooi bier (die wat JY drink) in n vlak houer, sodat die slak daar kan inseil en plaas oral in die tuin. Die volgende oggend sal jy net dooie slakke sien.

Re: Sout vir slakke

Posted: Sun Jun 19, 2011 6:56 pm
by CHRIS
gesuip  of versuip

;D ;D ;D

Re: Sout vir slakke

Posted: Sun Jun 19, 2011 7:34 pm
by Hein M.
Ek gooi hulle oor die muur in die buurman se tuin - omdat sy hond aanhoudend blaf...

Re: Sout vir slakke

Posted: Sun Jun 19, 2011 7:38 pm
by Monrique (SJ)
Hein

Lekker man.  :-) :-)

Groetnis

Re: Sout vir slakke

Posted: Mon Jun 20, 2011 3:48 pm
by Dawid
Hein M. wrote: Ek gooi hulle oor die muur in die buurman se tuin - omdat sy hond aanhoudend blaf...
Daars die oplossing Hein....die hond bly blaf want hy roep jou ......hy soek nog slakke :laugh: :laugh:

Ek los die slakke vir my boerboel, hy sort hulle uit.......eet hulle dat die kwyl uit sy bek loop

Re: Sout vir slakke

Posted: Sun Jan 29, 2012 1:24 am
by Fanie
Laat my dink aan die ou en sy vrou wat nie kon slaap nie oor die bure se brak so aanhoudend kef.

Naderhand kan hy dit nie meer uitstaan nie, hy trek sy skoene aan en die vrou wou nog keer en paai toe's hy daar uit.

Vyf minute later is hy terug. 

Wat het jy gedoen vra sy vrou, die hond kef dan nog steeds...

Nee se hy, ek het die hond in ons erf gesit, laat ons bietjie sien hoe hou die bure daarvan !