Page 1 of 1

Siek Hond

Posted: Mon Feb 21, 2011 5:16 pm
by foxripper
Julle gaan seker se ek is mal maar ek glo daaraan want dit WERK!!. Dis een van die gevalle wat hulle altyd se, "Die ou mense het mos gese.."

My Pa en Oupa het altyd die punte van n hond se ore afgesny as hy so siek is dat hy wil vrek. Ek praat van skerpioen steek en veral gif. Was nog nie in n situasie om dit te doen met katgriep nie, so ek is nie seker nie. Die sogenaamde "skelms" het my hond vergif, toe ek by die huis kom het hy net gele en op sy tande gekners, hy het ook geen beheer oor sy maag gehad nie.  Ek het dit gedoen en die volgende dag was hy nog siekerig maar hy was op die been. Hy bloei erg maar dis wat jy wil he.

As jou hond wil vrek en daar is nie veearts naby nie, doen dit want jy het niks om te verloor nie, behalwe jy gaan n hond met stomp ore he.

PS: Moet nie sy hele oor af sny nie, net die punt want as hy volgende keer weer wil vrek, is daar nie meer ore om te sny  ;)

Re: Siek Hond

Posted: Mon Feb 21, 2011 5:35 pm
by baboonstalker
Foxripper, jy beter laagl? ou maat, die groenes gaan jou RY  ;D

Re: Siek Hond

Posted: Thu Mar 17, 2011 2:44 pm
by Raven
Foxripper,

Dit werk soos 'n bom, ek het dit ook al gedoen met plaas honde wat deur slang gepik was, en dan sny ek ook die bytplek oop en smeer kallie in.

Raven

Re: Siek Hond

Posted: Thu Mar 17, 2011 3:16 pm
by foxripper
Raven,

Wat presies is "kallie"?

Re: Siek Hond

Posted: Thu Mar 17, 2011 3:51 pm
by Raven
Foxripper,

Ek weet nie wat die regte naam is nie, ek koop by Agra of Swavet, dit het 'n pers kleur.

Raven

Re: Siek Hond

Posted: Sun Dec 11, 2011 8:47 pm
by basie
Naand manne.

Het een van julle dit al met 'n hond wat galkoors het probeer (Die oorpunt afsny)? ???

Mooiloop
Basie

Re: Siek Hond

Posted: Sun Dec 11, 2011 9:41 pm
by tripodmvr
Raven wrote: Foxripper,

Ek weet nie wat die regte naam is nie, ek koop by Agra of Swavet, dit het 'n pers kleur.

Raven
Condy's chrystalls = kaliumpermanganaat = sodium permanganate

Re: Siek Hond

Posted: Sun Dec 11, 2011 10:20 pm
by Dawid
Nee Basie ek glonie dit gaan werk vir Galkoors nie  want dis net n ander naam vir Bosluiskoors sover ek weet. Daar moet honde vooraf ingeent wees sonie is n veearts maar die beste roep.

Condies cristals werk bykans vir alles by diere, van snotneus tot diaree

Re: Siek Hond

Posted: Thu Dec 22, 2011 6:42 pm
by Pvdw
Fox ek lees jou post maar kan nie agterkom of jou hond nou OK is nie ??? ???

Peet

Re: Siek Hond

Posted: Thu Dec 22, 2011 8:54 pm
by grumpy
Hoe maak jy met die condies crystals? Meng dit met water vir hulle om te drink of wat?