Page 1 of 1

Gemsbok - Horings mount - met stukkie vel aan ?

Posted: Fri Jun 20, 2014 5:13 pm
by evdberg
Dagse

Ek het n stel Gemsbok horings.
Die bo-kant van die skedel het nog n stukkie vel een en lyk baie mooi met die wart en grys/wit.
Hoe kan ek die horings droog laat die stukkie vel behoue bly ?

Groete
Eugene

Re: Gemsbok - Horings mount - met stukkie vel aan ?

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:52 pm
by alecjohnson
die vel krimp in sout, maar wat ek gedoen het met springbok, spray met detol water, gooi die ding toe met sout in emmer bere dit in warm droe plek soos in die garage dak en los dit daar vir so paar maande myne 5 maande gelos

Re: Gemsbok - Horings mount - met stukkie vel aan ?

Posted: Sat Jun 21, 2014 9:38 am
by evdberg
Dankie Alec.

Ek gaan hom so probeer.

Groete

Re: Gemsbok - Horings mount - met stukkie vel aan ?

Posted: Sun Jun 22, 2014 12:56 am
by Charles.308
Onthou net die horings moet uitgekook word, want daar is bloedvatte binneem daarna gepreseveer word om almdie reuk weg te kry, ook nie te lang kook nie anders koop jy kopbeen te bros en breuk, of horings kraak, daarna moet die skedel gebleech word.
Dis maar net die begin , stuur erder na taxidermy.
Sterkte met jou kuese.
Charles

Re: Gemsbok - Horings mount - met stukkie vel aan ?

Posted: Thu Dec 11, 2014 4:36 pm
by Riaan Kriel
Hier is 'n voorbeeld van my 'n ander tipe mount van 'n BWB-bul wat ek laas jaar geskiet. Nie die grootste bul nie maar die snaakse kleur op die voorkop het my laat besluit om die trofee so te laat maak.
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/Mobile%20Uploads/IMG-20140815-WA0000_zps9aaff808.jpg

Hannes Snyman het dit so vir my gedoen. Hy is naby Coligny is Noordwes.

Re: Gemsbok - Horings mount - met stukkie vel aan ?

Posted: Mon May 18, 2015 9:23 am
by Forester
More almal, ek sal graag 'n bietjie raad wil vra oor horings blok. Die proses wat ons nog al die jare volg is om die skedel en horings in chloor te kook. Dit maak die skedel sommer lekker wit ook, daarna gebruik ons swart skoenpolitoer op die horings om die kontras te verhoog. Ek het nog nooit probleme met hierdie metode gehad nie, maar die gemsbokhorings wat ek die naweek gekook het ruik nogsteeds sleg. Is daar iets wat ek mis? Hierdie was ook 'n baie ou bul, 'n gedeelte het maklik afgebreek en dit lyk of die horings los kook... Wat doen ek verkeerd hierdie keer en hoe doen julle dit?