Page 1 of 1
Straight razor skerpmaak?
Posted: Sun Jun 22, 2014 11:04 am
by muismaree
Hi julle
Ek is opsoek na iemand met die kundigheid om 'n straight razor of cut-throat skerp te maak. Ek hoop die mes smede hier op die forum kan dalk help, of weet van iemand wat kan.
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Sun Jun 22, 2014 11:34 am
by SV MAD (Henk)
Ek hou hierdie dop ook. Ek het 1 wat definitef skerpgemaak moet word, en 2 wat nog so een keer met stropping paste gehone kan word, voor hhulle ook weer moet ingaan vir n goeie skerpmaak.
Laat weet asb manne!
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Sun Jun 22, 2014 12:04 pm
by green leader
probeer vir sharp edge 011 883 3059
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Sun Jun 22, 2014 12:20 pm
by tripodmvr
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Sun Jun 22, 2014 2:11 pm
by muismaree
SV MAD (Henk) wrote:Ek hou hierdie dop ook. Ek het 1 wat definitef skerpgemaak moet word, en 2 wat nog so een keer met stropping paste gehone kan word, voor hhulle ook weer moet ingaan vir n goeie skerpmaak.
Laat weet asb manne!
Ek is bly om te sien daar is ander Manne wat ook Old School is! Dankie vir daai links oom Driepoot. Ek is egter bietjie gemaklik, sal eerder dat iemand anders wat weet van my leer as om dit self die eerste keer te doen! By sharp edge het hul altyd 'n Japanese waterstone gehad, maar hy kos R2000+! Ek het net 'n Biega slypsteen, hy voel moerse fyn, maar weet nie of hy fyn genoeg is nie.
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Sun Jun 22, 2014 5:14 pm
by Frikkie Coetzee
N Biega is nie fyn genoeg nie. Jy moet ei tlik n Arkansas steen kry. N hard een.
Daar in die.Noordkaap kry jy nog n steen. So blou een. Hy kan dalk werk. Dis baie fyner as die Biega en ons het hom altyd by die Ko-op gekoop. Weet iemand waar ek kan kry van hulle?
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Sun Jun 22, 2014 5:26 pm
by wlm
Klk op Britstown het altyd gehad.
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:55 pm
by Frikkie Coetzee
Wlm
Dis waar ek dit altyd gesien het. Ek het in Britstown grootgeword.
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Sun Jun 22, 2014 11:51 pm
by Pappabeer
SV MAD (Henk) wrote:Ek hou hierdie dop ook. Ek het 1 wat definitef skerpgemaak moet word, en 2 wat nog so een keer met stropping paste gehone kan word, voor hhulle ook weer moet ingaan vir n goeie skerpmaak.
Laat weet asb manne!
Wie is daai oom nou weer wat die cut throats maak Henk? Hone en restoreer hy nie ook nie?
Meskien sal ek in 2015 weer begin skeer, dan sal ek daai spannetjie ou duitse straight blades van my uithaal.
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Mon Jun 23, 2014 7:59 am
by tripodmvr
Google Norton abrasives. Hulle is beskikbaar by plekke soos Adendorfs of soortgelyk. Maak ook lemme vir "angle grinders".
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Mon Jun 23, 2014 10:01 am
by Capt. Yoda
As jy hom wil laat skerp maak hoor by Derek hy sal jou dalk kan help.
http://www.merweknives.com/index.html
Die ou maak ongelooflike messe!
http://www.merweknives.com/portfolio.html
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Mon Jun 23, 2014 10:17 am
by SV MAD (Henk)
Gits Dewald, kan nie nou onthou nie. Het wel dalk 'n leidraad gekry, sal in die week laat weet. Is 'n ou in Natal.
Sal dan hier post, wil net eers hoor of hy gewillig sal wees.
Maar ja, ek love om met my straights te skeer, na 24uur is my baard en vel nog bababoud glad en sag, veral as jy hom mooi teen die grein skeer met 'n SKERP lem.
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Tue Jun 24, 2014 9:41 am
by SV MAD (Henk)
Manne, ek het 'n update gekry.
Die ou se naam is Martin Cramer, en hy voer honing stene ens uit na Amerika. Die manne op die straight razor forum is baie gelukkig met hom.
Hy is gelee in Natal. Ek paste sy epos hieronder aan:
Hi Henk, yes for sure - I do also offer professional honing services. I have a range of hones both synthetic and naturals so can offer a great shaving edge on your blades. I charge R550 for honing per blade from bevel set through to finishing stone and then stropped and ready to shave. For that price I also include a small thin cut Zulu Grey hone, properly lapped, so you can lightly touch up your blades as and when needed to maintain the edge. Let me know how many blades you guys have in mind... Thanks Henk, - Mike.
Soos julle kan sien, is dir R550 by 'n ou wat weet hoe om dit te doen. Geen issue met ander manne nie, maar ons manne wat straights het weet dat daai bevel en edge die belangrikste is. Verder kry jy ook nog 'n klein hone steentjie saam. Ek dink dis goeie waarde vir geld. My 3 lemme gaan R1650 kos, maar ek weet dat ek eers weer oor 2 jaar hulle gaan moet instuur vir n skerpmaak.
So laat weet maar as julle belangstel, dan kan ons iets reel
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Tue Jun 24, 2014 4:48 pm
by muismaree
Tuurlik stel ek belang Henk, wat is die man se email? Dankie vir jou navorsing!
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Tue Jun 24, 2014 6:34 pm
by SV MAD (Henk)
Michael@zulugrey.com
baie,hulpvaardig. Eks in Centurion, as ons saam kan stuur ens kan ons posgeld spaar.
gtoete
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Thu Jun 26, 2014 4:28 pm
by muismaree
Hi Henk, ek bly naby Odendaalsrus, so saampos gaan nie werk nie. Ek gaan binnekort probeer om my skeermes weg te stuur, sien weer uit na 'n dodelike skep skeer. Gebruik jy 'n aparte strop vir jou paste, of dieselfde een waarop jy gewoonlik strop?
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Thu Jun 26, 2014 11:24 pm
by SV MAD (Henk)
Hi MM
Ek het 'n 3duim wye strop wat seker so 25duim lank is. ek het 2 stukke leer ook gevat en 'n paddle strop gemaak. Een kant het ek chromium oxide (groen paste) gesit en aan die ander kand iron oxide (rooi paste).
Die chromium oxide het 'n 0.005 grit, wat gelykstaande is aan 'n 30 000 grit steen. Die iron oxide is 0.001, wat gelyk staande is 60000 grit. Dis wat ek gebruik vir touch up as ek so paar maande gskeer het. Maar bevel moet nou weer geset word, en ek laat dit liewerste doen deur iemand wat weet hoe om dit te doen.
EK moet ook se, ek kan nie wag om daai lem teen die keel te sit en hy gly so teen sy eie gewig af en jy skeer al wat 'n haar is af nie. Man, dis nou lekker. Ek is nou so lus, ek gaan skeer sommer weer
PS: het jy met Michael gereel?
Re: Straight razor skerpmaak?
Posted: Tue Jul 22, 2014 8:56 pm
by johan1
Ek het so paar van die goete al gemaak maar kom ek julle se, ekt n paar ook al opge !@## omdat daai cutting edge nderhand.2 van mm is. jy moemie bewerig wees as jy daar werk nie dan gooi jy vinning n halwe dag se werk weg asblik toe