Page 1 of 1

Floating of nie, pak of nie?

Posted: Sat Jun 28, 2014 9:09 pm
by Philip J
Hallo almal!
'n Vriend van my het 'n .270 Musgrave wat sy pa s'n was, onlangs op sy naam oorgedra. Ek het ongelukkig nie fotos nie, maar hy glo dis 'n Mod80
Die geweer het 'n RSA aksie en 'n Musgrave loop. Baie mooi diep blueing op die metaalwerk en 'n ander kleur hout invoegsel op die punt van die kolf onder die loop. Die probleem is egter dat die geweer twee skote bymekaar groepeer en dan die derde een heel uit die koers uit. Ons het skuts geruil en verskillende ammunisie probeer, maar die resultaat bly dieselfde. Vanmiddag het ek vir die eerste keer opgemerk dat die loop nie free floating is soos my Musgrave nie. Iemand op die skietbaan het toe die teorie geopper dat die loop uitsit wanneer dit warm word en dan anders teen die kolf druk, en dus die POI verander. Sy voorstel is dat die aksie gepak en die loop gefloat moet word om die probleem uit te skakel.
My vraag is nou, hoekom het party Musgraves floating barrels en party nie. Musgrave se manne het tog seker 'n rede gehad hoekom party gefloat is en party nie. Gaan dit die geweer beter maak om dit nou te laat doen of moet ons na iets anders kyk. Dis vir my hartseer om te dink dat 'n Musgrave wat 30 jaar plus, oud is, verander moet word. Help asb met raad, voordat die man dalk 'n fout maak.

Re: Floating of nie, pak of nie?

Posted: Sat Jun 28, 2014 9:15 pm
by James Wilson
Phillip, as dit n RSA aksie is, kan dit nie n mod 80 wees nie. Mod 80 verwys spesifiek na die mod 80 aksie.

Dit klink ook vir my of daar n raakpunt op daardie loop is. Freefloat is waarskeinlik die antwoord

Re: Floating of nie, pak of nie?

Posted: Sat Jun 28, 2014 9:43 pm
by 243Songdaug
Phillip, op 'n tyd van jare was dit 'n teken van gehalte as die wapen se hout/staal passing goed was - maw hoe beter die passing was hoe beter was die ambagsman.

In die 70s en 80s toe die musgraves gebou is het baie minder mense herlaai as vandag, koeels was 'n luukse item en die mense het nie soos ons vandag 100de skote op 'n skietbaan gesit en uitskiet nie. As 'n man se musgrave gaan inskiet het was hy tevrede om 2 koele naby mekaar min of meer op die regte plek te sien tref. Baie mense het dus nie eers besef dat hul wapens tot meer instaat was nie.

30+ jare het verloop sedert jou vriend se geweer gebou is - 30 jaar waartydens die kolf se hout uitgedroog het en heelmoontlik mineraal olie opgetel het wat in die loop en aksie area ingedring het tydens die skoonmaak en olie proses - die kolf het heelmoontlik al getrek - als goed wat jou 'n passings probleem kan gee.

Tegnologie het sederdien vooruit gegaan en vandag se dae vind jy selfs op die nuwe Sako 85 liederlike groot gapings tussen die staal(loop) en die hout. Die rede hiervoor? Free floating lope skiet meer konstant akkuraat as lope wat raak in die hout.

Laat pak gerus die geweer en float die loop by iemand wat ken.

Re: Floating of nie, pak of nie?

Posted: Sat Jun 28, 2014 9:54 pm
by Philip J
Dankie manne. Ek't geweet ek gaan die regte antwoorde hier kry.
James, dis definitief 'n RSA aksie, so dus nie Mod 80 soos hy glo nie.
:laugh: Ironies is dit nie, my 6mm ( seker maar die Veld model, want daar is niks "fancy" aan hom nie), met sy floating barrel het dus die toets van die tye beter deurstaan as die luukse modelle met hulle "perfect fit".
Groetnis.

Re: Floating of nie, pak of nie?

Posted: Sun Jun 29, 2014 12:50 am
by 243Songdaug
Plesiertjie