Page 1 of 1

Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Sun Jun 29, 2014 7:09 am
by musgrave270
More manne

Ek't die vraag onder Oom Daan se topic ook gevra.

Ek't gister die eerste keer 'n Mod 98 Musgrave gesien wat 'n stempel van n arend en swastika op die aksie het. Ek't probeer oplees en op een forum raakgelees dat die spesifieke Mod98 aksies in die Mauser Fabriek vervaardig is. Dra enige iemand kennis van die aksies? Ek kon nog nie enige datums raaklees nie, inligting lyk maar skaars. Ek't ongelukkig nie 'n foto van die aksie geneem nie, maar die reeksnommer begin met 'n S. Hy het ook die twee springbok horings op en dit lyk of daar 'n T tussen die horings is.

Indien enige iemand my dalk meer inligting kan gee sal ek dit baie waardeer. Die eienaar het die geweer as n geskenk gekry en het nog nooit die swastika wapen op die aksie raakgesien nie. Die geweer is in n puik kondisie. Ongelukkig het hul 'n knaldemper laat opsit en ek't n vermoede hul het die waarde van die geweer nou drasties verminder.

Groete

Ruan

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Sun Jun 29, 2014 7:35 am
by Frederik
Ruan, behalwe vir die knaldemper neem ek aan daar is gate geboor vir teleskoop ringe en dit sal ook die waarde beinvloed.

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Sun Jun 29, 2014 7:59 am
by musgrave270
Frederik

Ek weet nie of die oorspronklike eienaar die gate laat boor het en of dit oorspronklik so uitgekom het nie.

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Sun Jun 29, 2014 8:28 am
by tripodmvr
Al wat Mauser van aard is, is die aksie. Loop en ander is deur Musgrave aangebring. Die geweer is dus 'n Musgrave en dit bepaal sy waarde.

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Sun Jun 29, 2014 4:42 pm
by Frikkie Coetzee
Die arend en swastika is die aan aardings merk van die Duitse leer van die laat 30 jare tot 1945. Al wat dit aandui is dat die geweer oorspronklik deur die Wehrmagt of selfs SS aanvaar is.

Dit is die Waffenampt merk.

Wat is die kode bo waar die voorste teleskoop ring sal wees? Dit sal se wie en wanneer by gemaak is.

Die Springbok horings met n t in is die SABS se proef merk.

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Sun Jun 29, 2014 5:03 pm
by mariusr
Is dit nie net geval waar musgrave mauser aksies gekoop het wat nog beskikbaar was na die tweede wereld oorlog nie? Die mauser fabriek was totaal vernietig in die oorlog. Daar was seker duisende aksie wat dit oorleef het en later te koop aan gebied was?

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Sun Jun 29, 2014 6:10 pm
by Frikkie Coetzee
Marius

Soos ek dit verstaan het hulle n klomp exWW2 aksies gekoop en gewere daarop gebou. My 7x57 is gebou op n VZ24. My vrou sin op n DWM. My ou 300WM op n no name brand.

Al die aksies kom maar op n manier van surplus aksies en of gewere

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Sun Jun 29, 2014 7:18 pm
by musgrave270
Dankie vir almal se inligting sover.

Ek sal die eienaar vra om my fotos van die aksie en al die nommers vir my te stuur.

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Mon Jun 30, 2014 1:10 pm
by Alwin
Al daai K98 aksies, wat Musgrave gebruik het, was al voorheen gebruik. Dit was vir seker nie nuut aangekoop deur Musgrave nie. Die arend-op-swastika stempel is aangebring, wanneer die wapen deur die duitse weermag aanvaar is. Party van hulle het sommer 3 van die merke op. Weet nie of die geweer 3 keer herbou is nie?

Die S voor die reeksnommer, dui aan dat die geweer as 'n Standaard model uit die fabriek is. Die hele reeksnommer het gewoonlik so gelyk: 3006 S98 1234. (Kaliber Model Reeksnr.) Daar was ook 'n Deluxe (D) en Liggewig (L) model. Die Standaard-model het uitgekom met 'n 24" loop, okkerneutkolf sonder ruitwerk, sandaard militêre sneller en veiligheidsknip. Die aksie was wel geboor en getap vir monterings. Oopvisiere was Williams.

Die D en L modelle, het ruitwerk op die kolf gehad, Timney tipe (Klotz?) sneller en Parker Hale tipe 45grade veiligheidsknip. L modelle het 22" loop en die voorlaai het 'n "schnabel" tipe voorkant gehad.

Hoop Oom Daan het meer inliging.

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Mon Jun 30, 2014 2:13 pm
by Koos Barnard
Soos reeds genoem deur ander is die Mauser niks besonders nie, bloot 'n Musgrave-geweer wat op 'n Duitse militere aksie gebou is, daar is geen spesiale waarde hoegenaamd nie.
Mooi loop

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Mon Jun 30, 2014 7:18 pm
by musgrave270
Weereens dankie vir almal se inligting.

Die eienaar het die geweer na n sekere wapenwinkel gevat toe hul 'n teleskoop laat opsit het. Die winkel het die eienaar n aanbod op die geweer gemaak maar die eienaar wil nie die geweer laat gaan nie. Toe ek die swastika wapens sien, toe kon ek nie help om te wonder of dit die rede was vir die aanbod nie

Maar dit bly 'n mooi geweer. Ek sal nog foto's probeer kry en dit kom plaas.

Groete
Ruan

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Tue Jul 01, 2014 7:32 am
by musgrave270
http://i1174.photobucket.com/albums/r610/ruanmostert/20140630_101237_zps48359a47.jpeg
http://i1174.photobucket.com/albums/r610/ruanmostert/20140630_101006_zpsf995884f.jpeg
http://i1174.photobucket.com/albums/r610/ruanmostert/20140630_101917_zps7b61119c.jpeg

Die datum sit ongelukkig onders die scope so hul kon nie 'n foto daarvan neem nie. Die datum is egter 1939.

Re: Musgrave met Swastika wapen op aksie

Posted: Mon Sep 01, 2014 7:49 pm
by Nils
Ek weet ook van 'n 300WM met die Swastika op.