Page 1 of 1
308 RSA
Posted: Sun Jun 29, 2014 9:40 am
by Heinz Petersen
Ek moet vandag vir n man n offer maak vir n 308 geweer. RSA enkel skoot aksie, 27" Musgrave loop,1-14 twist.
Die geweer weet ek skiet baie akkuraat en is in n baie goeie toestand. Ek het so een.
Nou wil ek net by julle hoor hoeveel is daai gewere werd en hoeveel dink julle kan ek hom offer. Ek wil ook nie te veel betaal nie anders kan ek nog n bietjie bysit en dan maar liewers vir my iets anders laat bou.
Ek stel belang in die geweer omdat jy hulle nie om elke hoek en draai uitskop nie.
Re: 308 RSA
Posted: Sun Jun 29, 2014 9:51 am
by tripodmvr
Die geweer as sulks is doelgebou om 155gr koeƫls na veraf teikens te skiet. As jaggeweer is dit onprakties tensy jy voorsit. Vir Bisley skiet kan hy dus deug.
Ek sou dink R5-7K is billik.
Re: 308 RSA
Posted: Mon Jun 30, 2014 4:23 pm
by Sangoma (IAN)
Ek dink R5-R7k is n steel. Die aksie alleen is meer as dit werd.
Re: 308 RSA
Posted: Mon Jun 30, 2014 4:42 pm
by Heinz Petersen
Dankie vir julle advies. Ek het hom gekry vir R7500.00.
Ja Sangoma ek besef dit is n "steel" maar as jy n man n offer maak en hy aanvaar dit is hy ontslae van die geweer en jy het n geluk gekry.
Re: 308 RSA
Posted: Fri May 29, 2015 5:17 am
by Induna
Hi manne,
ek het ook n enkelskoot .308 en ek kan getuig dat hierdie geweer BAIE akkuraat is. Ek gebruik Sierra Matchking 135gr koeels en skiet n baie klein groepering.
Ek het ander gewere ook, maar hierdie is beslis my baan geweer!
jacques
Re: 308 RSA
Posted: Fri May 29, 2015 7:34 am
by Armand Steenkamp
Lekker Heinz!! Was n bargain.
Re: 308 RSA
Posted: Fri May 29, 2015 1:52 pm
by Hein M.
tripodmvr wrote: As jaggeweer is dit onprakties tensy jy voorsit. .
Tensy jy 'n
groot, sterk en baie fikse wapendraer het - soos in die ou dae

Re: 308 RSA
Posted: Fri May 29, 2015 4:36 pm
by Gernie
Sien nou een op FB vir R12 000
Re: 308 RSA
Posted: Fri May 29, 2015 5:03 pm
by cassie_calvinia
dog oom wil 'n 338 lapua koop