Page 1 of 1

Jakkals jag naweek

Posted: Thu Jul 03, 2014 10:21 pm
by NicoSmit
Ek het nou al die winter woolies uitgehaal wat ek het en gaan die naweek weer die jakkalse tackle Ek neem aan ons begin nou die moeilike tyd uitgaan , wat sal die manne aanbeveel watter klanke 'n mens nou moet speel ,met my beperkte kennis sal ek aan neem om maar kos te speel en hier en daar 'n jakkals alleen in te sit .

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Fri Jul 04, 2014 6:07 am
by Roger
Trek lekker warm aan, ek en Visstok het Dinsdagaand amper verkluim :-)

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Fri Jul 04, 2014 6:48 am
by HennieC
Nico die moeilike tyd is nog nie verby nie. Werk maar meer met nuuskierige klanke.

Ek gaan vannaand ook uit, heel alleen, my seuns het gaan kuier op die plaas in Wesselsbron waar hulle stroop. Mis die laaities nogal.

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Fri Jul 04, 2014 8:23 am
by Varmint King
Hi Nico.

Kry vir jou n lekker freezer suit.. dit help baie vir die koue aande.. Ek het baie in die Ermelo Standerton area geskiet en as jy met skemer in die vlei sit vries alles sommer vas..Hier is so paar sukses KOUE winter aande met die freezer aan...

Begin met kos vir omtrend 30min, probeer so 3 min roep en 5 min stilte...as jy Hoeveld gebied skiet probeer Waaierstert eerste)
Jakkies worstel vir so min of twee.
Gee so 5 min stilte en dan jakkals baklei vir so 1 min
jy kan daarna weer weer met stap 1 begin met n swaar stadige klank iets soos steenbok, springbok...

Sterkte ek hoop jy roer hulle.

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Fri Jul 04, 2014 9:54 am
by BLOK
Nico

Ek dink dit is nog effe te vroeg vir moeilike tyd om verby te wees.Soos altyd is staanplek nou seker die belangrikste en sal ek meer neskurige klanke gebruik. My sequence sal wees eerder om n snaakse kos klank te beginne mee, nie te veel roep nie met groot genoeg tussen poses. Klanke wat hier goet behoort te werk is jackrabbit en allegaar, ek sal daarmee aanhou vir ten minste 40minute voor ek n locator klank soos jak alleen, elsneus, vlekkie 1,2,3 dalk sal gebruik. As jy reaksie kry sal ek so 20min stilte gee waarna ek weer kos vir so 15-20 minute sal gebruik. As jy nie antwoord gekry het nie sal ek stilte speel vir so 10minute daarna kos vir so 20min met weer stilte van so 5min. Daarna n groep reaksie. Iets soos mooihuil, tafjak6 en selfs jakblaf behoort hier goed te werk, as jy dan reaksie kry behoort hulle op die selfde plek, verder te wees of nader. As nader hou aan met kos hulle is oppat, as verder, selfde plek of geen reaksie, sal ek dan nader skuif of vir laasgenoemde skuif na nuwe staanplek. Baklei en worstel klanke sal ek effe versigtig mee wees nou en maar as n oorreed middel gebruik eerder as ek weet die jakkals is net buite skiet afstand en jy wil hom net oorreed om daai finale nader stukkie te kom. Worstel kan ook moontlik as jy te vroeg gebruik neutrale jakkals wat in die gebied van n dominante paar sou wees verdryf as jy dit te vroeg sou gebruik.

Ek weet nie, kom ons hoor maar by die ander manne wat darem al meer ondervinding en slimmer jakkalse as ek mee sukses kry.

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Fri Jul 04, 2014 1:04 pm
by Cobus(Cobb)
Moeilike tyd = standaard roepmetodes...soos op kursese en forum bespreek.
As jy twyfel, speel haas

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Fri Jul 04, 2014 1:26 pm
by NicoSmit
Dankie vir die raad sal maar die freezer suit saamvat

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Sat Jul 05, 2014 7:59 am
by johans
hierdie 'moeilike tyd' is die meeste jakke geskiet waarvan ek nog gehoor het

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Sun Jul 06, 2014 7:26 pm
by NicoSmit
Jakkalse 6 Nico 0 Was nie my aand nie ek het net te veel tegniese probleme gehad en op die einde gesit met 'n stukkende roeper en 'n moer meter ver in die rooi Daar het 6 jakkalse in gekom maar wou nou net nie naby genoeg kom om lood te proe nie het kos gespeel en jak alleen en verskriklike reaksie gekry van al vier die wind rigtings Ek sal maar eers die nodige reperasies doen en dan weer oor 2 weke as dit nie volmaan is gaan probeer

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Sun Jul 06, 2014 7:58 pm
by pam
Stem saam met freezer suit en dink blok slaan daai spyker mooi oppi kop. Speel maar die stilte klank lank dis nou waar geduld die teelpare dood en ongeduld hulle slim maak het n slim jakman my vertel.

lekke skiet man

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Wed Jul 09, 2014 8:53 am
by NicoSmit
net een vragie loop Rooikatte in die dag rond wat is die kans om een raak te ry in die dag?

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Wed Jul 09, 2014 12:09 pm
by pieter h
Nico ek het al 2 jonges hier by 15h00 in middag by waterstroom gekry.Jou kans is seker beter om hul in nag te kry as jy ry.Groete

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Wed Jul 09, 2014 2:56 pm
by jamalley
Ek gaan vir die eerste keer die naweek ook die "freezer suit" en "thermal" onderklere probeer, maar by ons is dit nou -9 en ek kry nie maklik koud nie, maar deesdae wil my tone afval so teen 12h00, so ek berei myself nou eers "mentally" voor vir die naweek se jakkies en gaan beslis vir my kyk vir daai skaapwol slippers of gumboots met die wol binne.

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Wed Jul 09, 2014 3:02 pm
by NicoSmit
Ek het net die baadjie aangehad en dit het 'n moerse verskil gemaak al klaar maar dit was nie so koud soos nou nie

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Wed Jul 09, 2014 6:08 pm
by Kaptein
Die naweek gaan 3k nerens nie, dit was die laaste 2 oggende -14grade

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Mon Jul 14, 2014 2:14 pm
by NicoSmit
Ek beplan om weer komende naweek uit te gaan maar dit lyk of hier weer 'n koue front op pad is hoop net nie die jakkalse wil in lĂȘ Saterdag aand nie

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Mon Jul 14, 2014 2:33 pm
by Kaptein
Ek gaan ook die naweek kyk, sal maar net dik aantrek

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Mon Jul 14, 2014 3:11 pm
by jamalley
Ek was die naweek uit "gestewel en gespoor", met freezer suit en mus, nie koud gekry nie, maar ook geen jakkies nie, die wind het uit die suid-ooste en toe later ooste gewaai, nou se die ou manne dan kom die jakkies nie in nie, wat is julle ondervinding?

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Mon Jul 14, 2014 3:18 pm
by pieter h
Kat het gisteraand by my gevang.Gaan hom vanaand inwag.Was vorige keer gelukkig hoop dis vanaand weer die geval.groete

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Mon Jul 14, 2014 6:15 pm
by johans
jamalley wrote:Ek was die naweek uit "gestewel en gespoor", met freezer suit en mus, nie koud gekry nie, maar ook geen jakkies nie, die wind het uit die suid-ooste en toe later ooste gewaai, nou se die ou manne dan kom die jakkies nie in nie, wat is julle ondervinding?
ekt laasweek uitgegaan toe it die koudste aand die winter by ons was,-12 met n suidewindjie.veld was morsdood,nie eers n haas gesien nie.teen 21;00 was dit -7 en ekt myself belowe nooit weer nie

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Mon Jul 14, 2014 6:34 pm
by Cobus(Cobb)
johans wrote:
ekt laasweek uitgegaan toe it die koudste aand die winter by ons was,-12 met n suidewindjie.veld was morsdood,nie eers n haas gesien nie.teen 21;00 was dit -7 en ekt myself belowe nooit weer nie[/quote]

...tot volgende keer!!

Re: Jakkals jag naweek

Posted: Mon Jul 14, 2014 8:35 pm
by NicoSmit
nou is die roeper so dood soos 'n