Page 1 of 8

.500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnut

Posted: Mon Jul 07, 2014 7:42 pm
by Ralph Badenhorst
Goeie naand manne

Deel met julle n .500 N.E waarmee ons besig is. Geweer se kolf is gekerf uit Turkish walnut. Die geweer sal die einde van die week kla wees. Ek't nog nie die geweer geskiet/regulate nie maar ekt met ons formule uitgewerk dat die geweer behoort 2 skoote te sny op 50m met 570gr lood - daarom die loop ribbe en als al klaar aanmekaar.

Paar fotos om vanaand oor te droom of drool.

Groete

Ralph jr,

@Dries101 - as jy die draad lees - hiers n paar fotos van die geweer in die rof, kon nie laas vir jou neem nie.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0060_zps250057c2.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0057_zpsc85d47b9.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0055_zps3dc5e8fc.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0052_zpse2849959.jpg[/image]

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Mon Jul 07, 2014 7:43 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Mon Jul 07, 2014 7:44 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Mon Jul 07, 2014 7:45 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Mon Jul 07, 2014 8:38 pm
by Riebeeker
So iets moet onwettig wees, so mooi is dit.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Tue Jul 08, 2014 4:53 pm
by Ralph Badenhorst
Dankie Riebeeker

Gaan gou die recoil pad opsit en checkering vanaand doen - 24 lyne per duim. Jammer vir die slegte selfoon foto

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/731bafd9-f291-4e90-a5e6-2372f141038f_zpsa7d09740.jpg[/image]

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Tue Jul 08, 2014 5:02 pm
by Varmint King
Hi Ralph...Dit is n ongelooflike mooi geweer...

Deel bietjie met ond daai .700 Nitro wat Vivian gekoop het !

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Tue Jul 08, 2014 6:52 pm
by Ralph Badenhorst
Varmint King wrote:Hi Ralph...Dit is n ongelooflike mooi geweer...

Deel bietjie met ond daai .700 Nitro wat Vivian gekoop het !
Goeie naand. Die 700 Nitro is tans besig om gegraveer te word en ek sal eers einde September die wapen terug ontvang

Groete

R jr.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Tue Jul 08, 2014 6:58 pm
by Alwyn
Mnr!! Weereens!!!

Dis beeld skoon!!!!

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Jul 09, 2014 9:41 am
by Doomslayer
Dis "dodelike" kuns daardie!

Colour me jealous...

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Jul 09, 2014 7:46 pm
by Ralph Badenhorst
Naand manne! Dankie vir die terugvoer. Ongelukkig sal ek eers more fotos post - Moes gou vanoggend 4h wegspring Clarens toe om iets te gaan haal vir my ma.

Ermelo was omtrent weer leefbaar gewees vanoggend toe ek my Land Cruiser aangesluit het.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/10428675_10204778677445865_4781993489578342134_n_zps9163a2af.jpg[/image]

Lekker aand verder.

Ralph jr.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Thu Jul 10, 2014 7:21 am
by Varmint King
So bly ek bly ni meer daar nie... Vandasg is Ellisras BAIE koud en dit is 3 grade... LOL, dit klink vir my biki beter as daai -8...

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Thu Jul 10, 2014 11:30 am
by Ralph Badenhorst
Dagse manne

Paar fotos van die .500 NE

Gou vanoggend die hoeke op geknap na al die skuur en voorbereiding. nou om die olie te begin opsit

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0106_zps50f1f742.jpg[/image]

24 Lyne per duim checkering

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0107_zps7931c714.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0110_zps2f4d1098.jpg[/image]

Sal gou later paar fotos neem van die voorkolf

Groete

Ralph jr.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Thu Jul 10, 2014 12:43 pm
by tau
Dankie vir die deel. Pragstuk.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Jul 11, 2014 10:10 am
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Jul 11, 2014 10:12 am
by Varmint King
Eina my ente... Dit is baie mooi Ralph...

Kan nie wag om die eind produk te sien nie!!

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Jul 11, 2014 10:17 am
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Jul 11, 2014 4:24 pm
by Ralph Badenhorst
Begin volgende week met nog 2 dubbels waarvan een Stainless Steel gaan wees. Albei is .500 Nitro Express. Soos al ons aksies word hulle almal uit soliede blokke staal gesny met CNC toeristing. Ekt so paar fotos aangeheg om te wys hoe akuraat hierdie masjiene dieselfde part kan herhaal.

Volgende word die aksies in n CNC mill gesit en die sidelocks word ingemasjien. Soms is daar party prosese wat met die hand vinniger ingemasjien word - nadat die aksie uit die CNC EDM masjien gehaal word is daar oortollige staal op die aksie. Die tyd wat dit neem om die CNC program te ontwerp om die oortollige materiaal weg te masjien is nie tyds-effektief nie - dit neem my 5min om die oortollige materiaal weg te sny waar die cnc mill 8min vat. Dit klink wel nie baie nie maar as mens 22 dubbels moet sny tel al daai 3min op en mens kon al klaar ander werk in daai tyd aan die aksies spandeer het.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/aksie_zps85a250f3.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0182_zpsc234ec48.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0178_zps06d1f760.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0179_zps70ec5861.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Dana%20500/dana%20500%202/IMG_0185_zpsab45b3f6.jpg[/image]

Groete

Ralph

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Jul 11, 2014 5:05 pm
by Pvdw
Dankie vir jou posts. Altyd lekker om die stappe so te volg.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Jul 11, 2014 5:53 pm
by Ralph Badenhorst
Groot plesier Pvdw

Geniet die naweek

Groete

Ralph jr.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Sat Jul 12, 2014 9:58 pm
by Ralph Badenhorst
Goeie Naand Manne

Deel sommer met julle die volgende .500 Nitro Express wat ons vandag begin bou het. Vandag die Sidelocks met die CNC Mill in gefrees. EK gebruik in die fotos n 5mm Solid Carbide 2-flute Plunge Cutter wat op elke snit 1mm se materiaal weg neem met 1.5mm se tool step over teen 32 000 RPM - totale tyd om die inlet te sny = 3min en die afwerking van die inlet is ongelooflik glad en perfekte kurves. Ek programeer my ontwerp toleransies om 0.05mm kleiner te sny as die oorspronklike Sidelock afmeetings -dit laat jou toe om die Sidelock met die hand inte pas en n perfekte afwerking te kry.

Ek center gou die CNC masjien op die my werkstuk
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Pieter%20Zim/IMG_0186_zpse46b00ba.jpg[/image]

2-Flute Solid Carbide
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Pieter%20Zim/IMG_0187_zpsda7ab05e.jpg[/image]

32 000RPM
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Pieter%20Zim/IMG_0188_zpsaa52c2a0.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/Pieter%20Zim/IMG_0190_zps244b6faf.jpg[/image]

Groete

Ralph jr.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Sat Jul 12, 2014 10:01 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Sat Jul 12, 2014 10:09 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Sat Jul 12, 2014 10:58 pm
by Chevvy SS
Onbesproke vakmanskap!

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Sun Jul 13, 2014 10:07 pm
by JPS
Bliksement dit is regtig verskriklik mooi.

Soos al vele kere vroeer gese is julle mag maar prag gewere bou.

Groete