Page 1 of 4
Geelstert
Posted: Mon Jul 14, 2014 5:24 pm
by tau
Ons vang nou al van Mei maand af Geelstert en Snoek, maar nooit baie Geelstert die dae wat ek uitgaan nie. Ons is of 'n dag te vroeg of te laat voel dit my. Ek het al begin dink ek kan nie meer visvang nie. Oortuig dat ek my touch verloor het. Snoek kan ek vang dat dit bewe die laaste tyd, maar geelstert het my pak gegee. Ek het 'n nuwe stok en my spaar katrol so ek het nog erg begin twyfel in my toerusting ook. Saterdag oggend het weer so begin en toe met die hulp van 'n vriend kry ons drie bote 'n kol vis wat my hart laat klop. En met die drie bote wat mooi saam bekruip, kon ons lekekr die vis vang sonder om van hulle af te dryf. Op eenslag was al 7 manne tussen die drie bote vas op spinners. Dit is asemrowend om so met 'n ligte stokkie te baklei teen een van die monsters.
Ons het maklik ons kwota vol gemaak en toe nog vis met ander gedeel wat bietjie gesukkel het.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/geelstert1_zpsd76848f7.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/geelstert3_zps1320d687.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/geelstert2_zps7b9e1f39.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/geeeeelstert4_zps510fda4b.jpg
Re: Geelstert
Posted: Mon Jul 14, 2014 6:49 pm
by Piet Pille
Lekker John!!
Ma man man, eendag tick ek ook daai van bucket list af!!
Re: Geelstert
Posted: Mon Jul 14, 2014 7:44 pm
by JohannC
Dit maak 'n man mos lelik jaloers
Re: Geelstert
Posted: Mon Jul 14, 2014 8:19 pm
by Marc
Jis Tau dan is dit nog sulke mooi blinkvet silwer lywe ook nog, ek is lekker jaloers man

Re: Geelstert
Posted: Mon Jul 14, 2014 11:24 pm
by Kalahari
Ja nee meneer, baie mooi vis. Geluk met die mooi vangs, mag daar nog vele wees.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 12:10 am
by stan man
eendag as ek groot is!!!
sal ek die geleentheid kry om so n mooi geelstert te kan vang.
baie geluk.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 5:59 am
by Boskamper
Ek kry sommer so adrenalien hoendervleis, daai manne sit lekker fight op, mis dit baaaaaaie.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 6:17 am
by Pvdw
Mooi vis wat daai footlong daar vashou. Ek was nog nooit op see uit nie. Gelukkig het ek Tau se selnommet vir dir keer wat ek Kaap toe gaan..
Bly dat julle manne so mooi reggekom het.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 7:55 am
by tau
Manne dit is 'n tipe lekker. As julle ooit die kans kry gryp dit. Daai vis wat my seuntjie vashou is so 8.5kg.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 8:16 am
by mariusr
Pvdw wrote:Mooi vis wat daai footlong daar vashou. Ek was nog nooit op see uit nie. Gelukkig het ek Tau se selnommet vir dir keer wat ek Kaap toe gaan..
Bly dat julle manne so mooi reggekom het.
O hel dan gaan jy lekker see siek word? Was al twee keer uit elke keer siek geword! Laaste keer kon ek darem paar rooies uit trek voordat die "kots" my vang!Nou hoor ek jy moet so telepel woscthersous drink voor jy uit gaan? Pille het nie vir my gewerk nie! Dis darem mooi vis daai baie mooi vangs!
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 8:19 am
by Smirre
More
Wou die naweek hier in Bloem vars geelstert koop
Slegs R49.99/100g
R500 per KG
SMirre
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 8:53 am
by Chevvy SS
Ek is MO@R bang vir diep water! Het amper 40 jr gelede een nag saam met 'n trolskuit uitgegaan, mislik ondanks pille, en was daarna nog nooit weer op die water nie. Tog vrek ek oor hengel van die kant af en is daar min goed wat so lekker is soos wanneer iets daar voor vat.
As ek nader aan Tulbagh was het ek kom koop Tau!
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 9:16 am
by henning
Ek het op die eiland Tristan DaCunha gewerk en kan julle glo, daar is die giant yellowtail so n pes want hulle vat jou lyn voor jy enige iets ander gevang kry en jou gereedskap moet reg wees want hulle is baie groot en breek lyne. Die beste is dat daar vang jy die goed sommer in die vlak water van die kant af, jy het nie n boot nodig nie.
Groete
Henning
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 10:16 am
by Lourens Potgieter
Hoe werk so Geelstert op 'n braai?Water my mond nou.....
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 11:34 am
by boogman
Baie mooi Tau.
Ken daai gevoel van vertroue in jouself, gerei en alles te verloor. Groot Geelstert is vir my soos groot Koedoe bul vir ander. Al baie ure op die water spandeer en kon nog nie hak nie.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 12:16 pm
by tau
Smirre wrote:More
Wou die naweek hier in Bloem vars geelstert koop
Slegs R49.99/100g
R500 per KG
SMirre
boot - R500 000
VISTOK EN KATROL - R3500
PETROL /LAUCH FEES - R700
CATCHING YELLOWTAIL - PRICELESS
as ek moet uitwerk wat ons vis per kg kos sal ek mal raak. Onthou ons mag net 10 vis per man vang en nie elke trip lyk so nie.Soms vang ons net waterskuiwe. Visvang is iets wat jy liefs nie moet begin doen nie anders raak jy verslaaf en maak simpel planne om op die water te kom as die weer toelaat. Dit is wat dit anders as jag maak. Die weer is jou eerste faktor, dan vis opspaar en laaste die vang.
Deeg wrote:Hoe werk so Geelstert op 'n braai?Water my mond nou.....
Jy bak hom vir 20m teen 180grade in die oond of jy braai hom of jy kan die groot visse fillet en in die pan braai. Vrek lekker vis en hy hou goed as jy hom heel vries sonder om te vlek.
EK persoonlik geniet die 3kg visse wat jy dan op tinfoil braai nadat jy hom op sy rugkant gevlek het soos 'n Snoek. Growwe peper, sout en suurlemoen en jy braai hom.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 3:42 pm
by Reggie Gerber
Tau
Te lekker daai man
Ook nog nooit een gevang nie.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 4:01 pm
by Arnold
So kleintjie op die kole ...
https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Familie%20fotos/IMG-20140101-WA0000.jpg
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 6:41 pm
by henning
Ek wil met julle my resep deel vir geelstert braai (of snoek).
Gooi toe in growwe sout en los vir 15 minute (niks langer), spoel goed af in vars water en hang om wind droog te raak of droog vleis kant met papier hand doek.
Vleis kant moet nie nat wees nie anders stoom die vleis in plaas van braai en dit sal ook langer vat om die vleis te seel met ander woorde die gevaar bestaan dat jy die vis te droog braai net omdat jy dit bruin wil he. Droe vis is nie lekker nie.
Sous soos volg: Kwart blok botter (nie margerien), groot eetlepel skep fyn appelkoos konfyt, twee teelepel suurlemoen sap, twee teelepel fyn stukkies knoffel.
Verhit alles saam in pot tot dit saam gesmelt is en die sous is reg vir gebruik.
Daar is so baie maniere van vis braai maar myne werk beste vir my, dit gaan sommer gou, dus minder kans om die vis uit te droog.
Vis in toeklap rooster sit ek met die vleis kant eerste (na onder)omtrent plat op n bed baie warm koolle.
Die vleis braai dan sommer gou bruin en seel die vleis om vog te behou.
As vleis kant bruin is draai ek dit om en lig redelik hoog weg van die koolle en braai die vel kant stadig. Sodra jy gedraai het moet jy die sous oor die hele gebraaide kant smeer en die vis word nie weer gedraai nie dus die sous poel op die bruin kant.
Die laaste braai aan die vel kant vat nie lank nie (n groot vis kan binne 10 tot 15 min klaar gebraai wees).
Maak die vleis oop met mes en vurk op die dikste gedeelte van die vleis en kyk dat die vleis net begin wit raak dan is dit gaar.
Vis braai is nie maklik nie en alhoewel ek dit al baie jaare doen maak ek so af en toe n foutjie om dit te droog te braai, dit gebeur gewoonlik as ek te veel nonsense praat en nie konsentreer nie omdat die verskil tussen rou en droog braai is baie gou.
Hoop van julle sal dit so geniet soos ek.
Groete
Henning
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 7:51 pm
by JPS
Mooi gedoen Tau.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 10:00 pm
by Piet Breedt
Ek haak sommer my boot en kom kuier so bietjie by jou vir n winter breekslag dat jy my dit kan leer. Hier by ons kom hulle mos nie eintlik voor nie. Ek het darm al een Geelstert van sowat 8kg gevang op die Transkei se willekus by Brazen Head van die rotse af.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jul 15, 2014 11:43 pm
by slagdop
Piet Breedt wrote:Ek haak sommer my boot en kom kuier so bietjie by jou vir n winter breekslag dat jy my dit kan leer. Hier by ons kom hulle mos nie eintlik voor nie. Ek het darm al een Geelstert van sowat 8kg gevang op die Transkei se willekus by Brazen Head van die rotse af.
Ek volunteer om te crew. Skreeu net
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 8:00 am
by tau
henning wrote:Ek wil met julle my resep deel vir geelstert braai (of snoek).
Gooi toe in growwe sout en los vir 15 minute (niks langer), spoel goed af in vars water en hang om wind droog te raak of droog vleis kant met papier hand doek.
Vleis kant moet nie nat wees nie anders stoom die vleis in plaas van braai en dit sal ook langer vat om die vleis te seel met ander woorde die gevaar bestaan dat jy die vis te droog braai net omdat jy dit bruin wil he. Droe vis is nie lekker nie.
Sous soos volg: Kwart blok botter (nie margerien), groot eetlepel skep fyn appelkoos konfyt, twee teelepel suurlemoen sap, twee teelepel fyn stukkies knoffel.
Verhit alles saam in pot tot dit saam gesmelt is en die sous is reg vir gebruik.
Daar is so baie maniere van vis braai maar myne werk beste vir my, dit gaan sommer gou, dus minder kans om die vis uit te droog.
Vis in toeklap rooster sit ek met die vleis kant eerste (na onder)omtrent plat op n bed baie warm koolle.
Die vleis braai dan sommer gou bruin en seel die vleis om vog te behou.
As vleis kant bruin is draai ek dit om en lig redelik hoog weg van die koolle en braai die vel kant stadig. Sodra jy gedraai het moet jy die sous oor die hele gebraaide kant smeer en die vis word nie weer gedraai nie dus die sous poel op die bruin kant.
Die laaste braai aan die vel kant vat nie lank nie (n groot vis kan binne 10 tot 15 min klaar gebraai wees).
Maak die vleis oop met mes en vurk op die dikste gedeelte van die vleis en kyk dat die vleis net begin wit raak dan is dit gaar.
Vis braai is nie maklik nie en alhoewel ek dit al baie jaare doen maak ek so af en toe n foutjie om dit te droog te braai, dit gebeur gewoonlik as ek te veel nonsense praat en nie konsentreer nie omdat die verskil tussen rou en droog braai is baie gou.
Hoop van julle sal dit so geniet soos ek.
Groete
Henning
Henning jy klink na 'n nice ou. Hoekom wil jy 'n vars vis na appelkose laat smaak? Dit grief my. Skiet jy Gemsbok dan smeer jy hom Chicken spice laat dit soos KEntucky proe?????

Ek verstaan 'n gevriesde snoek wat al 2 maande in die freezer is of ou Geelstert, maar vars vis is dit mos sonde.
Die res van jou braai plan is reg. Die maklikste om te sien of snoek of geelstert gaar is is as die vleis in skywe afbreek van die vel. Dit ook gewoonlik wanneer jy uitvind jy het 'n papsnoek gekry

Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 8:03 am
by tau
Piet Breedt wrote:Ek haak sommer my boot en kom kuier so bietjie by jou vir n winter breekslag dat jy my dit kan leer. Hier by ons kom hulle mos nie eintlik voor nie. Ek het darm al een Geelstert van sowat 8kg gevang op die Transkei se willekus by Brazen Head van die rotse af.
Daar is nog tyd. Begin Oktober is soms die einde en die beste deel van die seisoen. Ons is bederf om al so vroeg vis by Dassen eiland te kry.
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 8:10 am
by henried
My tyd in Langebaan was ek gelukkig om 'n 10kg een teen die elf-lyn te kry terwyl ek gedrydf het met die uit gaande gety.
Ons het hulle ook in groot skole by die Noord Blinder gekry...
